Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Openbaring 22:2-21 Oorsig Die Sondag staan bekend as Exuadi wat beteken “luister” na aanleiding van Psalm 27:7 en 9 “Luister tog na my, Here, as ek roep.

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Παρουσίαση με θέμα: "Openbaring 22:2-21 Oorsig Die Sondag staan bekend as Exuadi wat beteken “luister” na aanleiding van Psalm 27:7 en 9 “Luister tog na my, Here, as ek roep."— Μεταγράφημα παρουσίασης:

1 Openbaring 22:2-21 Oorsig Die Sondag staan bekend as Exuadi wat beteken “luister” na aanleiding van Psalm 27:7 en 9 “Luister tog na my, Here, as ek roep . . .” Die konneksie met die naam van die Sondag en die tekste vir jaar C is egter dun. Ander tekste Handelinge 16:16-34 In die tronk in Filippi 16Terwyl ons eendag na die bidplek toe op pad was, het ons ’n slavin teëgekom in wie daar ’n waarsêersgees was. Deur waarsêery het sy vir haar eienaars baie geld verdien. 17Sy het agter Paulus en ons aangeloop en aanhoudend geskreeu: “Hierdie mense is dienaars van God, die Allerhoogste! Hulle vertel vir julle hoe julle gered kan word.” 18Sy het dit baie dae na mekaar gedoen totdat Paulus dit nie langer kon hou nie. Hy het omgedraai en vir die gees gesê: “Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus: Gaan uit haar uit!” Die gees het op daardie selfde oomblik uit haar uitgegaan. 19Toe haar eienaars sien dat sy nie meer geld vir hulle kan inbring nie, het hulle vir Paulus en Silas gegryp en hulle na die owerheid toe op die stadsplein gesleep. 20Hulle het hulle voor die stadsbestuur gebring en gesê: “Hierdie mense is Jode wat moeilikheid maak in ons stad. 21Hulle wil vir ons gebruike leer wat ons as Romeine nie kan aanvaar of navolg nie.” 22Die skare het ook teen hulle gekant geraak. Die stadsbestuur het toe hulle klere van hulle laat afskeur en beveel dat hulle lyfstraf moet kry. 23Nadat hulle baie geslaan is, is hulle in die tronk gegooi, en die bewaarder het opdrag gekry om hulle streng te bewaak. 24Op hierdie bevel het hy hulle in die binneste sel opgesluit en hulle voete in die houtblok vasgeklem. 25Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister. 26Skielik kom daar ’n groot aardbewing wat die fondamente van die tronk geskud het. Al die deure van die tronk het onmiddellik oopgegaan, en al die gevangenes se boeie het losgeraak. 27Die bewaarder het wakker geskrik, en toe hy die deure van die tronk sien oopstaan, het hy sy swaard uitgetrek om homself om die lewe te bring, want hy het gedink die gevangenes het ontsnap. 28Maar Paulus het baie hard vir hom geskreeu: “Moenie jouself doodmaak nie! Ons is nog almal hier.” 29Toe het die bewaarder ’n lig gevra, die sel ingestorm en bewend voor Paulus en Silas neergeval. 30Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” 31Hulle antwoord hom: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.” 32Hulle het toe die woord van die Here aan hom en aan al die mense in sy huis verkondig. 33Op daardie uur van die nag het hy vir Paulus en Silas geneem en hulle wonde gewas. Hy en al sy mense is daar en dan gedoop. 34Toe bring hy hulle na sy huis toe en sit vir hulle ’n ete voor. Hy en sy hele huisgesin was vol blydskap omdat hulle nou in God geglo het. 35Die volgende môre het die stadsbestuur polisie gestuur met die boodskap: “Laat daardie mense los.” 36Die bewaarder het toe die boodskap aan Paulus oorgedra en gesê: “Die stadsbestuur het laat weet dat julle losgelaat moet word. Julle kan nou gaan, en voorspoed op julle reis!” 37Maar Paulus sê vir die polisie: “Ons is sonder verhoor in die openbaar geslaan en in die tronk gestop, ons wat Romeinse burgers is. En nou wil hulle ons stilletjies hier wegkry. O nee! Laat hulle self kom en ons uitlei.” 38Die polisie het dit toe vir die stadsbestuur gaan vertel. Dié het groot geskrik toe hulle hoor dit is Romeinse burgers. 39Hulle het gegaan en om verskoning gevra, hulle uit die tronk uitgelei en hulle versoek om die stad te verlaat. 40Nadat hulle uit die tronk gekom het, is hulle na Lidia se huis toe, waar hulle die gelowiges gesien en bemoedig het. Daarna het Paulus-hulle vertrek.  Psalm 97 Vir die regverdiges het daar lig gekom 97 Die Here regeer, die aarde moet juig, al die baie eilande moet bly wees! 2Die Here is omgewe van donker wolke; sy troon is gebou op reg en geregtigheid. 3’n Vuur trek voor Hom uit en verteer sy vyande aan alle kante. 