Oorsig Die eerste Sondag ná Epifanie word as die Sondag van die Doop van Jesus gevier. Op hierdie Sondag word die verhaal van Jesus se doop deur Johannes.

Slides:



Advertisements
Παρόμοιες παρουσιάσεις
Scyles als vereerder van Dionysus (Hdt 4.79). 1 Ἐ πείτε δ ὲ ἔ δεέ ο ἱ κακ ῶ ς γενέσθαι, ἐ γένετο ἀ π ὸ προφάσιος τοι ῆ σδε. ἐ πεθύμησε Διονύσ ῳ Βακχεί.
Advertisements

De Skythen, Hdt De Scythen Volk in Centraal Azië Leefden van akkerbouw en veeteelt Gebruikten paarden voor de strijd Scythische ruiters met.
ΓΙΩΡΓΟΣ ΝΤΑ. ΑΡΓΥΡΩ Π.. ΘΕΜΑΤΑ • Το βιογραφικό του • Η ζωή του • Η δίωξη του • Το πολιτικό του έργο • Ο λόγος του Ζούμα • Σκέψεις για τον θάνατο του.
MEDEA Vers
Regel 1-2  τα μεν ο ὐ ν ἐ ργα παραδοξως ἠ νυετο δια την πολυχειριαν και την ἁ παντων προθυμιαν.   Het werk vorderde tegen de verwachting in door de.
De list van Themistokles
Liever een Griek (Hdt 4.78). βασιλεύων δ ὲ Σκυθέων ὁ Σκύλης διαίτ ῃ ο ὐ δαμ ῶ ς ἠ ρέσκετο Σκυθικ ῇ, ἀ λλ ὰ πολλ ὸ ν πρ ὸ ς τ ὰ Ἑ λληνικ ὰ μ ᾶ λλον τετραμμένος.
Gewoonten van de Egyptenaren, Hdt ἔ ρχομαι δ ὲ περ ὶ Α ἰ γύπτου μηκυνέων τ ὸ ν λόγον, ὅ τι πλε ῖ στα θωμάσια ἔ χει [ ἢ ἡ ἄ λλη π ᾶ σα χώρη.
De val van Scyles (Hdt 4.80). 1 Ὡ ς δ ὲ μετ ὰ τα ῦ τα ἐ ξήλαυνε ὁ Σκύλης ἐ ς ἤ θεα τ ὰ ἑ ωυτο ῦ, ο ἱ Σκύθαι προστησάμενοι τ ὸ ν ἀ δελφε ὸ ν α ὐ το ῦ Ὀ.
Γειά σας. Say: take a pencil. Πάρε ένα μολύβι. Nick, give me my book.
“ Ἡ ἀ γάπη ἀ νυπόκριτος. ἀ ποστυγο ῦ ντες τ ὸ πονηρόν, κολλώμενοι τ ῷ ἀ γαθ ῷ, τ ῇ φιλαδελφί ᾳ ε ἰ ς ἀ λλήλους φιλόστοργοι, τ ῇ τιμ ῇ ἀ λλήλους προηγούμενοι.
Homeros: stijlfiguren We onderscheiden 2 soorten stijlfiguren: a) naar vorm: positie in de zin b) naar inhoud: inhoud van woorden of verbanden tussen woorden.
Week 11 Quiz Sentence #2. The sentence. λαλο ῦ μεν ε ἰ δότες ὅ τι ὁ ἐ γείρας τ ὸ ν κύριον Ἰ ησο ῦ ν κα ὶ ἡ μ ᾶ ς σ ὺ ν Ἰ ησο ῦ ἐ γερε ῖ κα ὶ παραστήσει.
(53:6-8). ▪ “All we like sheep have gone astray; We have turned, every one, to his own way; And the LORD has laid on Him the iniquity of us all” (Is.
The Quran on the Gospel Surah 5:68: Say: “O People of the Book! ye have no ground to stand upon unless ye stand fast by the Law, the Gospel, and all the.
19 Therefore, brothers and sisters, since we have confidence to enter the Most Holy Place by the blood of Jesus, 20 by a new and living way opened for.
Φάκελος υλικού του (υποψήφιου) εκπαιδευτικού & επαγγελματική ανάπτυξη
Μαθαίνω τους χρόνους των ρημάτων με τη Ριρή
Φωτογραφία από λίμνη – αλυκή (NaCl)
JSIS E 111: Elementary Modern Greek
De Karakterisering van Electra
Class X: Athematic verbs II
Αγριάνη Νομού Έβρου Χουσεΐν Χατζή Χαλήλ ΕΚΠΑΙΔΕΥΤΙΚΗ ΟΜΑΔΑ:
Αγάθη Σταθοπούλου Δρ. Ειδικής Αγωγής EKΠA
Griekse werkwoorden: schema
Συμβουλές για καλύτερες παρουσιάσεις στο Powerpoint..
ΠΡΟΓΡΑΜΜΑ ΜΕΤΑΠΤΥΧΙΑΚΩΝ ΣΠΟΥΔΩΝ «ΦΙΛΟΣΟΦΙΑ»
ΟΡΓΑΝΩΣΗ ΚΑΙ ΛΕΙΤΟΥΡΓΙΑ ΤΑΞΙΔΙΩΤΙΚΗΣ ΒΙΟΜΗΧΑΝΙΑΣ Ι
Διατροφή-Διαιτολογία
ΤΟ ΒΑΣΙΛΕΙΟ ΤΗΣ ΚΙΝΑΣ.
Χριστολογικές Μαρτυρίες της Παλαιάς Διαθήκης
Υπεύθυνοι Εργαστηριακού Μαθήματος:
Het Imperfectum { presentatie grammatica }.
נושא 2: מעגלי זרם ישר.
Oorsig Die eerste Sondag ná Epifanie word as die Sondag van die Doop van Jesus gevier. Op hierdie Sondag word die verhaal van Jesus se doop deur Johannes.
Handelinge 2:1-21 Handelinge 2:1-21
EXPANDO Verwag en verkondig die wederkoms só om te kan groei
In publieke gesprek oor geloof Atene – In publieke gesprek oor geloof.
Markus 9:30-37 PowerPoint agtergrond
Hoofstuk 17 - Golwe II In hierdie hoofstuk bestudeer ons klankgolwe en ons gaan op die volgende onderwerpe konsentreer: Spoed van klankgolwe Interferensie.
Exercise 8 Parsing Word Case Num Gen Lex Fm Lex M 1. ἡμέρᾳ Dat Sing
Lukas 23:33-43 Inleiding Die laaste Sondag van Koninkrykstyd is ook die einde van die kerklike jaar en staan bekend as Sondag van Christus die Koning.
