Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Johannes 15:1-8 PowerPoint agtergrond Wingerd, beskikbaar by

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Παρουσίαση με θέμα: "Johannes 15:1-8 PowerPoint agtergrond Wingerd, beskikbaar by"— Μεταγράφημα παρουσίασης:

1 Johannes 15:1-8 PowerPoint agtergrond Wingerd, beskikbaar by
Geen kopiereg met Google advanced search. Geknip met Picasa III. Johannes 15:1-8

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Toetrede VONKK 58 Ons Vind Ons Krag In Die Here Lied 295 v 3 Heer, U laat ons hier vergader Flam 144 God Is Liefde Votum V: Here Jesus, U het gesê: “Ek is die brood wat lewe gee.” G: Voed ons vanoggend sodat ons nooit weer honger en nooit weer dors sal kry nie. V: Here Jesus, U het gesê: “Ek is die lig vir die wêreld.” G: Skyn in elke duister hoekie van ons lewe en gee vir ons die lig wat lewe gee. V: Here Jesus, U het gesê: “Ek is die ingang vir die skape.” G: Laat ons deur U in- en uitgaan en gee vir ons weiding. V: Here Jesus, U het gesê: “Ek is die goeie herder.” G: Dankie dat U u lewe vir ons afgelê het. V: Here Jesus, U het gesê: “Ek is die opstanding en die lewe.” G: Ons glo in U, Here Jesus, en sal leef al sterf ons ook. V: Here Jesus, U het gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.” G: Ons gaan deur U na die Vader. V: Here Jesus, U het gesê: “Ek is die ware wingerdstok en julle die lote.” G: Help ons om in U te bly sodat ons baie vrugte sal dra. (Uit Cas Wepener se “Soos ‘n blom na die son draai”, Bybel-Media 2011) Seëngroet Lofsang Flam 105 Hy’s Die Een Wat Ek Liefhet [bekend] Lied 334 “God is Liefde!” juig ons harte Die Wil van God 1 Johannes 4:7-21 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ’n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Híerin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. 10Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes. 11Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. 12Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik. 13Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee. 14En ons het gesien en is getuie daarvan dat die Vader die Seun as Redder van die wêreld gestuur het. 15Wie bely dat Jesus die Seun van God is—God bly in hom en hy in God. 16En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom. 17Hiérin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie, want in hierdie wêreld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus. 18Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. 19Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. 20As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy ’n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. 21En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê. Verootmoediging Lied 273 Laat my met u verenig lewe Flam 294 Neem My Lewe VONKK 56 My God, Hoe Doelloos, Hoe Verward Genadeverkondiging 1 Johannes 4:9-10 9Híerin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. 10Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes. Geloofsbelydenis God nooi ons uit en ons kom tot rus

3 God praat met ons en ons luister
Gebed Skriflesing Johannes 15:1-8 Wys hierdie video (sonder klank) terwyl jy die Skriflesing doen. Oefen vooraf sodat jou voorlesing pas by die beelde op die skerm. Familie-oomblik Preek God praat met ons en ons luister

4 Johannes 15:1-8 Fokusteks: Johannes 15:1-8 Die ware wingerdstok
15 "Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. 2Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. 3Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het. 4Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. 5"Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. 6As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos 'n loot en hy verdroog. Die mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. 7As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. 8My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is." Johannes 15:1-8

5 Familie-oomblik Familie-oomblik
Vertel die wonderlike storie van Basil die Wingerdloot (dalk kan jy dit verander na Lettie die Loot? Of Willie die Wingerdloot?) Wanneer Basil besef dat hy nie druiwe dra nie, probeer hy baie hard, steunend en kreunend – maar niks gebeur nie. Totdat die wingerdstok vir hom sê dat hy wat Basil is, net aan die wingerdstok verbind moet bly. Van toe af het Basil net op die wingerdstok gefokus – en heerlike druiwe gedra. Hier is die hele verhaal met pragtige illustrasies, asook aktiwiteite soos doolhowe wat jy kan aflaai. Om jou ’n idee te gee van die storie (of as jy nie kans sien om dit self te vertel nie), is hier ’n video daarvan. Hier is ook ’n lekker doolhof wat kinders se handjies kan besig hou terwyl hulle na die preek luister. Kleiner kinders sal dit geniet om die prent gewoon in te kleur, terwyl ouer kinders die ingewikkelde doolhof sal geniet. Oorweeg om ’n tak en snoeiskêr te gebruik om die inleiding van die preek te illustreer, om so ook kinders te betrek. Familie-oomblik