4Sy weerligstrale verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe. 5Berge smelt soos was voor die Here, voor die Here van die aarde. 6Die hemel getuig dat Hy regverdig is en al die volke sien sy magtige verskyning. 7Almal wat beelde dien, wat nikswerd afgode vereer, word ontnugter, want al hulle gode moet voor die Here buig. 8Sion is bly, die stede van Juda juig wanneer hulle hoor wat U as regter gedoen het, Here. 9U, Here, is die Allerhoogste oor die hele aarde, hoog verhewe bo alle gode. 10Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars, Hy red hulle uit die greep van die goddelose. 11Vir die regverdiges het daar lig gekom, blydskap vir die opregtes. 12Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam. Johannes 17:20-26 20“Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. 21Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. 22Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is: 23Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet. 24“Vader, Ek wil graag hê dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook by My moet wees, sodat hulle my heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het omdat U My al voor die skepping van die wêreld liefgehad het. 25“Regverdige Vader, die wêreld ken U nie, maar Ek ken U, en hulle hier weet dat U My gestuur het. 26Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.” Fokusteks: Openbaring 22:12-14,16-17, 20-21 22 Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. 2Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies. 3Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. 4Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. 5Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van ’n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer. Die wederkoms van Jesus 6Toe sê die engel vir my: “Hierdie woorde is betroubaar en waar. Die Here God, wat sy Gees aan die profete gee, het sy engel gestuur om vir sy dienaars te wys wat binnekort moet gebeur.” 7Jesus sê toe: “Kyk, Ek kom gou! Geseënd is elkeen wat die woorde van hierdie profetiese boek ter harte neem.” 8Dit is ek, Johannes, wat dit alles gehoor en gesien het. Toe ek dit gehoor en gesien het, het ek voor die voete van die engel wat dit alles vir my gewys het, op my knieë neergeval om hom te aanbid. 9“Pas op, moenie!” sê hy toe vir my. “Ek is ’n mededienaar van jou en van jou medegelowiges, die profete en dié wat die woorde van hierdie boek ter harte neem. Aanbid God!” 10Verder sê hy vir my: “Moenie die woorde van hierdie profetiese boek geheim hou nie, want die eindtyd is naby. 11Wie kwaad doen, moet voortgaan om kwaad te doen, en wie vuil is, moet vuil bly; maar wie doen wat reg is, moet voortgaan om reg te doen, en wie heilig is, moet heilig bly.” 12Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. 13Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. 14“Geseënd is dié wat hulle klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan. 15Buitekant is die dwaalleraars, die bedrieërs en die onsedelikes, die moordenaars en die afgodsdienaars en almal wat valsheid liefhet en doen. 16“Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel, dit is, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder Môrester.” 17Die Gees en die bruid sê: “Kom!” En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!” En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet! 18Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is; 19en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is. 20Hy wat dit alles getuig, sê: “Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus! 21Die genade van die Here Jesus sal by almal wees. Vorige riglyne Daar is een vorige riglyn by seisoenvanluister.co.za: Powerpoint (550 KB) - Word (57 KB) 7de Sondag van Paastyd - 20 Mei 2007 Daar is ook twee vorige riglyne by leesrooster.co.za Openbaring 22_12-21.doc Openbaring 22_6-21.htm Eksegetiese opmerkings Bybel-Media se Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar bied uitstekende agtergrond oor teks en konteks. Bestel by In onderstaande preekskets word prof Jan A du Rand se boek, Die A-Z van Openbaring, uitgegee deur CUM (2007) deurgaans as ondersteunende bron gebruik. PowerPoint agtergrond Die foto van ‘n pa en dogter wat vir mekaar ‘n drukkie gee, is deur williamhartz by flicr.com (creative commons), effens aangepas met Picasa.

