Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

In publieke gesprek oor geloof Atene – In publieke gesprek oor geloof.

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Παρουσίαση με θέμα: "In publieke gesprek oor geloof Atene – In publieke gesprek oor geloof."— Μεταγράφημα παρουσίασης:

1 In publieke gesprek oor geloof Atene – In publieke gesprek oor geloof

2 Gesprek: Waar kon jy vandag ‘n grens oorsteek?
GESPREKSRAAMWERK Ons stel voor dat jy elke erediens geleentheid gee dat mense gesels oor die grense waaroor hulle in daardie dag kon beweeg. Dit help met die inoefening van die gewoonte om oor grense te gaan. Daarom gee ons ‘n eerste gespreksraamwerk wat bedoel is om aan die begin van die erediens te gebruik. Ons gee ook telkens ‘n tweede gespreksraamwerk om ná die Woordverkondiging te gebruik. Daarmee skep ons die bewussyn dat die erediens ‘n ontmoeting met God is wat werk deur sowel ons daaglikse ervarings as in die prediking van die Woord. Dit berei die gemeente ook voor om dieselfde proses môre te volg. INLEIDING Ons leer deur ons eie stories te vertel. Blote kennis help nie regtig baie ver nie. 'n Mens moet saam met die kennis en in afhanklikheid (houding) van die Gees vaardighede aanleer, soos om te let op die mense wat oor jou pad kom. Soos jy dit inoefen en dit 'n gewoonte raak, so begin jy leer hoe dit werk om oor grense te gaan. En die wonder is dat só 'n gewoonte vir ander ook geleer kan word (oordraagbaar). VÓÓR DIE WOORDVERKONDIGING Dink eers alleen na oor jou kontak met mense vandag. Lys almal wat jy kon groet, waar jy oor ‘n grens kon gaan, waar jy ingenooi is in hulle lewe of huise of kantore, en jy die geleentheid gehad het om aan ‘n dieper verhouding te bou. Vanoggend Vanmiddag Sommige sal baie kontakte gehad het en ander minder. En dit is heeltemal OK. As jy niemand regtig kon groet nie, of daar nie grense oorgesteek is nie, dink dan oor mense wat jy graag môre sou wou groet. Dit kan iemand wees wat vreemd was of jou uit jou gemaksone uitgeneem het. Vertel vir mekaar die storie van jou ontmoeting met die persoon(e). Konsentreer veral op hoe dié ontmoeting JOU geruk of getroos of geseën het. Vertel dit asof hy/sy nou by julle is. Onthou die Seisoen van Luister se waardes van leerbaarheid, vertroue, deernis en openheid. Dink na hoe God jou voorberei het vir die ontmoeting met die persoon (oop/kwesbaar). Gee tyd vir 3 persone om met ons te deel wat gebeur het – en wat julle geleer het om saam met Jesus te stap oor grense.

3 Handelinge 17:16-34 Handelinge 17:16-34 Inleiding
In sy bekroonde boek Wie was Jesus regtig? waarsku Francois Wessels dat daar in Suid-Afrika dikwels meer met die hart as die verstand geglo word. So verplaas gelowiges dikwels die openbare gesprek wat ons geloof moet verantwoord na ‘n private innerlike ruimte. Hy noem dit ’n intellektuele emigrasie. Dit is só anders as wat ons hier van Paulus sien. Ons gaan: stilstaan by dié gedeelte en die betekenis daarvan ontsluit vir ons, en dan aan die einde ‘n paar opmerkings maak oor die redelikheid van ons geloof.