Lukas 23:33-43 INLEIDING Die laaste Sondag van Koninkrykstyd is ook die einde van die kerklike jaar en staan bekend as Sondag van Christus die Koning.
Sintaksis Posisie van die werkwoord Woordsoorte
ΕΝΕΡΓΕΙΑ 7s_______ 7p_________ 7d____________ 7f_______________
Johannes 19:17-42.
Hersiening – Meting van Area
HERMENEUTIEK EN EKSEGESE EN HERMENEUTIEK EN GEMEENTE en gesprek en...
BEREKENING VAN HITTE EENHEDE
Hoofstuk 9 Massamiddelpunt en Liniêre Momentum
...onberekenbare antwoorde...
Johannes 15:1-8 PowerPoint agtergrond Wingerd, beskikbaar by
ENERGIE & VERANDERING HERSIENING.
Herhaling van strofe 1 Sluit aan by strofe 1
HEILIGHEID.
Gen 1:3 En JHWH het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
Openbaring 22:2-21 Oorsig Die Sondag staan bekend as Exuadi wat beteken “luister” na aanleiding van Psalm 27:7 en 9 “Luister tog na my, Here, as ek roep.
Personal Pronouns.
Efesiërs 4 Ek druk julle dit op die hart, ek wat 'n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping.
Phrases and Clauses.
Modifiers.
❶ HULPBOEK 1.
Johannes 16:12-15 Oorsig Drie-eenheidsondag is die eerste Sondag van Koninkrykstyd en ook 'n feesdiens. Dit is 'n goeie geleentheid om te fokus op hoe.
Openbaring 22:2-21 Oorsig Die Sondag staan bekend as Exuadi wat beteken “luister” na aanleiding van Psalm 27:7 en 9 “Luister tog na my, Here, as ek roep.
Class X: Athematic verbs II © Dr. Esa Autero
‘N PROFETIESE BOODSKAP
Ο Γαλιλαίος και οι παρατηρήσεις του
Voice.
GENESIS Dig Site 5 Red Level Questions.
LEGENDA = dit symbool geeft aan dat er bij de betreffende regel(s) of vers/verzen een inhoudelijke of grammaticale vraag in het boek gesteld is. = dit.
Μεταγράφημα παρουσίασης:

Oorsig Die eerste Sondag ná Epifanie word as die Sondag van die Doop van Jesus gevier. Op hierdie Sondag word die verhaal van Jesus se doop deur Johannes die Doper gelees (vanjaar uit Mark 1:3-11), met besondere verwysing na die Heilige Gees wat by dié geleentheid op Jesus neergedaal het en die stem uit die hemel wat Hom aangewys het as God se geliefde Seun. Die doop van Jesus word ook in verband gebring met ons eie doop en bevestig aan ons dat ons ook geliefde kinders van God is. Om uitdrukking hieraan te gee word daar ’n doopherinnering in die liturgiese voorstel hieronder ingesluit. In baie kerke word Epifaniefees altyd op 6 Januarie gevier, of dit nou op ’n Sondag val of nie, terwyl dit in baie gevalle op die Sondag naaste aan 6 Januarie gevier word. Ons maak vanjaar voorsiening vir twee feesliturgieë: een vir Epifaniefees (of dit nou op 6 of 7 Jan gevier word) en een vir die viering van die Doop van Jesus (wat as alternatief op 7 Jan gevier kan word). Die kleure vir hierdie fees is dieselfde as vir al die ander Sondae ná Epifanie, naamlik om uitdrukking te gee aan die nuwe lewe en die groei wat met die koninkryk van God vereenselwig word. Ander tekste Genesis 1:1-5 1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. 3Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. 4God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. 5God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag.   Psalm 29 Die stem van die Here is magtig 29 ’n Psalm van Dawid. Prys die Here, julle hemelinge! Prys die Here om sy eer en mag! 2Prys die Here om die eer van sy Naam! Buig voor die Here by sy heilige verskyning! 3Die stem van die Here weerklink oor die waters. Dit is die magtige God wat die weer laat dreun; die Here self is op die groot waters! 4Die stem van die Here is magtig, die stem van die Here is vol majesteit. 5Die stem van die Here kloof die seders van die Libanon oop. 6Hy laat die Libanon bokspring soos ’n kalf en die Sirjon soos ’n jong bees. 7Die stem van die Here laat weerlig uitslaan. 8Die stem van die Here laat die woestyn bewe. Die Here laat die Kadeswoestyn bewe. 9Die stem van die Here laat die wildsbokke ruk van skrik; dit stroop die bosse kaal. In sy paleis roep almal uit: “Hoe geweldig!” 10Die Here heers oor die watermassas, Hy heers vir altyd as koning. 11Die Here gee krag aan sy volk; die Here seën sy volk met oorvloed. Handelinge 19:1-7 Paulus in Efese 19 Terwyl Apollos in Korinte was, het Paulus deur die binneland gereis en in Efese gekom. Daar het hy ’n groepie gelowiges gekry 2vir wie hy gevra het: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?” “Ons het nog nie eens gehoor of die Heilige Gees al gekom het nie,” het hulle geantwoord. 3“Watter soort doop het julle dan ontvang?” vra hy toe. “Die doop van Johannes,” antwoord hulle. 4Daarop sê Paulus: “Johannes het die mense gedoop as hulle hulle bekeer het. Maar hy het vir die volk gesê dat hulle in die Een moet glo wat ná hom kom, dit is in Jesus.” 5Toe hulle dit hoor, het hulle hulle in die Naam van die Here Jesus laat doop. 6Paulus het hulle ook die hande opgelê. Toe het die Heilige Gees op hulle gekom, en hulle het ongewone tale of klanke gebruik, en hulle het geprofeteer. 7Hulle was altesaam omtrent twaalf. 8Paulus het drie maande lank met vrymoedigheid in die sinagoge geredeneer oor die koninkryk van God en die mense daarvan probeer oortuig. 9Maar party was koppig en wou hulle nie laat oortuig nie. Hulle het ook in die openbaar die leer van die Here belaglik probeer maak. Toe het Paulus hulle verlaat en die gelowiges afsonderlik geneem en daagliks in die saal van Tirannus besprekings gehou. 10Dit het twee jaar lank so aangehou, sodat al die inwoners van die provinsie Asië, Jode sowel as Grieke, die woord van die Here gehoor het. Fokusteks: Markus 1:4-11 Die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, begin só: Die optrede van Johannes die Doper (Matt 3:1–12; Luk 3:1–18; Joh 1:19–28) 2In die boek van die profeet Jesaja staan daar geskrywe: "Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak. a 3Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit." b 4Só het Johannes die Doper in die woestyn opgetree. Hy het verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe. 5Die hele landstreek van Judea en al die inwoners van Jerusalem het na hom toe gestroom. Hulle het hulle sondes bely en is deur hom in die Jordaanrivier gedoop. 