2 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Daar word soms na die Sondag tussen Hemelvaart en Pinkster as die “Weeskind-Sondag” verwys, na aanleiding van Jesus se belofte aan sy dissipels dat Hy hulle nie as weeskinders sal agterlaat nie. Aansteek van die Christuskers (Iemand kan in stilte die Christuskers aansteek. Met die gemeente se eerste respons kan die voorganger die Christuskers optel, dit hoog hou, en dit daarna weer neersit. Dieselfde ritueel vind drie keer plaas, telkens tydens die gemeente se respons.) Voorganger: In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Gemeente: Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. Voorganger: In Jesus Christus het dié lig mens geword en onder ons kom woon. Hy het die gestalte van ’n slaaf aangeneem en aan mense gelyk geword. Voorganger: En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Voorganger: Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus Christus is die Here!” tot eer van God die Vader. Almal: Amen (Joh 1). Paasroep Voorganger: Gemeente, die Heer het opgestaan! Gemeente: Die Heer het waarlik opgestaan! Aanvangslied Liedboek 411 “Kom, almal, laat jul stem verrys!” Aanvangswoord Voorganger: Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en die sterkte te ontvang. Gemeente: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam behoort die lof en die eer. Voorganger: Die Lam wat geslag was, is waardig om al die eer, heerlikheid en lof te ontvang. Gemeente: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam behoort al die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid. Almal: Amen (Op 5:12, 13). Seëngroet Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, en van Jesus Christus, die geloofwaardige (uit Op 1:4, 5). (Bogenoemde uit Basisliturgie vir Paastyd in Bybelmedia se Woord en Fees: Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir ) Aanbiddingslied 167 Jesus bron van al my vreugde vs 1,2 Verootmoediging Ons kies om steeds op hierdie Sondag die opstanding van Christus te vier ahv die 3 elemente in HK Vraag en Antwoord 2. V: Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe ? G: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus, behoort. Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos. Hy bewaar my op so ’n wyse dat, sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie. Alles moet inderdaad tot my saligheid dien. Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe. V: Hoeveel dinge moet jy weet om in hierdie troos salig te kan lewe en sterwe ? G: Drie dinge: Ten eerste hoe groot my sonde en ellende is. V: Hoe groot is jou sonde en ellende? Wanneer Paulus dit aan die Efesiërs verduidelik, bewoord hy dit so: Lewe uit die dood 2 Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes 2wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is. 3So het ons trouens vroeër ook almal gelewe. Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het. Vanweë ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God gestraf moes word. (Efesiërs 2:1-3) V: Wat is die tweede ding wat jy moet weet om in hierdie troos salig te kan lewe en sterwe? G: Ten tweede hoe ek van al my sonde en ellende verlos kan word. V: En hoe word jy van hierdie sonde en ellende verlos? Wanneer Paulus dit aan die Korinthiërs verduidelik, bewoord hy dit so: 3Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; 4Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. 20 Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. 21Aangesien die dood deur ’n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur ’n mens gekom. 22Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. 2 26Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 28Wanneer alles dan aan die Seun onderwerp is, sal Hy Hom ook self onderwerp aan die Vader wat alles aan Hom onderwerp het. So sal God alles wees vir alles. (Uit 1 Korinthiërs 15) V: Wat is die derde ding wat jy moet weet om in hierdie troos salig te kan lewe en sterwe? G: Ten derde hoe ek God vir so ’n verlossing dankbaar moet wees. V: En hoe kan jy dankbaarheid aan God betoon? 22Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. 23Julle gees en gedagtes moet nuut word; 24lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig. 25Noudat julle die valsheid afgelê het, moet julle onder mekaar die waarheid praat, want ons is lede van dieselfde liggaam. 26As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ’n dag kwaad afsluit nie. 27Moenie die duiwel vatkans gee nie. 28As iemand ’n dief is, moet hy ophou steel; hy moet deur harde werk op ’n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee. 29Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. 30En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag. 31Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. 32Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Leef dan as mense van die lig. 9Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. 10Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is, 11en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak. (Uit Efesiërs 4 en 5) Gebed Wonderlike God en Vader van ons Here Jesus Christus, uit genade het U ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ’n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir ons in bewaring gehou word. Soos U eens u volk deur die water van die Rooisee gelei het, het U ons uit die water van die dood tot nuwe lewe gewek. Eens was ons geen volk nie, maar nou is ons u volk. Help ons groei as mense van u nuwe verbond tot die volheid van lewe wat ons Verlosser ons bring. Aanvaar ons gawes en die gawe van ons lewe sodat ons altyd mag leef in die Gees wat U met Jesus Christus deel in Wie en deur Wie ons bid. Amen (Paasgebed uit: The New Handbook of the Christian Year, 1986; uit bydrae by leesrooster.co.za, 20 Mei 2007) Sing 2 Paasliedere Lied 414 Juig verlostes, juig en sing vs 1,2 Lied 417 Jesus ons eer U (opgestane Heer) vs 1,2 Liedere F21. In Die Hemel Is Die Heer (RUBRIEK: Kruisfuur – Lof / Verwondering) Teks en Musiek: Tom Hiemstra Teks: [strofes 3,4 onbekend] © MAR Gospel Music Publishers (vers 1 en 2 opgeneem op Louis Brittz se CD “Ons Koning kom weer”) LW: Ons wil graag al vier verse vir gebruik bekendstel!! In die hemel is die Heer en sy glans is soos kristal. Hy’s die Heilige van God en Hy heers oor die heelal. Refrein: Daar is mag in Sy woord! Soos die waters druis sy stem. Soos die son op die see se blou, so die rykdom van sy trou. Want aan U is die mag en die heerlikheid en krag. En aan U is die eer en die lof, want U regeer. Miljoene in gereedheid, is die eng’le om sy troon. Verbysterend sy sieraad en die weelde van sy kroon. Driemaal heilig is die Heer, Hy wat was en is en kom. Hy’s die Alfa en Omega, almagtig en verhewe. Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, die heerlikheid en lof van nou af en vir ewig. F200. Môrester (RUBRIEK: Kruisfuur – Lof) Teks en Musiek: Stass van Veuren © 2008 MAR Gospel Music Publishers 1. U is die Alfa en Omega En U is steeds die Môrester U ken my hart, U ken my lewe Kom, Vader, lei my, leer my, Wys my hoe om vir U te lewe Jesus, ek het U lief My mond wil sing omdat my hart deel in u ewige lewe U is my rots; U is die Een vir wie ek lewe F271. U Hou Die Aarde (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Lof / Geloof & Vertroue) Teks en Musiek: Willie Kamffer © Urial Publishing U hou die aarde in die holte van u hand U hou u skepping tot in ewigheid in stand Ek besing u grootheid, Heer Ek wil U vereer Ek besing u almag, Heer U alleen is waardig om te prys. U is die Alfa en Omega U is die Eerste en die Laaste U's die Begin en U's die Einde Daar is geen ander God as U nie.