4 Paulus in Atene PAULUS IN ATENE
Paulus is in Atene waar hy wag vir Silas en Timoteus om van Berea af te kom, na daar 'n opstand rondom Paulus losgebreek het. Dit is op die tweede sendingreis, waar hulle nou weens die Gees se werking ook in Europa, Griekeland, optree. Griekeland was teen dié tyd nie meer 'n politieke mag nie, maar wel 'n kulturele en filosofiese mag. Grieks was bv. steeds die amptelike wêreldtaal. En hulle demokratiese model het tot vandag toe 'n groot invloed in die wêreld. Die Nuwe Testament is ook in koine-Grieks geskryf. Atene was destyds ’n soort wêreld op sy eie. Amper soos Londen of New York. ’n Soort kultuursentrum van tempels, teaters, markpleine – waar mense van oor die hele wêreld saamgetrek is. Amper 'n soort geestelike middelpunt vir die denkendes van daardie tyd. Atene het ’n ryke verskeidenheid, iets van die kreatiewe veelvoud van die skepping en die kultuur wat hieruit gegroei het, weerspieël. Dit was die soort plek waar die lewe nie stilstaan nie, maar waar nuwe dinge daagliks gebeur. Soos Lukas dit hier stel: "Die Ateners in die algemeen en die uitlanders wat daar gewoon het, het hulle tyd aan niks anders bestee as om iets nuut te sê of te hoor nie."

5 Paulus se strategie Paulus se strategie
Paulus raak verontwaardig (sy gees roer in hom) weens die baie afgodsbeelde in die stad. Maar let op dat hy nie sy verontwaardiging uitspreek en op ander mense aflaai nie. Nee, hy begin waar hulle is, en hak mettertyd die evangelie daaraan. Sy strategie is om eerstens in die sinagoge met die Jode en ander godvresendes te begin praat (διαλέγομαι – publieke optredes) en tweedens dieselfde te doen met die verbygangers op die stadsplein. Dit is 'n goeie voorbeeld van Godsvallige ontmoetings – παρατυγχάνω – op die pottebakkersmark, die kerameikos, wat weens die baie afgodsbeelde ook die godemark genoem is. Aan die westekant was die Stoa Poikile, ’n pilaargang wat met bont kleure geverf was, waar die wysgere en redenaars, die retore, bymekaargekom het. Hy kryt nie alles as boos uit nie, en hy begin nie om die afgodsbeelde en altare af te breek nie of geestelike oorlogvoering op die manier wat dit soms vandag gedoen word nie. Hy begin eerder 'n gesprek daaroor!

6 Filosowe DIE FILOSOWE BEGIN MET HOM PRAAT
Dan begin 'n klomp filosowe met hom in gesprek tree (συμβάλλω – eintlik 'n strydgesprek), veral Epikureërs en Stoïsyne, Lukas sê hulle het met hom gestry en hom 'n praatjiesmaker genoem. Die woord kom van 'n beskrywing van 'n voël wat saadjies oppik, en wat ook gebruik is om mense wat stukkies kennis hier en daar oppik te beskryf. Sommige het hom 'n boodskapper van vreemde gode genoem, omdat hy van “Jesus en die opstanding” gepraat het. Leringe oor vreemde gode kon terloops met die dood gestraf word. Die woord vir opstanding, Anastasis, kon vir hulle geklink het soos die naam van 'n godin, en vandaar die idee van vreemde gode. Epikureërs (Epikuris – 3de eeu v.C.) was baie materialisties en praktiese ateïste – nie gedink dit is belangrik of nodig om God te soek nie. Geluk en plesier was die enigste lewenstyl wat sin gemaak het. Hulle het geglo dat die grootste goed was om eenvoudige plesier na te streef en pyn te vermy. Lewensgenot was die hoogste goed. Dit kon jy kry deur kennis, vriendskap en matigheid. Dit staan teenoor die radikaliteit van die offervaardigheid van Christus en die lewe van gehoorsaamheid aan God in dissipelskap. Epikurus het daarby geleer dat die hele wêreld bestaan uit atome en alles ontstaan het uit die toevallige bymekaar kom van die atome. Klink dit nie verdag baie soos die modernistiese idee van die toevallige evolusie van alles uit 'n oersop van materie nie? Voeg daarby hulle idee dat God de facto nie kan bestaan nie, veral vanuit die voorkoms van lyding in die wêreld, en dit is nie moeilik om die vertrekpunt van baie van vandag se moderniste se filosofiese idees oor God se nie-bestaan by hulle te vind nie. Die Stoïsyne weer was panteïste wat geleer het dat die goddelike logos, die goddelike rede, die hele wêreld besiel en dat 'n redelike en deugdelike lewenstyl die meeste sin maak. Dit is gebaseer op die idees van Zeno (ook 3de eeu v.C.) wat klem gelê het op self-beheersing en die regte gedrag ten spyte van impulse van buite af of selfs emosies van binne af. Innerlike onverstoorbaarheid en uiterlike gedissiplineerde optrede. Die gode was onpersoonlik en 'n soort noodlot waarin jy moes berus. Na jou dood keer jy terug na die kosmiese siel.