6Johannes het klere van kameelhaar gedra met ’n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe. 7Hy het gepreek en gesê: "Die Een wat ná my kom, is my meerdere. Ek is nie eers werd om te buk en sy skoene los te maak nie. 8Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop." Jesus word gedoop (Matt 3:13–17; Luk 3:21–22; Joh 1:29–34) 9Jesus het in daardie selfde tyd van Nasaret in Galilea af gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop. 10Net toe Hy uit die water kom, het Hy die hemel sien oopskeur en die Gees soos ’n duif na Hom toe sien neerdaal. 11Daar was ook ’n stem uit die hemel: "Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My." Jesus word versoek (Matt 4:1–11; Luk 4:1–13) 12Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, 13waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg. Jesus begin preek (Matt 4:12–17; Luk 4:14–15) 14Nadat Johannes in die tronk opgesluit is, het Jesus na Galilea toe gegaan en die evangelie van God verkondig. 15Hy het gesê: "Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie." Jesus roep sy eerste dissipels (Matt 4:18–22; Luk 5:1–11) 16Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy vir Simon en Simon se broer Andreas gesien waar hulle besig was om werpnette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep. 17Hy het toe vir hulle gesê: "Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak." 18Onmiddellik het hulle die nette gelos en Hom gevolg. 19Toe Hy ’n entjie verder gaan, het Hy vir Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes gesien waar hulle in die skuit besig was om hulle nette reg te maak, 20en dadelik het Hy hulle geroep. Hulle het hulle pa, Sebedeus, net so saam met die loonarbeiders in die skuit gelaat en saam met Jesus gegaan. Die besetene in Kapernaum (Luk 4:31–37) 21Hulle het in Kapernaum gekom. Toe die sabbatdag aanbreek, het Jesus reguit na die sinagoge toe gegaan en die mense daar begin leer. 22Hulle was verstom oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie. 23Op daardie oomblik was daar in hulle sinagoge ’n man wat van ’n onrein gees besete was. Hy het uitgeskreeu: 24"Wat het ons met U te doen, Jesus van Nasaret? Het U gekom om ons te verdelg? Ek weet goed wie U is; U is die Heilige van God!" 25Maar Jesus het hom skerp aangespreek: "Bly stil en gaan uit hom uit." 26Die onrein gees het die man stuiptrekkings laat kry, hard geskreeu en toe uit hom uitgegaan. 27Almal was so verbaas dat hulle onder mekaar geredeneer en gesê het: "Wat gaan hier aan? Dit is ’n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die onrein geeste, en hulle gehoorsaam hom." 28En dit was nie lank nie of daar is in Galilea oral in die hele omgewing oor Hom gepraat. Die genesing van Petrus se skoonmoeder (Matt 8:14–15; Luk 4:38–39) 29Toe die mense uit die sinagoge kom, het hulle saam met Jakobus en Johannes reguit na die huis van Simon en Andreas toe gegaan. 30Die skoonmoeder van Simon het daar met ’n hoë koors siek gelê, en hulle het Hom dadelik van haar vertel. 31Hy het na haar toe gegaan, haar hand gevat en haar regop gehelp. Toe het die koors haar verlaat, en sy het hulle bedien. Nog genesings en voortgaande prediking (Matt 8:16–17; 4:23; Luk 4:40–44) 32Toe dit aand geword het en die son al onder was, het die mense al die siekes en dié wat in die mag van bose geeste was, na Hom toe gebring. 33Die hele dorp het by die deur van die huis saamgedrom. 34Hy het baie siekes wat allerhande kwale gehad het, gesond gemaak en baie bose geeste uitgedrywe. Hy het die bose geeste nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle geweet het wie Hy is. 35Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na ’n eensame plek en daar gebid. 36Simon en dié wat by hom was, het Hom egter gesoek, 37en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom: "Almal soek U." 38Maar Hy antwoord hulle: "Laat ons êrens anders heen gaan, na die nabygeleë dorpies toe, sodat Ek daar ook kan preek, want daarvoor het Ek gekom." 39Hy het toe gegaan en dwarsdeur Galilea in hulle sinagoges gepreek en bose geeste uitgedrywe. Die genesing van die melaatse man (Matt 8:1–4; Luk 5:12–16) 40Daar kom toe ’n melaatse man na Hom toe wat smekend op sy knieë voor Hom neerval en vir Hom sê: "As U wil, kan U my gesond maak." 41Jesus het hom jammer gekry, sy hand uitgesteek en hom aangeraak. Hy sê toe vir hom: "Ek wil. Word gesond!" 42Sy melaatsheid het onmiddellik verdwyn en hy het gesond geword. 43Jesus het hom dadelik weggestuur, nadat Hy hom ernstig aangespreek 44en vir hom gesê het: "Moet vir niemand iets hiervan vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring die offers vir jou reiniging wat Moses voorgeskrywe het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het." 45Hy het egter gegaan en dit wyd en syd begin verkondig en dit oral geloop en vertel. Daarom kon Jesus nie meer openlik in ’n dorp kom nie en het Hy gewoonlik buite in die oop veld gebly. Tog het die mense van alle kante af na Hom toe gekom. a Vgl. Mal. 3:1 b Vgl. Jes. 40: Eksegetiese opmerkings Bybel-Media se Woord en Fees bevat volledige eksegetiese inligting oor die teks. Bestel by www.bmedia.co.za. Meegaande preekskets benut materiaal uit Woord en Fees. Ekstra stof Markus 1:1 - Jesus as God-mens vervul die OT beloftes Markus begin met die goeie nuus van Jesus Christus as die Seun van God (1:1) wie se menslike natuur bevestig word deurdat Hy van Nasaret in Galilea (1:6) af gekom het.  Jesus as Seun van God word ook deur die Gees wat na Hom toe neerdaal en die stem uit die hemel bevestig.  Interessant dat Markus beide van die evangelie as die evangelie van Jesus Christus praat (1:1) sowel as die evangelie van God (1:14).  