6 Om te snoei… Preekriglyn
Goeie snoeiwerk is een van die belangrikste vaardighede wat enige tuinier moet baasraak. Daar is baie redes waarom ons snoei: Snoeiwerk moedig nuwe groei aan, wat vir ons meer blomme en vrugte aan die plant gee Dooie en siek dele van 'n plant word weggeneem, sodat die plant kan herstel Plante wat geil groei en die hele wêreld toerank word beter gevorm en gehelp om nie skade aan te rig nie Sytakke wat te veel skaduwee op die omgewing gooi, soos op gras, word weggeneem. 'n Heining word so gesnoei dat lig ook die laer dele bereik, anders ontstaan daar gate in die heining Beskadigde plate kry weer nuwe vorm en word gehelp om te herstel. Plantgroei en snoeiwerk is 'n baie goeie beeld om God se betrokkenheid by ons lewens toe te lig. In ons teks sê Jesus dat Hy die ware wingerdstok is op wie ons ingeplant word om so lewe te ontvang, terwyl sy Vader die landbouer is wat ons snoei sodat ons meer vrug kan dra. Om te snoei…

7 "Ek is" Ons lees vandag Jesus se laaste "Ek is"-uitspraak in die Johannesevangelie: "Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die landbouer." Die sewe "Ek is"-uitsprake van Christus volgens die Johannes-evangelie is: 6:35 – Ek is die brood wat lewe gee; 8:12 – Ek is die lig vir die wêreld; 10:7 – Ek is die deur van die skape; 10:11 – Ek is die goeie herder; 11:25 – Ek is die opstanding en die lewe; 14:6 – Ek is die weg, die waarheid en die lewe; en 15:1 – Ek is die ware wingerdstok. Vandag verken ons die laaste "Ek is"- uitspraak: Ek is die ware wingerdstok en my Vader die landbouer". Die algemene betekenis van hierdie vergelyking is dat die mens van nature onvrugbaar is behalwe in soverre die mens in Christus is en van Hom deur genade krag ontvang. Drie beginsels word in die gelese gedeelte beklemtoon: Eerstens, dat die mens geen eie krag het om goed te doen nie; Tweedens, dat die mens wat in Christus geanker is, deur die Vader gesnoei en gevorm word; Derdens, dat die Vader die onvrugbare takke verwyder sodat dit in die vuur gegooi en verbrand kan word. Ons stap nou deur die teks om Jesus se woorde beter te verken. ”Ek is”

8 Ware wingerdstok Ware wingerdstok
Vers 1: "Ek is die ware wingerdstok." Christus is - in teenstelling met ander wingerdstokke - die ware wingerdstok. Waarskynlik is Jesus en die dissipels in die Hebronvallei of in die omgewing van die Olyfberg. Die Olyfberg was bekend vir wingerdbou (vgl Joh 14:31). In hierdie omgewing tree Jesus met sy dissipels in gesprek oor Homself as die oorsprong van die lewe in die geloofsgemeenskap. In die Ou Testament is Israel dikwels vergelyk met 'n wingerd. Jesus beklemtoon nou dat Hy die ware bron van lewe in die volk van God is. Hy is die ware Messias, die stam waarop die mense van God groei om in ware lewe te kan deel. Jesus bemoedig sy dissipels dat Hy, as die ware wynstok, in hulle sal bly. Ware wingerdstok