7 Areopagus DIE AREOPAGUS WIL HOM HOOR
Hulle neem hom toe na die Areopagus waar hulle hom kans gee om beter te verduidelik wat hy bedoel met die nuwe leringe, want dit het vir hulle baie vreemd voorgekom. Die Areopagus is vernoem na Ares, die god van oorlog, ook Mars genoem. Aanvanklik was dit op 'n heuwel wes van die Akropolis, soms ook Mars heuwel genoem, maar met tyd het die Areopagus na 'n saal in Atene geskuif waar uitsluitsel oor allerlei gegee is, ook oor sulke goed soos nuwe leringe. Lukas onderbreek sy storie om net te sê dat die Ateners en ander uitlanders wat daar gewoon het, eintlik niks anders gedoen het as om iets nuuts te sê of na te luister nie. Paulus praat (φημί) dan met die Ateners en hak aan by hulle godsdienstigheid (hy kon ook bedoel het, bygelowig) en lig spesifiek die agnostici uit – die mense wat 'n altaar gebou het vir die onbekende god (ἄγνωστος θεός).

8 Paulus se toespraak PAULUS SE TOESPRAAK
Dié God verkondig hy dan aan hulle (en let op hy praat glad nie oor die Joodse geskiedenis nie, want dit sou nie relevant wees nie). Hy begin met dít wat hulle in gemeen het in hulle denke oor God en vorder dan na die boodskap van die opstanding. Hy skets God: as die Skepper, en hy doen dit uitvoerig met verwysing na die kosmos, die hemel en die aarde, en die skepping van mense. Daarna skets hy God as die God van die Geskiedenis wat die nasies en hulle wel en wee bepaal. Interessant is dat hy nie hiermee eintlik die bestaan van die verskillende nasies en hulle grense in beton wil giet nie (soos dit verkeerdelik soms in die verlede verstaan is), maar dat hy eintlik wil wys hoe dit een God is wat die verskillende nasies tot gevolg het, en dat daar nie verskillende gode vir die verskillende nasies bestaan nie, 'n baie algemene geloof in daardie tyd. Daarna gee hy vir hulle 'n antropologiese les. Hy sê dat God die mens gemaak het met 'n ingebore behoefte na Homself (iets wat Augustinus later ook sou sê). “God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind.” En dan gee hy 'n skets van God se teenwoordigheid, wat nie ver is van enigeen van ons nie. Om die waarheid te sê, “deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons” en “van Hom stam ons af”. Hy gebruik hier twee aanhalings van hulle digters om die punt te maak dat ons in ons wese aan Hom verbind is en van Hom afhanklik is. Die eerste frase "deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons" kom waarskynlik van Epimenides. Hoewel Epimenides begin by die lewende mens en van hieruit argumenteer tot by ’n lewende God, en die lering van Jesus eintlik presies die teenoorgestelde is (vgl. bv. Luk 20:37 e.v.), gebruik Paulus dit net as 'n aanknopingspunt. Die tweede aanhaling, naamlik "ons stam van Hom ook af" is van beide Kleantes en Aratus. In hulle gebruik daarvan, is die lof van Zeus besing, maar weereens is dit net 'n aanknopingspunt vir Paulus. En hy sluit met 'n afwysing van afgodsbeelde as 'n toegang tot God en 'n oproep tot bekering wat hy koppel aan die opstanding van Jesus. Bruce wys daarop dat hy baie behendig die Epikureërs se leer dat God niks van die mens nodig het en daarom nie deur mense gedien kan word nie, asook die Stoïsyne se geloof dat God die bron van alle lewe is, kombineer. Paulus praat dus met ’n soort retoriese tegniek wat hom soveel moontlik gemene grond met sy gehoor gee. Die reaksie. Die meeste lag hom uit. Ander wil verder hoor. En net 'n paar mense, onder andere Dionisius, 'n lid van die Areopagus, en 'n vrou Damaris, en 'n paar ander kom tot bekering, of soos Lukas dit stel, word gelowig. Dionisius was moontlik later die biskop van Atene.