3 God praat met ons en ons luister
Epiklese Skriflesing Openbaring 22:2-21 Prediking

4 Familie-oomblik Gesels oor die ontsyfering van kodes. Die konsep van Alfa en Omega kan dalk verduidelik word (foto van Wikimedia.commons). Die bybelse ensiklopedie berig hieroor soos volg: Α en Ω Alfa en Oméga. die eerste en die laaste letter v.d. Gr. Alfabet *. In die Opb. van Johannes * gebruik die verheerlikte Christus hierdie letters as selfaanduiding, Opb. 1:8; 21:6; 22:13: “Ek is die —*, die begin en die einde”. Hy dui daarmee Homself aan as die oorsprong en die einddoel van alle dinge en as die ewige. In die oud-Christelike kuns en literatuur is hierdie lettersimbool gebruik. Jy kan ook kies om in te zoom op ‘n spesifieke aspek van die teks en preek. Hierdie is die eerste Sondag na Hemelvaartdag. Dit kan gevolglik goed werk as jy die konsep van die wederkoms verduidelik. Gee vir families blou papier en laat hulle wolke van watte daarop plak. Gebruik dan hierdie prent wat hulle kan uitknip, inkleur en op die wolke plak. (Die skakel is ook ‘n baie goeie riglyn vir die inhoud van die aanbieding.)