9 Landbouer Sy Vader is die Landbouer. Die begrip "landbouer" kom ook voor in Markus 12:1; Jakobus 5:7 en 2 Timoteus 2:6 (vgl. 1 Kor. 3:9). Die funksie van die landbouer word in vers 2 beskrywe naamlik om te snoei. Daar is twee soorte lote, naamlik die wat vrug dra en die wat geen vrugte dra nie. Die vrugtelose word verwyder/afgesny. Die lote wat vrug dra word reggesnoei sodat hulle meer vrug kan dra. Die landbouer doen dit sonder om die lote enige pyn te spaar, en doen dit ten koste van die plant se eie groei. Die wingerdlote kan nie maar wild en ingetem groei nie. Snoei is dus 'n pynlike proses vir die plant. Die vrugtelose lote word wegneem of gesnoei. Jesus verwys hier blykbaar na Judas. Judas word weggeneem uit die dissipelkring as vrugtelose loot, Petrus is 'n voorbeeld van 'n loot wat reggesnoei word, sodat hy meer vrug kan dra. Die Griekse woord κatairei ("reg gesnoei") kan ook vertaal word as skoon, soos in Johannes 15:3. Dit word in die Nuwe Testament vir seremoniële reiniging gebruik (Heb. 10:2). Vers 3 sluit hierby aan. Jesus sê die dissipels is alreeds reggesnoei of gereinig. Dit beteken hulle is reeds in 'n toestand om vrug te kan dra, "deur die woorde wat Ek vir julle gesê het". Dit wil sê: Hulle is reggesnoei deur die volle openbaring wat Jesus gedurende die drie jaar aan hulle gemaak het. Hierdie toestand moet hulle nastreef om in stand te hou. Jesus sê: "Handhaaf julle geloof in My en Ek sal in julle bly en julle vul met wat nodig is om My op aarde te verteenwoordig." Christus herinner hulle dat hulle in Hom geplant, asook gereinig of gesnoei is. Landbouer

10 Bly in My In vers 4 spoor Christus die dissipels weer ernstig aan om die genade wat hulle ontvang het, in stand te hou (Matt 23:37). 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as dit nie aan die wingerdstok bly nie. 'n Loot wat op die grond val en nie meer in die wingerdstok is nie, kan nie vrug dra nie, en ook nie as die dissipels nie in Christus bly nie. So 'n loot verdor en sterf. Die enigste manier om voort te gaan, is om gereinig te word om vrug te kan dra, om sodoende die verband met Christus (die wingerdstok) te handhaaf. Judas is weg en Satan sal die res van hulle soos koring sif (Luk 22:31). Vers 5 voer die gedagte verder: "Ek is die wingerdstok, julle die lote." Saam vorm hulle een geheel. Die een ding wat nodig is om vrug te kan dra, is dat hulle in Christus bly en Hy in hulle. Die lewe van die wingerdstok vloei in die lote. "Sonder My kan julle niks doen nie." Solank ons van Christus geskei is, dra ons geen vrug nie, want uit ons eie kan ons niks goed doen nie. Die tak dra nie vrug uit homself nie. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie. Bly in My

11 Vrugtelose takke Vrugtelose takke
In vers 6 dring Christus dring daarop aan dat die dissipels sal volhard. "As iemand nie in My bly nie ....". Volharding is inderdaad 'n genadegawe van God. Die hele proses wat deur die vrugtelose tak ondergaan word, word in die ses werkwoorde van Johannes 15:2 en 6 beskryf: snoei (kathairei), weggooi (eblēthē), verdroog (eksēranthē), bymekaarmaak (sunagousin), gooi (ballousi) en verbrand (kaietai). Die begrippe dui op die onvermydelikheid en die volledigheid van die vernietiging. Totale verwerping is ter sprake. Die resultaat is die totale verdwyning, die vernietiging van die natuurlike kapasiteit van die vrugdraers. Diegene wat van Christus afgesny word, is soos dooie takke. Omdat die krag van Hom is, kom ook die ononderbroke voortsetting daarvan van Hom af. Diegene sonder die krag van God word uitgegooi. Die dissipels word gewaarsku dat dit nie outomaties is dat hulle in Christus is nie. Jesus as die wingerdstok sal sy deel van die verhouding vervul solank die lote in Hom bly. Vrugtelose takke

12 Gebed en belofte Gebed en belofte
In vers 7 word 'n ongelooflike belofte gemaak. Diegene wat in Christus en sy woorde bly, en vanuit hierdie verhouding vra om bepaalde vrug, sal ontvang wat hulle vra. Dit gaan ook vrugte wat uit die verhouding opkom, die vrug wat met dissipelskap verband hou. Ons sal ontvang, want die Vader word juis verheerlik as ons baie vrug dra en dissipels van Jesus is (vers 8). Gebed en belofte