9 Geloof is publiek PREEKRIGLYN
Die prediker kan uit die voorafgaande materiaal ‘n seleksie van gegewens as inleiding, wat die aandag op die “plot” van die teks fokus, gebruik. As toepassing word twee aspekte beklemtoon: 1. GELOOF IS ‘N PUBLIEKE SAAK In die Westerse kultuur word daar ‘n sterk onderskeid gemaak tussen ons publieke lewe, en ons private lewe. Daar word dan gesê dat godsdiens te doen het met ons private lewe, maar dat die openbare lewe vry gehou moet word van godsdienstige oortuigings. Godsdiens het nie ‘n plek in die markplein, in die opvoedkundige kurrikulum, of in die politieke lewe nie. Vir die Bybel is godsdiens ‘n publieke saak, en het geloof alles te doen met die markplein, of – in hierdie geval – met die sentrum van geleerdheid, die Areopagus. Paulus deins nie daarvoor terug om sy geloof in die publiek te verantwoord nie. Gemeentes en gelowiges moet op kreatiewe maniere daarna soek om ons geloof publiek uit te leef. In hierdie gedeelte doen Paulus dit deur ‘n uitnodigende publiek verantwoording van sy geloof te doen. Let op hoe respekvol hy dit doen, sonder om ander se oortuigings af te kraak, of as foutief of tweederangs te etiketteer. Baie moderne Christene het ‘n les om by Paulus te leer. Moderne voorbeelde van publieke verantwoording kan getuienis by werkplekke, pastorale ondersteuning van mede-mense in krisisse, of enige gesprek oor geloof in watter konteks ook al wees.

10 Teenwoordigheid Naas publieke verantwoording, kan gelowiges ook nog die volgende geleenthede benut: “Daar wees vir” mense in nood en ondersteuning lewer. Hier val die aksent nie op woorde en logika nie, maar ‘n bediening van teenwoordigheid. Opregte belangstelling in mense se wel en weë, meelewende vreugde wanneer hulle hoogtepunte lewe, ‘n presensie handhaaf in krisisse, is nog voorbeelde. Die krag van ‘n luisterende, meelewende “daar wees vir” mede-mense is oneindig. Mens moet ook die reg verdien om gehoor te word. Woorde as invalshoek is daarom dikwels nie so effektief nie. “Daar wees vir” ken geen van hierdie beperkinge nie.

11 Doen ‘n Teologie van “doen” eerder as dialoog of verantwoording. Steve Sjogren vertel hoedat jongmense as uitdrukking van hulle liefde vir Christus by winkelsentrums bejaardes se voedseltrollies tussen die winkel en hul motor stoot. By die motor aangekom sê die jongmense bloot hulle help omdat hulle die Here liefhet. Hulle aanvaar dan geen monetêre vergoeding nie, en groet vriendelik. Of jongmense was motors op publieke plekke gratis, en sê hulle doen dit uit liefde en waardering teenoor die Here. Geen vergoeding, weer eens, is ter sprake nie. Sjogren vertel dan hoedat mense dikwels sê: “Maar is julle dan van daardie soort Christene wat regtig in die Here glo?” Talle lewens word so aangeraak. Die belangrike punt is om diens nie as skuiwergat vir woorde te gebruik nie, maar as ‘n betekenisvolle publieke dade opsigself te sien. Twee vrae: 1. Wat is daar wat ons gemeente kan doen – en ons as gelowiges kan doen – om ‘n bediening van presensie en daad prakties uit te voer – oral waar ons gaan? 2. Hoe kan ons medegelowiges, wat in beroepe staan waar diens en presensie teenoor mense in krisisse so wesenlik is, bystaan om ‘n kragtige bediening in Jesus se Naam te hê? Dink hier aan polisiebeamptes, mediese personeel, brandweermanne, verkeersbeamptes (ja!), om net ‘n paar te noem. Dan is daar diegene wat in publieke ruimtes werk, soos onderwysers. Hoe gaan ons hulle ondersteun en bemagtig om presensie- en daadgetuies vir Jesus te wees? Wat kan ons in ons eredienste doen om hulle te ondersteun en bemagtig? Watter aksies moet ons loods? Toerusting moet ons in plek kry? Watter gebede moet ons bid?