5 Of zoom in op vv (“God se openbaring is betroubaar – Gehoorsaam die Boodskap” in die preek). Gesels met die kinders oor baie foto’s wat mens deesdae oor die Internet of e-pos kry. Soms kry mens foto’s van wonderlike of snaakse goed, soos die foto van die kat wat vreesbevange uit die bootjie spring. Maar al is dit ‘n foto, het dit nie regtig gebeur nie – dit is twee foto’s wat iemand oor mekaar geplak het. So ons kan nie alles glo wat ons op die internet of oor e-pos kry nie. (As jy nog foto’s soek – en voordat jy ‘n e-pos aanstuur! – gaan maak ‘n draai by Vir foto’s, kyk onder die hofie “fauxtography”.) Die Bybel is anders – God self gee dit vir ons en maak seker dat wat daarin staan, die waarheid is. Daarom moet ons dit gehoorsaam.

6

7 Preekriglyn [Nota: Hierdie preek verwys na die hele Openbaring 22:6-21, en nie na brokstukke uit die teks soos die RCL voorstel nie.] Terwyl ds. Dawid Peterson besig was om 'n preek voor te berei, kom sy klein dogtertjie die studeerkamer binne en vra: "Pappa, kan ons speel?" "Ek is so jammer, skatlam, maar ek is nou reg in die middel van hierdie preek. Kan ons omtrent oor so 'n uur speel?" "Reg so", sê sy. "As pappa klaar is, gaan ek jou 'n baie gróóóót drukkie gee." Die dogtertjie stap deur se kant toe, maar maak skielik 'n u-draai, kom terug en gee haar pa 'n yslike, behoorlike druk. "Ek dog jy gaan my eers 'n drukkie gee wanneer ek klaar is", terg haar pa. "Ek wil net hê pappa moet weet waarna pappa kan uitsien!", lag die kleine dogtertjie.

8 Bemoediging en versekering
Ons teksgedeelte is die afsluiting of epiloog van die Openbaringboek. Deur verskeie sprekers wat aan die woord kom, word bemoedigings, waarskuwings, aankondigings, opdragte en gerusstellings gegee. Die bedoeling is om ons te verseker van wat op ons wag, en van die betroubaarheid van die beloftes waarop ons verwagting gebou is. Die verskillende sprekers help ons om 'n greep op die inhoud van die paragraaf te kry: Eerstens is 'n engel aan die woord (22:6) Dan Christus (21:7), Johannes (21:8), Weer die engel (21:9-11), Daarna Christus (21:12-16), Weer Johannes (21:17-19), Christus se laaste woord (21:20a), En dan Johannes en die gelowige lesers (21:20b-21) Prof. Jan du Rand wys op die twee temas wat regdeur al die gesprekke swaar op Johannes se hart druk: Eerstens die gesag van die Openbaringboek as profesie: dis 'n getuieverslag (8) waarvan die woorde nie geheim gehou mag word nie (10). Die woorde kom direk van Christus af, sodat niemand iets daarvan mag wegneem of daarby mag byvoeg nie. Tweedens word herhaaldelik beklemtoon dat die wederkoms van Jesus naby is. Teen die agtergrond van hierdie groot prentjie kan ons nou deur die teks stap. Aan die hand van die verskillende sprekers, ontplooi die teks in vyf fases:

9 Wees gehoorsaam aan die woorde van hierdie boekrol
Een: Wees gehoorsaam aan die woorde van hierdie boekrol (6-7) Volgens die engel, vers 6, is die woorde van die boekrol betroubaar en waar. Openbaring is nie 'n mensgemaakte en self uitgedinkte drama nie. Nee, dit is God se openbaring, wat God se doel en plan met die wêreld beskryf. Dit gaan binnekort gebeur. Daarmee word die onverwagsheid van Jesus se koms beskryf. Hy kom gou (vers 7). Ons weet nie presies wanneer nie, maar elke geslag mense moet Jesus se koms in hulle leeftyd verwag. In vers 7 verbind Jesus sy seën aan elkeen wat die woorde van hierdie boek ter harte neem. Elkeen wat Jesus verwag, moet die woorde van God ernstig neem en dit uitleef. Ons moet só leef dat die wêreld ons verwagting van Christus se terugkeer sal raaksien en hulle daarom tot God sal bekeer.