13 God is aktief God is aktief
In ons teks ontmoet ons vir God as aktief teenwoordig in die geloofsgemeenskap. Gelowiges is mense wat ingeplant is in Christus, God werk as Landbouer om gelowiges te bly vorm sodat hulle vrug kan bly dra. Daar is ook 'n proses van afsny en wegneem. Verstommend soos dit is, is nie almal in die dissipelkring lote wat in Christus bly nie. Judas is 'n voorbeeld van iemand wat sy lewe inplant op iets anders as Christus. Sy verraad van Jesus is 'n teken dat hy nie in Jesus die Bron van ware lewe sien en uit Jesus wil leef nie. Judas se keuse teen Jesus word deur die Landbouer bevestig deur Judas weg te neem. Petrus en die ander dissipels is 'n voorbeeld van 'n loot wat met tye misluk het. Dink hoe Petrus Jesus verloën het, en hoe die dissipels Jesus in sy uur van nood verlaat het. Petrus word egter weer deur Jesus nadergetrek en heraangestel as leier in die kudde. Petrus het al vrug gedra deur bv. Jesus te bely (Joh. 6:67) en te vra om deur Jesus gewas te word (Joh. 13:37). Hy word verder reggesnoei. Hierdie proses gaan vandag steeds voort. God is ook onder ons teenwoordig en snoei ons reg sodat ons meer vrug kan dra. Christus is ook die Bron van ons lewens in die geloof, en die bron van ons identiteit. Ons word geroep om uit Christus te bly leef. Die feit dat Jesus die ware wingerdstok is, beteken dat daar baie valse wingerdstokke is. Die wêreld is vol kompetisie vir Christus. Daar is valse Christusse. Die beloftes van baie kapitaal, eiendom en besit, status en posisie, is kompetisie vir Jesus. Baie gebede om beskerming en uitkoms verklap eintlik wie ons "christus" is. Jesus was die volmaakte dissipel, want Hy het uit gemeenskap met die Vader geleef en gedoen net wat die Vader sê en vra. So moet ons ware lote wees, wat uit Christus leef en net doen wat Christus sê en vra. Dit vra lewensgemeenskap met Christus. God is aktief

14 Gebed en gehoorsaamheid
Hoe lyk hierdie lewensgemeenskap? Ons teks verwys na gebed om vrug dra en dissipelskap. Dit beteken dat ons doen wat Christus vra. Gebed is die manier hoe ons met Christus gemeenskap hou, en uit Christus lewe. Gebed is baie meer as ons klompie versoeke aan God. Dit is bly in God, gemeenskap. Gebed is ook 'n baie diep erkenning dat ons niks uit onsself kan doen nie. Ons het Christus nodig. Die Woord van God speel 'n belangrike rol in die gemeenskap met Christus. Ons word reggesnoei deur die woorde van Christus, en ons bly in die woorde van Christus. Om hierdie rede is die Bybel, die lees en die oordink daarvan met 'n biddende lewe, so belangrik vir die bly in Christus. Om saam te vat: Sonder Christus is ons tot niks in staat nie. Hy maak ons gewillig en bekwaam om sy wil te doen. Sonder Christus wag die oordeel op ons. As ons in Hom bly en sy woorde in ons, belowe Hy dat Hy ons gebede sal beantwoord. God word daardeur verheerlik dat ons vrug sal dra en sal leef soos dissipels van Christus. Die goeie werke wat ons dus doen, doen ons nie om iets te verdien nie, maar ons doen dit om God te verheerlik. Coram deo – ons leef voor die aangesig van God. Gebed en gehoorsaamheid

15 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer
Slotsang Lied 269 God bly met u waar u ook mag gaan – vervang “u” met “ons” Seën Respons Lied 269 refrein “God bly met ons, waar ons ook mag gaan”. God stuur ons om te leef

16 Volgende erediens: Johannes 15:9-17
Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk Powerpoint: Wicus Wait Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk Volgende erediens: Johannes 15:9-17

17


Κατέβασμα ppt "Johannes 15:1-8 PowerPoint agtergrond Wingerd, beskikbaar by"

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Διαφημίσεις Google