12 Redelike geloof 2. GELOOF IS REDELIK
Die stryd tussen die rede en geloof is so oud soos die mens. Een van die besware teen geloof is dat sommige geleerdes beswaar maak dat wat geglo word nie empiries bewys kan word nie. Dit is so – en ons moet dit erken. Maar dit is ook waar van baie ander dinge. Die aannames waarop eksperimente berus, kan nie altyd self bewys word nie. Maar dit maak nie noodwendig die aannames onredelik nie. Alle mense het immers 'n hele klomp aannames (beliefs) wat nie noodwendig bewys kan word nie. Maar dit bly steeds redelik om so te glo. Dit is byvoorbeeld redelik vir my om te glo dat jou meisie of jou man vir jou lief is, omdat ek kan sien dat jy vir haar of hom belangrik is, dat jou geselskap geniet word, of dat hy op die hande gedra word. Maar dit is net bewyse as ek met die aanname werk dat dit bewyse van die liefde is. En ek hoef nie self vir haar of vir hom lief te wees om dit te glo nie of om die bewyse as getuienis te aanvaar nie. Die koffie in die bed en die ete by ‘n restaurant kan mos nie op 'n balansstaat opgetel word om te bewys dat die liefde eg of waar is nie. Ek hoef dus nie my liefde eksperimenteel en wetenskaplik te bewys voor ek of ander dit kan of mag glo nie. Dit moet net redelik wees. Bewyse van ‘n wetenskaplike eksperiment, bv. wat die eienskappe van ‘n ligstraal is, berus in elk geval op een of ander aanname. In die geval van ‘n ligstraal, bewys sommige eksperimente dat dit ‘n golf is, as jy met die aanname werk van wat ‘n golf is (dit het bv. ‘n frekwensie). Maar as jou aanname is dat jy dink dat dit materie is, dan gaan die eksperimente dit ook bewys (dit het bv. massa). Eintlik is die twee aannames uitsluitend, maar albei bewysbaar, en albei redelik. Dit beteken dat alle feite altyd afhanklik is van een of ander verstaansraamwerk. Daar is nie iets soos naakte of blote feite nie. Dit word altyd geïnterpreteer en dan aan die toets van redelikheid onderwerp. Jy kan nie ‘n onafhanklike waarnemer word van jou eie waarnemings nie! Neem bv. die aanname dat alles wat ons vandag sien, die gevolg is van natuurlike seleksie. As jy met hierdie aanname werk, dan maak dit sin. Wat jy waarneem, sal vir jou as bewyse daarvan dien. Sterker diere oorleef makliker as swakker diere, en as iets gebeur in die omgewing wat ‘n dier met ‘n spesifieke eienskap bevoordeel, dan oorleef dié spesie. Maar as jy die aanname van natuurlike seleksie as verklaring vir jou waarneming laat vaar, dan word die oorlewing en uitsterwe van sekere diersoorte absurd en moet jy ander verklarings kry. Die waarneming is net bewyse as jy met ‘n spesifieke aanname werk, anders nie. En, let op, ek maak nie nou ‘n uitspraak of dit waar is of nie, net of dit redelik is of nie, en volgens die aanname, lyk dit vir my wat ‘n leek is, na ‘n redelike geloof. En dit is diesélfde tipe redelike geloof wat