Daaruit blyk ook die sterk klem wat hy plaas op die Goddelike karakter van Jesus Christus. Jesus is God en mens Die evangelies begrond merkwaardig genoeg almal die twee nature van Jesus Christus reg in die begin van hulle skrywes, hoewel verskillend. Markus, soos ek hierbo gesê het, bevestig Jesus se menslike natuur deur van Nasaret te praat en later met die stem van God wat Hom as Seun van God eien. Matteus begin weer met Jesus se menslike afkoms in ‘n geslagsregister (1:1 vv) waarna hy Maria se swangerskap aan die Heilige Gees koppel (1:18). Lukas wys ook hoe die kombinasie van die Goddelike en die menslike in Maria se swangerskap aan die Heilige Gees se werk in haar toegeskryf word (1:26 vv). Johannes verbind ook die Goddelike oorsprong en status van  Jesus, waar hy Hom beskryf as die lig wat mense tot geloof bring, direk aan sy menswording: Hy het onder ons kom woon (1:14). Jesus vervul die Ou Testament beloftes Dié evangelie, hierdie goeie nuus, is dat die tyd aangebreek het (:15), en die koninkryk van God naby gekom het.  'n Mens hoor hier Jesaja 52:7 implisiet eggo: "Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede (sjalôm) aankondig, wat die goeie tyding (tôv) bring, wat redding (jesjûa) aankondig, en vir Sion sê: 'Jou God is Koning'".  Dit word daar as oproep gebruik om die ballinge te laat trek uit Babel, hier om die Jode aan Jesus, die Redder-God, te koppel.  Let ook op na dieselfde boodskapper-teks in Nahum 1:15 (geskryf in die 7de eeu v.C. net voor die val van die Assiriërs en hulle hoofstad Ninevé in 612 v.C.) en Jesaja 40:9-11 (wat ook hoop bring vir die ballinge in Babel in die 6de eeu v.C.), sowel as Paulus wat ook hierdie teks aanhaal in Romeine 10:15. Johannes die Doper word deur Markus as die vervulling van hierdie boodskapper-teks geteken.  Jesaja 40:3 word eksplisiet aangehaal, terwyl Maleagi 3:1 (die laaste boek van die 12 kleiner profeteboeke, wat  uit die tyd van Esra en Nehemia in die 5de eeu v.C, na die ballingskap dateer) as verduideliking gebruik word (sonder verwysing) om die stem te verklaar waarvan Jesaja praat. Interessant dat Maleagi die voorbereidingswerk van die boodskapper aan die koms van die Here, die Verbondsengel, koppel, die een waarna Israel met soveel vreugde uitsien.  Dit laat 'n mens onmiddelik dink aan die Eksodus 23:20 vv., waar die Here sy engel belowe as gids en beskermer deur die woestyn tot in die beloofde land, wat eintlik niemand anders as die Here self is nie (Hy het volmag en word in vers 25 met die Here God verbind). Let ook op hoe die Johannes evangelie in sy proloog in hoofstuk 1 hierdie boodskapper gedagte van Jesaja en Maleagi inspan om Johannes die Doper se getuienis te verduidelik, waarmee Jesus - die Woord van God, die een deur wie alles tot stand gekom het, die een in wie lewe is, en daarom die lig vir die wêreld se mense is, ja, God self is - aan die orde gestel word.  Hy het die teenwoordigheid van God by ons geword, net soos dit met  'n vooraf afskaduwing in die woestyn by Moses en sy mense gebeur het.  Jesus kom tabernakel by ons (die woord σκηνόω [skênoô - tent opslaan] word hier gebruik en vertaal met "onder ons kom woon" - 1:14). Die verbintenis aan die OT beloftes en die koppeling van Jesus se goddelike en menslike natuur bevestig net weer vir my dat die evangelie geloofwaardig is, en dat ek my lewe daarop kan bou.  Ek bevestig in gebed my geloof in hierdie Jesus wat al vier evangelies so kragtig as die Seun van God teken. Markus 1:1-8 - Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus Markus begin sy verhaal van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, met die optrede van Johannes die Doper.  Hy verduidelik met die twee aanhalings uit Maleagi 3:1 en Jesaja 40:3 (uit die Griekse vertaling van die OT wat effens verskil van die Hebreeuse oorspronklike wat sê: "Maak vir die Here 'n pad in die woestyn.") dat Johannes die Doper die pad vir die Here kom regmaak het. Daarmee verbind hy Johannes die Doper met die Ou Testament Messias verwagting. Sy boodskap was kort en kragtig: Die mense van Judea en Jerusalem moes hulle bekeer, en laat doop sodat God hulle sondes kon vergewe. Die Een wat na hom kom, is sy meerdere, omdat Hy nie met water sal doop nie, maar met die Heilige Gees. Die evangelie gaan nie om allerhande goed op die periferie nie.  Die hart van die evangelie is opgesluit in die lewe en boodskap van Jesus Christus self. Matteus en Lukas Matteus brei in 3:1-12 hierop uit deur Johannes se gesprek met baie van die Fariseërs en Sadduseërs wat hulle laat doop het, te vertel, waar hy hulle waarsku dat hulle vrugte moet dra wat by die bekering pas, en nie op hulle Abrahamitiese afkoms moet staatmaak nie. Lukas brei nog verder hierop uit in 3:1-9, 15-17 deur die prediking van Johannes die Doper histories te plaas, en dit aan die woord van God wat tot Johannes gekom het, toe te skryf.  Hy haal Jesaja meer volledig aan en spel die vrugte van bekering uit vir gewone mense, tollenaars, en soldate.  Lukas haal Johannes, soos Markus, aan in die skerp onderskeid wat hy tussen sy eie bediening en dié van die Een wat kom, tref maar brei meer uit oor wat met die koms van die Heilige Gees sal gebeur, wat onder andere oordeel sal insluit.  Lukas se weergawe sluit af met die mededeling dat Johannes ook vir Herodes aangespreek het, en dat dié hom in die tronk opgesluit het. Johannes Die evangelie van Johannes vertel ook die verhaal van Johannes die Doper, een van die enkele kere wat Johannes ooreenkom met die ander drie evangelie-verhale, behalwe vir die lydingsgeskiedenis.  Johannes, die dissipel, brei uit op die onderskeid tussen Johannes die Doper se bediening en die Christus, en plaas dit in 'n gesprek tussen hom en die priesters en Leviete.  Hy gebruik ook Jes 40:3 as bewysplaas vir Johannes die Doper se bediening. Vergelyking Die indruk wat 'n mens van Markus se verhaal van Johannes die Doper kry, in die vergelyking met die ander drie evangelies, is dat hy net die sentrale punt van Johannes die Doper se bediening wil vertel: die noodsaak van bekering en die te wagte doop met die Heilige Gees, om by die hart van sy verhaal uit te kom, die evangelie van Jesus Christus. Johannes die Doper word deur Jesus (9:13) met Elia verbind, soos voorspel is in Maleagi 4:5.  