10 Die engel se slotwoorde
Twee: Die engel se slotwoorde (8-11) Johannes is so aangegryp dat hy voor die engel neerval en hom byna aanbid. Die engel wys dit ferm van die hand, aangesien engele ook skepsels van God en mededienaars van God is. Slegs God word aanbid. Trouens, om God te aanbid is die engel se opdrag aan Johannes (vers 9). 'n Tweede opdrag aan Johannes is om die inhoud van Openbaring as profetiese nié geheim te hou nie. Johannes mag nie die boekrol verseël en iewers versteek nie. Die woord Openbaring, van die Griekse apokalupsis (1:1) beteken immers bekendmaking. God se plan moet oopgevou word sodat die hele wêreld daarvan kennis kan neem. Volgens vers 11 het elke mens se lewe 'n momentum van sy eie. Wie God dien en goed doen, leef in hierdie momentum. Só ook die wat sleg en kwaad doen. Daarom is die boek so 'n belangrike waarskuwing vir almal wat God nie dien nie. Wie kwaad doen, moet ophou kwaad doen en in lyn met God se bedoelinge lewe.

11 Jesus Christus se slotwoorde
Drie: Jesus Christus se slotwoorde (12-17) In hierdie ryk gedeelte beskryf Christus Wie Hy is, en wat die gevolge daarvan is om in geloof aan Hom vas te hou, of teen Hom te kies: Christus kom gou, en sal elkeen beloon vir wat hy gedoen het 12); Christus omvat alles, Hy is die Alfa en Omega (die A en die Z), die Eerste en Laaste, die Begin en die Einde (13); Die wat in Christus is, het rein klere en beleef God se ewige, heerlike teenwoordigheid (14); Diegene buite Christus bly buite God se teenwoordigheid (15); Jesus maak hierdie boodskap deur sy boodskapper aan sy gemeentes bekend, tot aan die eindes van die aarde (16a); Christus is die Wortel, d.w.s. die Nakomeling van Dawid – Jesus vervul die verwagting dat die Messias uit Dawid se nageslag sal kom (16); Christus is die helder Môrester (vgl. Numeri 24:17) – Christus is die waarborg van God se nuwe môre wat sal aanbreek in die volmaakte nuwe bedeling (16). Teen hierdie agtergrond roep die Bruid van Christus, die kerk, onder leiding van die Gees dat Christus gou moet kom. Almal word opgeroep om hulle geestelike dors met die ware water van die ewige lewe te kom les. Dit is verniet (17).

12 Moenie bylas of weglaat nie
Vier: Moenie by hierdie boekrol bylas of daaruit weglaat nie (18-19) Met 'n regsgeldige eedformule "betuig" Christus aan almal wat die profesie van hierdie boek hoor om niks hierby te voeg of daarvan weg te neem nie. Dit bevestig die gesag van die boek se inhoud. Niemand mag daarmee torring nie. Dit is opvallend dat die volle inhoud van die boek beskerm word. Om die volle inhoud reg te verstaan, moet daar nie aan die onderdele getorring word, of die dele los van die geheel uitgelê word nie. Die geheel voed die dele, en die dele word uit die geheel verstaanbaar. Daar mag dus nie grepe uit die boek gemaak en dit dan op spesifieke maniere uitgelê word wat nie inpas by die oorhoofse boodskap van die boek nie. So dikwels word 'n dwaling geskep deurdat 'n stukkie of onderdeel uit 'n boek aangegryp word as opsigself die volle waarheid. Elke ketter het sy letter. Juis deur by die volle inhoud en die geheel te bly, word ons hiervan bewaar.