ons bely as ons sê dat ons in Jesus Christus glo wat gebore is, gekruisig is, opgestaan het uit die dode, opgevaar het na die hemel, en sy Gees op ons uitgestort het. Ons kan met baie redelikheid die hele storie vertel, ons kan na ‘n verskeidenheid bronne gaan om dit te verduidelik, ons kan die ontwikkeling van die Christelike geloof verduidelik, ons kan ons eie geloofstorie vertel, en dit alles gebruik om te wys dat sin maak en redelik is. Ons kan selfs die gevolge van ons geloof verduidelik en aantoon wat nog meer gewig gee aan die redelikheid daarvan. En dit maak mos sin. Ons aanname is dat God daar is en dat dit daarom redelik is om in Hom te glo. Hebreërs sê mos: “Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.” (11:6) En ons kan met oortuiging dit verkondig, sonder dat ons eers iets onafhankliks daarvan hoef te bewys of nie. Ons dink bv. oor God dat Hy die antwoord is op die vraag waarom daar iets is, eerder as niks nie. Dit is redelik, al kan ‘n mens dit nie bewys nie. Die wetenskap kan nog minder oor die bestaan van die heelal bewys. Selfs met al die teorieë oor die Big Bang, of oor die Big Crunch, want sommige is mos bang die heelal stort op homself in, kan wetenskaplikes steeds nie ‘n antwoord gee, wat empiries bewysbaar is, hoekom daar iets is eerder as niets nie. Geleerdes wat hieroor skryf, sê die wetenskaplikes gaan gewoonlik nie ver genoeg terug in hulle ondersoeke en eksperimente nie (Eagleton). En dan neem hulle nog in die laaste instansie hulle toevlug tot ‘n onsinnige geloof, toeval. Dit is baie meer redelik om te aanvaar dat God gesorg het dat daar iets is eerder as niets, bv. deur te kyk na die ordelikheid daarvan, die skoonheid daarvan, die samehang daarvan, die wye voorkoms van die geloof daarin ens, as om te dink dat dit toevallig gebeur het. Toeval is ‘n dwase geloof. Maar, onthou, jy kan altyd net jou geloof op die tafel sit, en dit op ‘n redelike manier, sodat ander kan beoordeel of dit sin maak of nie. Om die waarheid te sê, die Here verwag van ons dat ons juis dit sal doen (1 Pet 3:15-16 – “Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe … Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God!”.) En die redes wat jy gee vir jou geloof, sal natuurlikerwys uit jou geloof in God voortspruit – want dit is jou aanname, dat Hy bestaan – net soos enige ander persoon redes sal gee vir sy geloof wat uit sy geloof sal spruit! Jou redes is nie onafhanklik van jou geloof nie, dit kom daaruit voort en gee vleis daaraan (Lees gerus wat Stanley Fish – New York Times – hier sê op sy blog: Die ateïste is verbasend onontwikkeld op hierdie vlak, want die enigste en beste wat hulle mee vorendag kan kom, is, dit was toevallig. Maar dit is nou soos die ou tannie wat ‘n versekeringseis ingedien het, omdat ‘n boom toevallig voor haar ingeswaai het in die pad. Nie redelik nie!