Johannes het aangetrek soos Elia (2 Kon 1:8) en ander profete (Sag13:4). Markus 1:9-20 - om deur Christus geroep te wees, is om 'n dissipel te wees Jesus se doop, versoeking, eerste prediking en roeping van sy dissipels word met vinnige penstrepe geteken.  Sy tuisdorp plaas Hom binne Joodse konteks.  Die doop met water verbind Hom aan mense wat bekering nodig het.  Die doop met die Heilige Gees verbind Hom aan God wat deur Jesus goeie nuus vir sulke mense bring.  Die versoeking in die woestyn stel Hom voor as beproefde en getoetste boodskapper. Let op hoe sy prediking in Galilea, sy tuisgebied, begin en hoe op die punt af dit gelewer word: "Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom.  Bekeer julle en glo die evangelie."  Hy is die Een waarvan Johannes die Doper gepraat het, en Hy bring die goeie nuus wat lank gelede al belowe is (Jesaja en Maleagi). Sonder omhaal van woorde word die volgende stap in hierdie vinnigvloeiende agenda van Jesus uitgevoer.  Hy roep sy eerste dissipels (vgl Elia en Elisa in 1 Kon 19:19-21) en draai geen doekies om oor hulle nuwe lewenstaak nie: "Kom hier!  Kom saam met My [letterlik: 'Kom agter My aan'], en Ek sal julle vissers van mense maak."  En die reaksie van die eerste dissipels is om onmiddellik hulle werpnette te los en Hom te volg.  Jesus se roeping is dus gesagvol, soos ook verderaan met die prediking en die uitdrywing van die duiwels sal blyk, en effektief. Die dissipels vervul 'n baie belangrike rol in Markus se vertelling van die evangelie.  Dit is belangrik vir Markus om aan te toon dat hulle van die begin af saam met Jesus is, veral die vier wat hier genoem word.  Interessant dat hulle 2-2 geroep word, wat heel moontlik 'n patroon vir dissipelskap daar stel (vgl. Mark 6:7 en Luk 10).  Daarby kan hy met hulle reaksies (en gebrek daaraan) Jesus en die ander karakters in sy verhaal beter definieer en beskrywe.  En, ons die lesers, kan met hulle identifiseer. Van die begin af is hulle ook besig met in diens opleiding as dissipels. Dit laat my besef: Om deur Christus geroep te wees, is om 'n dissipel te wees.  Ek moet Hom volg. PowerPoint agtergrond Die agtergrond, deur Alida Bothma (met toestemming gebruik), is ook in 2015 gebruik. Liturgie Daar is in die liturgie gebruik gemaak van Bybelmedia se preekstudies sowel as van vorige bydraes by seisoenvanluister.co.za. Epifanie beteken “Godsverskyning”. Epifaniefees word deur die Westerse en Oosterse kerke op 6 Januarie gehou. Met die viering van Epifaniefees word meer as een Godsverskyning herdenk: Jesus se aardse verskyning (Christus se geboorte); Vader en Heilige Gees teenwoordigheid (tydens Jesus se doop); Vertoning van Christus se mag (met die eerste wonderwerk te Kana); Openbaarmaking aan die nasies (met die besoek van die wyse manne). Die Christuskers word aangesteek terwyl Kersmusiek speel. Aanvangslied 354 O Christus ons verlange vs 1,2,3,4 Aanvangswoord Jes 60 Seëngroet Lied 335 Die Heiland is gebore vs 1,2 Litanie by Epifanie Lied 355 Al was ek nie daar nie vs 1,2 Vryspraak Johannes 1 Geloofsbelydenis Toewyding 367 Ere aan God vs 1 Epiklese Skriflesing Matteus 2:1-12 Familie-oomblik Prediking Gebed Offergawes Wegsending 340 Kom ons loof die Jesus kind vs 1,2,3 Seën Antwoord Lied 312/313/314/315/ of F361. Laat Dit So Wees (Amen) (RUBRIEK: Kersflam – Gebed) of Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”) Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan Markus 1:4-11

God nooi ons uit en ons kom tot rus Epifanie beteken “Godsverskyning”. Epifaniefees word deur die Westerse en Oosterse kerke op 6 Januarie gehou. Met die viering van Epifaniefees word meer as een Godsverskyning herdenk:   Jesus se aardse verskyning (Christus se geboorte); Vader en Heilige Gees teenwoordigheid (tydens Jesus se doop); Vertoning van Christus se mag (met die eerste wonderwerk te Kana); Openbaarmaking aan die nasies (met die besoek van die wyse manne). Die Christuskers word aangesteek terwyl Kersmusiek speel. Aanvangslied 354 O Christus ons verlange vs 1,2,3,4 Aanvangswoord Jes 60 Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring. 2Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid. Seëngroet Gemeente van die Here Jesus Christus, bedags sal dit nie die son wees wat vir julle lig gee nie, en snags sal dit nie die maan wees wat oor julle skyn nie; die Here sal vir julle ’n ewige lig wees! Lied 335 Die Heiland is gebore vs 1,2 Litanie by Epifanie Voorganger: Here, ons bid vir die leiers wat ons land regeer. Gee aan hulle die wysheid om volgens u wil die reg te handhaaf. Gemeente: Laat u Lig, Heer, op ons skyn. Voorganger: Here, ons bid dat ons land se regsbanke deur regverdige en wyse regters gelei sal word. Voorganger: Here, ons smag na geregtigheid. Ons roep tot U, Here, sodat U aan die verdruktes reg sal laat geskied. Ons roep tot U, o Here, dat U ons land van alle vorms van geweld en korrupsie sal bevry. Gemeente: Laat u Lig, Here, op ons rus. Voorganger: Met berg en oseaan, met plant en dier, reik ons tot U, o Heer. Ontferm U oor ons. Hoor ons smeekgebed. Gemeente: Laat u Lig, Heer, op ons rus. Voorganger: Mag ons, o Heer, U ligdraers wees in ’n wêreld vol konflik, pyn en seer. Gemeente: Laat u Lig, Heer, deur ons kom (Ps 72). Lied 355 Al was ek nie daar nie vs 1,2 Vryspraak Johannes 1 Die ware lig wat elke mens verlig, het na die wêreld toe gekom. Hy was in die wêreld, maar tog het die wêreld Hom nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eiendom Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Geloofsbelydenis Ons glo in God, die Skepper van alle sienlike en onsienlike dinge, wat gesê het: “Laat daar lig wees!” en daar was lig. Ons glo in Jesus Christus, die ware Lig wat na die wêreld toe gekom het, wat in die duisternis skyn en wat nie deur die duisternis uitgedoof kon word nie. Ons glo in die Heilige Gees wat die lig van God se Woord op ons lewenspad laat skyn en ons nuut maak sodat ons ook lig vir die wêreld kan wees. Toewyding 367 Ere aan God vs 1 Liedere F6. Heer Jesus, My Redder (RUBRIEK: Kruisfuur – Lof) Oorspronklike titel: Shout To The Lord