Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Sintaksis Posisie van die werkwoord Woordsoorte

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Παρουσίαση με θέμα: "Sintaksis Posisie van die werkwoord Woordsoorte"— Μεταγράφημα παρουσίασης:

1 Sintaksis Posisie van die werkwoord Woordsoorte
Jako Olivier - Jako Olivier (2016)

2 Lesuitkomste Aan die einde van die leergedeelte moet jy in staat wees om: te beskryf waaroor sintaksis handel; die posisie van die werkwoord in Afrikaans te bepaal en woordsoorte in ’n sin te kan identifiseer.

3 Kortliks: die bestudering van sinne
Sintaksis Kortliks: die bestudering van sinne Die naam kom van die Griekse verbindings van σύν (sin) wat “saam” beteken en τάξις (táxis) wat “rangskikking” beteken.

4 Sintaksis Du Plessis (1982:11) noem dat die sintaksis van ’n bepaalde taal gaan oor die onderlinge verhouding tussen woorde in sinne. Met ander woorde: hoe word woorde binne sinsverband bymekaar gesit om sinne te vorm?

5 Posisie van die werkwoord
Die basiese of neutrale patroon sinsvolgorde in Afrikaans is ook: S + V + Res Subjek + Werkwoord + Res (objek en/of bepalings)

6 Posisie van die werkwoord
In ’n hoofsin staan die werkwoord in die tweede sinsposisie: Sy skryf ’n boek. Sodra ’n hulpwerkwoord bygevoeg word skuif die werkwoord na die sin se einde. Sy sal ’n boek skryf. [Hulpww. van tyd] Sy het ’n boek geskryf. [Hulpww. van tyd] Sy begin ’n boek skryf. [Skakelww.] Sy moet ’n boek skryf. [Modale hulpww.]

7 Posisie van die werkwoord
Hierdie werkwoord in die tweede posisie (hetsy hoofwerkwoord of hulpwerkwoord) word ook die spilwerkwoord genoem. Om te toets wat die spilwerkwoord is kan die sin as ’n vraag geskryf word. Die eerste woord van die vraagsin is die spilwerkwoord.

8 Woordsoorte

9 Woordsoorte Selfstandige naamwoord (s.nw.) [name van dinge] (aansyn)
Eienaam [dui ’n saak aan] {Jan, Potchefstroom, Afrikaans} Soortnaam [voorwerpe wat tot 'n klas behoort] {hond} Massanaam [iets ontelbaar] {nuus, kos} Maatnaam [inhoudsmaat] {sak, koppie, glas} Versamelnaam [groep soortname] {swerm, trop} Abstrakte s.nw. [iets onsienbaar; kan lidwoord neem] {liefde}

10 Woordsoorte Werkwoord (ww.) [handeling - dinamies /
toestand - staties] (proses) Hoofwerkwoord Oorganklik [werkwoord bind met voorwerp] {Die man skop die bal.} Onoorganklik [werkwoord bind nie met voorwerp nie] {Die man skop lekker.} Koppelwerkwoord [koppel onderwerp aan kenmerk] {is, was, word, bly, gaan, heet, klink, kom, lyk, raak, smaak, voel, voorkom: Die werk is moeilik.} Medewerkwoord Hulpwerkwoord Modale [druk moontlikheid of wenslikheid uit] {is, sal, moet, kan, wil, behoort, hoef, mag: Die werk moet gedoen word.} Tyd [tydsaanduiding] {het - gehad, had, was: ek het die werk gedoen} Skakelwerkwoord {sal, laat, begin, aanhou, bly, kom, loop, help, leer - "Hy laat hulle sing." / "Sy sal kom."}

11 Woordsoorte Voornaam-woord (vnw.) [korter verwysing na s.nw.]
Nie-bepaald Onbepaald {iets, iemand, niks, baie} Vraend [in vraagsinne] {wie, wat, watter, wanneer, hoe, hoekom} Bepaald Persoonlik Selfstandig {ek, jy, hy, sy, dit} Besitlik Attributief {my, jou, sy, haar, ons: dit is ons boek} Predikatief {myne, joune, syne, hare, ons s’n: die boek is ons s’n} Wederkerige {mekaar: ons ontmoet mekaar by...} Wederkerende [onderwerp en voorwerp verwys na dieselfde persoon] {my, jou, haar, hom: sy sien haarself; ek skaam my} Aanwysend [vestig aandag op persoon/saak] {hierdie, daardie, dit} Betreklik [het betrekking op iets/iemand] {dié, wie, wat, waarvan, waaroor}

12 Woordsoorte Byvoeglike naamwoord (b.nw.) [bepaler van s.nw.] {mooi}
Attributief [voor s.nw.] {die mooi boek...} Predikatief [na s.nw.] {die boek is vervelig...} Bywoord (bw.) [bepaler van ww., bw. en b.nw.] {...sy oefen hard...} Lidwoord (lw.) [verleen bepaaldheid of onbepaaldheid aan 'n s.nw.] Onbepaalde lidwoord {’n} Bepaalde lidwoord {die}

13 Woordsoorte Tussenwerpsel (tw.) [uitroep] {eina! sjoe! hoera! regtig! ag!} Voorsetsel (voors.) [dui verhouding aan] {in, op, by, om, deur} Voegwoord (voegw.) [verbind woorde en sinne] {...die man en die hond...} Telwoord (telw.) [getalle of rangetalle] Hooftelwoord Bepaald {een, twee, drie, twintig, honderd} Onbepaald {baie, min, heelwat, weinig, verskeie} Rangtelwoord Bepaald {eerste, tweede, derde, twintigste, honderdste} Onbepaald {laaste, middelste, soveelste}


Κατέβασμα ppt "Sintaksis Posisie van die werkwoord Woordsoorte"

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Διαφημίσεις Google