13 Smeekbede: Kom, Here Jesus!
Vyf: 'n Smeekbede – Kom, Here Jesus! Openbaring sluit met 'n uitroepteken af. Eers is Jesus self aan die woord: "Ja, Ek kom gou!" Daarop antwoord die kerk: "Amen! Kom, Here Jesus!" Hiermee druk die gelowiges hulle brandende begeerte uit dat Jesus weer moet kom. Veral as mens onthou hoe die eerste lesers van hierdie boek in Klein-Asië vervolg is, kan jy verstaan hoe hulle gesmag het na die koms van die Here Jesus. Die uitsien na sy koms maak die lyding, vervolging en smaad draaglik. Dit help hulle perspektief behou en gehoorsaam bly. Dan sluit die boek met 'n tipiese slot van 'n destydse brief af: "Die genade van die Here Jesus sal by almal wees" (21). Dit beteken die goedheid van die Here Jesus begelei die lesers om die inhoud van hierdie boek te gehoorsaam en dit daagliks uit te leef. Kom ons pas nou hierdie teks op ons lewens toe:

14 God is in beheer en maak sy plan bekend
Ons teksgedeelte beklemtoon weer dat God in beheer is en die wêreld lei na sy doel daarmee. God is egter nie soos die noodlot wat mense blindelings tref nie. God is genadig, en maak sy wil, doel, plan en eindbestemming bekend, sodat mense dit kan hoor en hulle lewe daaraan kan oriënteer. Op 'n kragtige manier word gesê God gee die Heilige Gees aan sy profete met God se boodskap. God stuur sy engel om aan die gelowiges, en die wêreld, te verduidelik wat binnekort sal gebeur. Hiermee gee God aan ons 'n fondament waarop ons ons lewens kan bou.

15 God se openbaring is betroubaar God se openbaring is betroubaar
Hierdie selfde God sien nougeset toe dat Johannes die boodskap van die boek Openbaring opteken. Niemand mag hiervan wegneem of daarby bylas nie. In 'n tyd waar daar soveel onsekerheid is, kan ons as gelowiges steeds vashou aan die waarheid van die boek Openbaring, wat deur God self gewaarborg en begelei is. Dit gee nie net gemoedsrus nie, maar besiel ons ook met hoop omdat God die Oorwinnaar is. Dit gee ons moed vir die hede en hoop vir die toekoms.

16 Gehoorsaam die boodskap!
Ons het nodig om die oproep om verantwoordelik en gehoorsaam op God se openbaring te reageer, weer te hoor. God is met die wêreld op pad. Dit is belangrik om God se beplanning te ken, soos geopenbaar deur die Lam wat geslag is en nou op die oorwinnaarstroon sit, saam met die Vader. Op hierdie manier hoor ons dat God se plan die hele wêreld raak. Dit is publieke nuus. God se plan gaan nie maar net oor geestelike belewenisse in my binnekamer of in die erediens nie. God se plan het implikasies vir almal. Dit is feite waarmee almal rekening moet hou. Daarom moet ons die boodskap hoor, ons lewens daaraan oriënteer en ook daarvan getuig.

17 Deur die krag van die Heilige Gees
Dit is nie maklik om aan God vas te hou, die Lam na te volg en in moeilike tye 'n getuie van die Here te bly nie. Ons kan dit slegs deur die krag van die Heilige Gees doen. Die Gees help ons volhard in geloof wat aan die wêreld wat koersloos ronddobber 'n verskil te maak. Hierdie wêreld bly God se wêreld. Juis daarom stuur die Gees ons om getrou en opreg God se oorwinning te bly verkondig.

18 Bid vir die wederkoms Bid vir die wederkoms
Openbaring leer ons ook bid dat die Here Jesus gou moet kom. Dit is 'n oproep wat vir baie moderne mense vreemd klink. Hiervoor is daar verskeie redes: Dit gaan goed met ons. In teenstelling met die geweldige druk, verwerping en vervreemding waaraan die eerste lesers van hierdie boek in die era van die Romeinse ryk blootgestel was, leef ons gemaklik. Ons ervaar nie die geweldige spanning tussen ons hede en ons verwagte toekoms nie. Ons glo dat daar min dinge is wat nie maakbaar of doenbaar is nie. Sedert die opkoms van wetenskaplikheid is die Christelike wederkomsgeloof vervang met 'n vooruitgangsgeloof. Ons glo die wetenskap en tegnologie gaan dit vir ons doen. Natuurlik is daar ook die vrees dat die wetenskap buite beheer kan raak (die tema van baie Hollywood flieks), maar ons bly glo dat die wetenskap vir ons 'n beter toekoms sal skep. Ons is gevorm om ons lewe op aarde so lank moontlik te preserveer. Ons vrees eintlik dat ons verganklikheid oordek sal word met God se onverganklikheid, om Paulus se beeld te gebruik. Dit is nie sonder meriete nie, want die dood bly die laaste vyand. Maar ons wil die dood oorwin (of uitstel), eerder as om aan Christus se oorwinning oor die dood vas te hou. In teenstelling met Westerse vooruitgangsgeloof, verkondig Openbaring betroubaar dat ons nie self die nuwe Jerusalem kan bou nie. Ons kan onsself nie red uit die gemors wat opstand, rebellie en sonde ons laat beland het nie. Ons het verlossing nodig. Ons het 'n Verlosser nodig. Ons het God nodig om van buite die skepping in te gryp. Ons het God nodig om God se nuwe aarde onder 'n nuwe hemel te bring. Soos Dawid Peterson se dogtertjie met haar drukkie, help Openbaring ons verstaan waarna ons kan uitsien. Laat ons daarom bly bid: "Amen! Kom Here Jesus!" En hoor: "Die genade van die Here Jesus sal by almal wees."