Teks en Musiek: Darlene Zschech Afrikaanse vertaling: 2005 Jacques Louw © 1993 Hillsong Publishing Heer Jesus, my Redder, Heer, daar is niemand soos U. Laat elke dag, als wat ek doen, volwees van U liefde, Heer. My skuilplek, my trooster, veilige vesting van krag. Met hart en stem, als wat ek het, bring ek aan U ewig eer. Refrein: Kom laat ons juig, kom ons sing voor die Here. Sing van sy mag, van sy grootheid en krag. Berge buig neer en die see ruis saam by die aanhoor van sy Naam. Ek wil U prys, want U is my Skepper. Ek wil U loof en my lewe lank eer. Niks vergelyk met u liefde en sorg vir my. F51. Koning Van My Hart (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Toewyding / Gebed) Teks en Musiek: Rick Moser © 1994 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Nuwe Lied, vol 2) Koning van my hart Koning van my lewe U wil ek bemin U lof besing vir ewig U het my bevry My sondeskuld vergewe Koning van my hart. God nooi ons uit en ons kom tot rus

God praat met ons en ons luister Epiklese Ons dank U, Here ons God, dat U ’n ster gestuur het om mense van ver na die Christuskind te bring. Ons dank U dat U in elke eeu en elke geslag tekens en getuies gee wat ook ons na Christus toe lei. Ons dank U vir u Seun, Jesus Christus, die Woord wat mens geword het en onder ons kom woon het. Ons dank U vir die Heilige Gees wat ons herinner aan alles wat Jesus vir ons gedoen het en wat ons in die volle waarheid lei. Ons dank U vir u Woord wat vir ons ’n lamp is wat in ’n donker plek skyn en vir ons rigting vir ons lewe aanwys.   Skriflesing Matteus 2:1-12 Familie-oomblik Prediking God praat met ons en ons luister

Familie-oomblik Familie-oomblik In die spoor van Carolyn Brown kan mens vanoggend stilstaan by die prominente rol wat water in die Bybel speel. Vertel die 4 verhale (vir u gerief word die tekste voorsien.)   Genesis 1:1-10 Water georden by die skepping God se skeppingswerk 1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. 3Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. 4God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei. 5God het die lig toe “dag” genoem, en die donker het Hy “nag” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag. 6Toe het God gesê: “Laat daar ’n gewelf wees tussen die waters om die waters van mekaar te skei.” 7So het dit gebeur. God het die gewelf gemaak en die waters onder die gewelf geskei van die waters bo die gewelf. 8God het die gewelf “hemel” genoem. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die tweede dag. 9Toe het God gesê: “Laat die waters onder die hemel op een plek bymekaarkom sodat die droë grond sigbaar word.” So het dit gebeur. 10God het die droë grond “aarde” genoem, en die waters wat bymekaar gekom het, het Hy “see” genoem. En God het gesien dit is goed. Genesis 6:9-7:24 Water om die aarde te oorspoel 9Hier volg die verhaal van Noag. Noag was ’n regverdige man. Onder sy tydgenote was hy onberispelik en hy het naby God geleef. 10Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet. 11Die aarde was korrup in die oë van God, vol geweld; 12Hy het die aarde gesien: dit was korrup, elke mens op aarde se lewe was verrot. 13Toe sê God vir Noag: “Ek het besluit om ’n einde te maak aan alle mense, want deur hulle toedoen is die aarde vol geweld. Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg. 14“Maak vir jou ’n ark van goferhout. Jy moet vertrekke in die ark maak en dit binne en buite met pik dig maak. 15Jy moet dit soos volg maak: die lengte van die ark moet honderd vyf en dertig meter wees, sy breedte twee en twintig en ’n half meter en sy hoogte dertien en ’n half meter. 16Jy moet ’n dak vir die ark maak en sy nok moet jy vyf en veertig sentimeter hoog maak. Verder moet jy ’n deur aan die kant van die ark insit en ’n onderste, middelste en boonste verdieping maak. 17“Ek gaan ’n oorstroming oor die aarde laat kom om al wat daarop lewe, te verdelg, elke lewende ding onder die hemel. Alles wat op die aarde is, sal omkom, 18maar met jou wil Ek ’n verbond sluit. Jy moet in die ark ingaan, jy en jou seuns en jou vrou en jou skoondogters. 19Van al wat leef, van al die diere, moet jy twee van elk, manlik en vroulik, in die ark laat ingaan om saam met jou aan die lewe te bly. 20Van elke soort voël en dier, ook van dié wat kruip, van almal sal daar twee na jou toe kom om aan die lewe te bly. 21Jy moet vir jou kos saamvat, van alles wat geëet kan word, en dit by jou wegpak. Dit sal jou en die diere se kos wees.” 22Noag het alles gedoen presies soos God hom beveel het. 7 Toe sê die Here vir Noag: “Jy en jou hele gesin moet in die ark ingaan. Ek het jou gesien en onder hierdie geslag bevind Ek jou regverdig. 2Van al die rein diere moet jy sewe pare, manlik en vroulik, saamvat en van al die onrein diere net een paar, manlik en vroulik. 3Ook uit die voëls moet jy sewe pare, mannetjies en wyfies, saamvat. Dit moet jy doen om al die soorte op die hele aarde aan die lewe te laat bly. 4Oor sewe dae sal Ek dit veertig dae en nagte lank laat reën en alles wat leef, wat Ek gemaak het, wegvee van die aarde af.” 5Noag het alles gedoen soos die Here hom beveel het. 6Noag was ses honderd jaar toe die vloedwaters oor die aarde gekom het. 7Noag en sy seuns en sy vrou en sy skoondogters het in die ark ingegaan vir die vloedwaters. 8Die rein en die onrein diere, die voëls, en die diere wat kruip, 9het in pare, manlik en vroulik, na Noag toe in die ark gekom soos God vir Noag gesê het. 10Op die sewende dag het die vloedwaters oor die aarde gekom. 11Presies op die sewentiende dag van die tweede maand van die ses honderdste jaar van Noag het die fonteine van die groot waters oopgebreek. Die vensters van die hemel is oopgemaak, 12sodat daar ’n stortreën op die aarde geval het, veertig dae en veertig nagte lank. 13Dit was die dag waarop Noag en sy seuns, Sem, Gam en Jafet, en sy vrou en sy drie skoondogters almal saam in die ark ingegaan het. 14Hulle, en elke soort wilde dier en mak dier, en al die soorte diere wat kruip, en elke soort voël, alles wat vlieg, het ingegaan. 