13 Uitdaging Uitdaging Ek daag jou dus uit: Raak betrokke in gesprekke waar jou geloof uitgedaag word. Moenie bang wees daarvoor nie. Wees net redelik, fokus op die betekenis daarvan vir jou en maak dit ‘n oop gesprek. En onthou om ook te luister, want dit moet ‘n ware gesprek wees!

14 Refleksie Refleksie Dink nou weer na oor die persoon(e) wat jy vandag kon groet. Wat dink jy is God besig om deur die persoon(e) met jou te laat gebeur? Wat wil jy bevestig by dié mense? Wat moet in jou verander? Wat is jy besig om te leer wat jy beter sou wou doen? Na wie toe stuur die Here jou weer terug? Deel kortliks met mekaar.

15 Die vrou by die put (deelnemersgids) - Chris van Wyk e.a
( Bybel-Media ) Prys: R25.00 (14 % BTW ingesluit) - koop aanlyn Subtitel: Stap saam met Jesus oor grense – ’n Studie oor die Samaritaanse vrou Opsomming van inhoud: Die skrywers van Die vrou by die put gebruik die verhaal wat in Johannes 4 opgeteken is – Jesus en die Samaritaanse vrou – as vertrekpunt om te sê: God het ons gemaak met die behoefte om in gemeenskap met mekaar te wees. God het ons geroep om vir ander te leef, maar dit beteken om waarlik by hulle teenwoordig te wees. En om waarlik by hulle teenwoordig te wees moet ons grense na hulle toe oorsteek. En dit is presies waarmee hierdie boek gelowiges help. Die vrou by die put is deel van die Groei oor grense-program, wat deel vorm van die Seisoen van Luister, en is spesiaal ontwerp vir groepe. Dit bestaan uit ’n leiersgids en ’n deelnemersgids. Die drie hoofstukke van die deelnemersgids bied aan die groepe: Hoofstuk 1 Agtergrondinligting oor die Luistersiklus en die Groei oor grense-program Waardes wat deur hierdie studie gevestig wil word Die metodiek van die ses studies Hoofstuk 2 Ses studies oor die ontmoeting tussen Jesus en die Samaritaanse vrou by die put, wat gelowiges uitdaag om grense na ander oor te steek, nuwe verhoudings te bou en só ware omgee en gemeenskap te beleef Hoofstuk 3 Agtergrondinligting oor die Seisoen van Luister Praktiese hulpmiddels, soos ander boeke, CD’s en DVD’s, wat saam met hierdie studie gebruik kan word Die bibliografie is redelik omvattend ter wille van dié wat dieper wil delf in al die onderwerpe en insigte wat in die boek aangeraak word. Die vrou by die put is ’n uitdagende boek wat gelowiges in beweging sal bring om dit te waag om te groei oor alle grense heen wat ons inperk om God se stem te hoor. Skrywers: Chris van Wyk, Frederick Marais, Nico Simpson Die vrou by die put (leiersgids) - Chris van Wyk e.a Prys: R (14 % BTW ingesluit) - koop aanlyn Opsomming van inhoud: Die skrywers van Die vrou by die put gebruik die verhaal wat in Johannes 4 opgeteken is – Jesus en die Samaritaanse vrou – as vertrekpunt om te sê: God het ons gemaak met die behoefte om in gemeenskap met mekaar te wees. God het ons geroep om vir ander te leef, maar dit beteken om waarlik by hulle teenwoordig te wees. En om waarlik by hulle teenwoordig te wees moet ons grense na hulle toe oorsteek. En dit is presies waarmee hierdie boek gelowiges help. Die vrou by die put is deel van die Groei oor grense-program, wat deel vorm van die Seisoen van Luister, en is spesiaal ontwerp vir groepe. Dit bestaan uit ’n leiersgids en ’n deelnemersgids. Die vyf hoofstukke van die leiersgids bied aan die leiers van groepe die volgende: Hoofstuk 1 Agtergrondinligting oor die Luistersiklus en die Groei oor grense-program Riglyne vir die groepleier Hoofstuk 2 Ses studies oor die ontmoeting tussen Jesus en die Samaritaanse vrou by die put, wat gelowiges uitdaag om grense na ander oor te steek, nuwe verhoudings te bou en só ware omgee en gemeenskap te beleef Hoofstuk 3 Agtergrondinligting oor die Seisoen van Luister Hoofstuk 4 Praktiese riglyne wat spesifiek vir hierdie Groei oor grense-reis ontwikkel is en veral op luistervaardighede fokus Hoofstuk 5 Teologiese nadenke oor ’n paar aspekte van die Seisoen van Luister en die teologiese raamwerk wat daaruit ontwikkel Bykomende hulpmiddels vir die groepleier Die bibliografie is redelik omvattend ter wille van dié wat dieper wil delf in al die onderwerpe en insigte wat in dié boek aangeraak word. Die vrou by die put is ’n uitdagende boek wat gelowiges in beweging sal bring om dit te waag om te groei oor alle grense heen wat ons inperk om God se stem te hoor. Skrywers: Chris van Wyk, Frederick Marais, Nico Simpson


Κατέβασμα ppt "In publieke gesprek oor geloof Atene – In publieke gesprek oor geloof."

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Διαφημίσεις Google