19 God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed
Here van die lewe, U het U tot die dood toe aan die mensdom te verbind. U het die graf oorwin. Deur ‘n skouspel vir mense te word, opgelig teen die vloekhout, het U volkere na U getrek. Die lewe wat ons vanweë ons sonde verloor het, het U herstel deur u opstanding uit die dood. Gedurende hierdie vyftig dae van Pase verkondig ons die heerlike openbaring van u sterwe en opstanding. Want alle eer kom U toe, Nou, en tot in ewigheid. Amen. (Uit bydrae by leesrooster.co.za, 20 Mei 2007) Geloofsbelydenis Voorganger: Die Here regeer, die aarde moet juig, al die baie eilande moet bly wees! Gemeente: Kom, Alfa en Omega, Eerste en Laaste, Begin en Einde, kom! Voorganger: Die Here is omgewe van donker wolke; sy troon is gebou op reg en geregtigheid. ’n Vuur trek voor Hom uit en verteer sy vyande aan alle kante. Sy weerligstrale verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe. Gemeente: Kom, nakomelinge van Dawid. Kom, helder Môrester. Kom! Voorganger: Berge smelt soos was voor die Here, voor die Here van die aarde. Die hemel getuig dat Hy regverdig is en al die volke sien sy magtige verskyning.Almal wat beelde dien, wat nikswerd afgode vereer, word ontnugter, want al hulle gode moet voor die Here buig. Voorganger: Sion is bly, die stede van Juda juig wanneer hulle hoor wat U as regter gedoen het, Here. U, Here, is die Allerhoogste oor die hele aarde, hoog verhewe bo alle gode. Gemeente: Kom, Nakomeling van Dawid. Kom, helder Môrester. Kom! Voorganger: Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars, Hy red hulle uit die greep van die goddelose. Vir die regverdiges het daar lig gekom, blydskap vir die opregtes. Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam. Gemeente: Ja, kom gou, Here Jesus! Kom! Amen (Uit Ps 97 en Op22 soos in Bybelmedia se Woord en Fees: Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir ) Offergawes Wegsending Lied 590 Het jy gehoor dat eenmaal 1,2 Seën Gemeente, die opgestane Jesus sê vir julle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. Gaan in die krag van die Gees wat julle van My en die Vader ontvang het. (Uit Basisliturgie vir Paastyd in Bybelmedia se Woord en Fees: Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir ) Musikale Amen Lied 312/313/314/315/ of F361. Laat Dit So Wees (Amen) (RUBRIEK: Kersflam – Gebed) Teks en musiek: Neil Büchner Kopiereg:  Flam Musiek-Uitgewers Laat dit so wees, Here, Amen. Heer, laat ons leef soos U leer Here, Amen.

20 Volgende erediens: Romeine 8:14-17 Volgende erediens Romeine 8:14-17
Familie-oomblik en liturgie: Wicus Wait Powerpoint: Rethie van Niekerk Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

21


Κατέβασμα ppt "Openbaring 22:2-21 Oorsig Die Sondag staan bekend as Exuadi wat beteken “luister” na aanleiding van Psalm 27:7 en 9 “Luister tog na my, Here, as ek roep."

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Διαφημίσεις Google