15Van al wat leef, het daar pare-pare na Noag toe in die ark gekom. 16Hulle het ingekom, manlik en vroulik, soos God vir Noag gesê het. En toe het die Here die ark agter Noag toegesluit. 17Die oorstroming het oor die aarde gekom, veertig dae lank, en die water het al hoe meer geword. Dit het die ark opgelig en die ark het begin opstyg bokant die aarde. 18Maar die waters het nog meer en nog sterker geword op die aarde en die ark het op die waters begin dryf. 19Die waters op die aarde het nog meer en meer geword, sodat hulle al die hoë berge wat daar onder die hemel is, bedek het. 20Die water het amper sewe meter bokant die berge gestyg en dit bedek. 21Al wat op die aarde geleef het, het omgekom: diere wat kruip, voëls, mak diere, wilde diere, ja, alles wat op aarde wemel, ook al die mense; 22alles wat die lewensasem in die neus gehad het, alles wat op land geleef het, is dood. 23So het God alles wat op die aarde geleef het, uitgewis: mens en dier, ook dié wat kruip, en die voëls, hulle almal is weggevee van die aarde af. Net Noag en dié by hom in die ark is gespaar. 24Die water het die aarde honderd en vyftig dae lank oorstroom. Eksodus 12:31-40 Water instrument in God se hand Die farao laat die Israeliete trek 31Dieselfde nag nog het die farao vir Moses en Aäron laat roep en gesê: “Gee pad onder my mense uit, julle twee en al die ander Israeliete! Gaan dien die Here soos julle gevra het! 32Vat julle kleinvee en julle grootvee soos julle gevra het, en trek! En bid dan dat dit met my ook goed mag gaan.” 33Die Egiptenaars het sterk by die volk daarop aangedring om gou uit die land pad te gee, “want,” het hulle gesê, “anders is ons almal dood!” 34Die volk het toe hulle brooddeeg, sonder suurdeeg, in skottels gesit, dit in hulle klere toegedraai en dit so op hulle skouers gedra. 35Verder het die Israeliete die opdrag van Moses uitgevoer, naamlik om van die Egiptenaars silwer- en goue goed sowel as klere te eis. 36Die Here het gesorg dat die Egiptenaars aan sy volk goed doen, sodat hulle uit Egipte as buit kon wegdra wát hulle ook al geëis het. 37Die Israeliete het van Rameses af na Sukkot toe getrek. Behalwe die afhanklikes was daar sowat ses honderd duisend weerbare manne te voet. 38Daar het ook ’n menigte mense van ander afkoms saamgegaan en ook groot troppe kleinvee en baie beeste. 39Met die deeg wat hulle uit Egipte saamgebring het, het hulle ongesuurde roosterkoeke gebak: dit was sonder suurdeeg omdat hulle uit Egipte gejaag is en nie kans gehad het om eers vir hulle padkos klaar te maak nie. 40Die Israeliete was vier honderd en dertig jaar in Egipte. Eksodus 14:15-31 Die Here red die Israeliete 15Toe het die Here vir Moses gesê: “Waarom roep julle so benoud na My? Sê vir die Israeliete hulle moet verder trek. 16En jy, lig jou kierie op en steek jou hand oor die see uit en kloof dit oop sodat die Israeliete op droë grond kan deurgaan. 17Ek sal die Egiptenaars so koppig maak dat hulle die Israeliete sal agtervolg. So sal Ek my mag laat geld teenoor die farao en sy hele leër: strydwaens en bemanning. 18Wanneer Ek my mag laat geld teenoor die farao, sy strydwaens en hulle bemanning, sal Egipte besef dat Ek die Here is.” 19Die Engel van God wat altyd voor die Israeliete uit beweeg het terwyl hulle getrek het, het nou agter hulle plek ingeneem. Ook die wolkkolom wat voor hulle was, het agter hulle ingeskuif, 20tussen die Egiptenaars en die Israeliete. Aan die Egiptiese kant was die wolk donker en aan die Israelitiese kant het dit die nag verlig. Die hele nag deur het die twee groepe nie nader aan mekaar gekom nie. 21Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die Here het daardie hele nag die water met ’n sterk oostewind weggedryf, sodat die water oopgekloof en die see daar drooggelê is. 22Die Israeliete het op droë grond deur die see gegaan, en die water het weerskante van hulle soos ’n muur gestaan. 23Die Egiptenaars het hulle agternagesit: die farao se perde, strydwaens en bemanning is almal agter hulle aan die see in. 24In die vroeë môre het die Here uit die vuur- en wolkkolom afgekyk op die Egiptiese leër en verwarring onder hulle gesaai. 25Hy het die wiele van hulle strydwaens laat uitval, sodat hulle skaars kon beweeg. Toe sê die Egiptenaars: “Ons moet wegkom van die Israeliete af, want die Here veg vir hulle teen Egipte.” 26Maar die Here het vir Moses gesê: “Steek jou hand uit oor die see sodat die water oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en bemanning kan stroom.” 27Moses steek toe sy hand oor die see uit. Teen dagbreek het die see teruggestroom oor sy bodem en die Egiptenaars het hulle teen die water vasgevlug: die Here het hulle deur die see laat meesleur. 28Toe die water terugstroom, was die strydwaens en bemanning, die hele leërmag van die farao wat agter die Israeliete aan die see in is, tóé onder die water. Daar het nie een van hulle oorgebly nie. 29Maar die Israeliete het op droë grond deur die see gegaan en die water het weerskante van hulle soos ’n muur gestaan. 30Die Here het Israel daardie dag gered van Egipte, en die Israeliete het die Egiptenaars dood op die strand sien lê. 31Toe Israel sien hoe kragtig die Here teen Egipte opgetree het, is hulle met ontsag vir Hom vervul. Hulle het in die Here geglo en ook in Moses, sy dienaar. Markus 1:9-12 Water om Jesus te doop Jesus word gedoop (Matt 3:13–17; Luk 3:21–22; Joh 1:29–34) 9Jesus het in daardie selfde tyd van Nasaret in Galilea af gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop. 10Net toe Hy uit die water kom, het Hy die hemel sien oopskeur en die Gees soos ’n duif na Hom toe sien neerdaal. 11Daar was ook ’n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.” http://worshipingwithchildren.blogspot.co.za/2014/12/year-b-baptism-of-lord-first-sunday.html Familie-oomblik

Preekriglyn Ons betree nou die seisoen van Epifanie wat duur tot by Sondag van Verheerliking. Epifanie beteken openbaring, verskyning. Dit handel oor die verskyning van God in die wêreld deur Christus en hoe dit mense se lewe verander het.

Epifanie en doop Epifanie en doop In dié gedeelte verskuif Markus sy fokus van Johannes af na Jesus toe. In drie kort flitse vertel hy van die doop, versoeking en prediking van Jesus. Markus snel amper verby die drie insidente sodat hy van die dissipels se roeping kan vertel. Daar is geen baba Jesus of singende Maria of dromende Josef nie – net drie kort beriggies oor Jesus. Tog is al drie belangrik om te kan verstaan wie Jesus was. In drie kort episodes word Jesus gedoop in Israel se sonde, deur die duiwel op sy tuisveld aangedurf en word sy voorganger in die tronk gegooi! En dit is maar die begin van die verhaal van Jesus. Dit is presies waar Petrus ook begin in Handeling 10:37. Epifanie fokus op Jesus se doop. Sy doop verfris weer ons geheue oor beide Jesus en oor ons. Jesus se doop herinner ons wie Hy is, terwyl ons doop ons herinner aan twee dinge wat omvangryke implikasies het vir die lewe: wie ons is en wat ons moet doen. Dit is die tyd in die kerkjaar waar ons nie net vra "Wie is Jesus?" nie, maar ook: "Wie is ons?" Dit is ’n tyd om weer nuut oor jouself en oor os as gemeente te dink. Dit is ’n tyd waarin ons nadink oor identiteit en roeping. Epifanie en doop

Werklik Immanuel Werklik Immanuel Jesus bevestig met sy doop dat Hy werklik Immanuel is Wie is Jesus? Jesus se bediening begin met sy doop: Die woord "ook" in die frase "is Jesus ook gedoop", is belangrik! Talle mense is gedoop, en Jesus is ook gedoop. Hy is met dieselfde doop gedoop as baie ander wat berou oor hulle sonde gehad het. Teoloë sal altyd worstel oor hoekom Jesus gedoop is (net soos Johannes ook daaroor gewonder het) veral met Johannes se doop wat ’n bekeringsdoop was. Jesus was tog sonder sonde en skuld. Die meeste teoloë sê dit was Jesus se visuele demonstrasie dat hy "regtig" met ons sukkelende mense was en is; met ons vrese, met ons dwaasheid, met ons mislukkings, met ons gesukkel met sonde, met ons al die pad tot in die modder van die Jordaanrivier. Maar Hy kan ons help omdat Hy sonder sonde was. Michael Wilcock stel dit helder in sy kommentaar op Lukas oor Jesus se doop wat ook vir die Markusgedeelte geld: Luke is setting forth the grand paradox that Jesus in his baptism declared both his solidarity with, and his distinction from, the rest of humanity. Die klimaks van die toneel is nie Jesus se doop nie. Vir Markus is die klimaks dit wat ná die doop gebeur het: "Daar was ook ’n stem uit die hemel . . . " Dit is die hoof gebeure! Werklik Immanuel

Ook ons is geliefdes Ook ons is geliefdes Jesus bevestig met sy doop dat ons ook geliefdes is Wie is ons? Waar mense hulle met Johannes se bekeringsdoop laat doop het eintlik ’n erkenning was dat hulle verhouding met God krom en skeef is, verklaar God oor Jesus dat Hy vir God aanvaarbaar is . . . soos geen mens voor Hom nie. Hy is van die begin af in ’n ware verhouding met God . . . Hy is in die ware sin van die woord "God se Seun"! God self sê so: "Jy is my geliefde seun. Oor jou verheug Ek My." Ons kan dit natuurlik na ons eie doop deurtrek. Ons kan die doop sien as ’n eerste woord van God se liefde en aanvaarding van ons elkeen! Geen wonder Martin Luther het die lewenslange gewoonte ontwikkel nie, om elke môre as hy opstaan, ’n kruis op sy voorkop te maak en vir homself gesê het: "Onthou, Martin, jy is gedoop!" Ons as gedooptes, as Jesus se dissipels, kan ons dag gerus ook met hierdie gewoonte begin, want dit kan alles in die lewe betekenisvol maak! Dit was Henri Nouwen wat aangrypend geskryf het: Die waarheid, alhoewel ek dit dalk nie nou op hierdie oomblik kan voel nie, is dat ek die gekose kind van God is, kosbaar in sy oë, die geliefde van alle ewigheid af genoem en veilig vas in ʼn ewige omhelsing. Ook ons is geliefdes

Leef die nuwe lewe Leef die nuwe lewe Net soos Jesus, kan ons daarom ons lewe wy aan die vestiging van die lewe in die nuwe koninkryk van God Sonder om in ’n lang relaas in te gaan oor die doop, kan daarop gewys word dat daar ’n vertrekpunt vir ons is. Die doop bevestig dat ons God s’n is en dat Hy Hom verheug oor ons. Dit is ons verstekstelling. Sommige mense se hele lewe word vasgevang in twyfel hieroor en lei daartoe dat hulle nooit verder op ’n reis van toewyding gaan nie. Hier aan die begin van die nuwe jaar kan en moet ons mekaar hiermee help. Die evangelie kom bevestig vir ons dat Jesus gekom het om ons lewe saam met God (soos van die begin van die Skepping af en aan die voleinding van die wêreld) moontlik te maak. Nou dat ons hiervan oortuig is, kan ons ons lewe wy daaraan om saam met Hom in hierdie lewe op te staan uit die dood, elke dag, deur sout en lig te wees. Leef die nuwe lewe

God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Offergawes   Offergawes Wegsending 292 My enigste troos in lewe en dood vs 1, 2 Seën Mag die lig van die evangelie in ons harte skyn, ons lewe vernuwe en die hele wêreld verlig. Die seën van die Almagtige God, Vader, Seun en Heilige Gees, Sal met ons elkeen wees en bly. Antwoord Lied 312/313/314/315/ of F361. Laat Dit So Wees (Amen) (RUBRIEK: Kersflam – Gebed) Teks en musiek: Neil Büchner Kopiereg:  Flam Musiek-Uitgewers Laat dit so wees, Here, Amen. Heer, laat ons leef soos U leer Here, Amen. of Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”) Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan 1. Here, ons God, as ons nou huis toe gaan, vra ons u seën, waar ons hier voor U staan. U het u goedheid weer aan ons betoon, ons saamwees in u Naam met guns bekroon. 2. Ons bid tot U, o Vader, Seun en Gees, laat ons vir ander ook tot seën wees. Maak ons getuies van u Naam, o Heer, dat ook die wêreld U sal dien en eer. 3. U wat in liefde altyd by ons bly, wees ons tog in ons lief en leed naby. Sou daar beproewing oor ons pad kom, Heer, maak ons volhardend in geloof al meer. Volgende erediens 1 Korintiërs 6:12-20 Liturgie en familie-oomblik: Wicus Wait Powerpoint: Rethie van Niekerk Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk God stuur ons om te leef