Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

‘N PROFETIESE BOODSKAP

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Παρουσίαση με θέμα: "‘N PROFETIESE BOODSKAP"— Μεταγράφημα παρουσίασης:

1 ‘N PROFETIESE BOODSKAP
OPENBARING VIR ‘N NUWE TYD ‘N PROFETIESE BOODSKAP VIR VANDAG EN MORE

2 WAAR IS DIE HEMEL EN HOE LYK DIT DAAR?

3 1 Thes 4:13 Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig moet wees oor wat met die ontslapenes gaan gebeur nie… 14Ons glo immers dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem. 15Dit sê ons vir julle op grond van wat die Here gesê het: Ons wat bly lewe tot met die wederkoms van die Here, sal die ontslapenes hoegenaamd nie voor wees nie. 16Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; 17daarna sal ons wat nog lewe, SAAM MET HULLE OP DIE WOLKE WEGGEVOER WORD, DIE LUG IN, DIE HERE TEGEMOET. En so sal ons altyd by die Here wees.

4 2 Pet 3:10 Maar die dag van die Here sal so onverwags soos ’n dief kom
2 Pet 3:10 Maar die dag van die Here sal so onverwags soos ’n dief kom. En op dié dag sal die HEMEL MET ’N GROOT GEDRUIS VERDWYN, die hemelliggame brand en tot niet gaan, en DIE AARDE MET ALLES WAT DAAROP IS, VERGAAN. 11Aangesien al hierdie dinge so aan hulle einde gaan kom, moet julle des te meer vroom en aan God toegewy lewe. 12Leef in verwagting dat die dag van God kom en beywer julle daarvoor, die dag waarop die HEMEL IN VLAMME SAL VERGAAN en die hemelliggame sal brand en wegsmelt. 13Maar ons leef in die VERWAGTING VAN ’N NUWE HEMEL EN ’N NUWE AARDE wat God belowe het en waar die wil van God sal heers.

5 Open 21:1 Toe het ek ’N NUWE HEMEL EN ’N NUWE AARDE gesien
Open 21:1 Toe het ek ’N NUWE HEMEL EN ’N NUWE AARDE gesien. Die EERSTE HEMEL EN DIE EERSTE AARDE HET VERDWYN, en die see het nie meer bestaan nie. 2 En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos ’n bruid wat vir haar man versier is.

6 DIE HEMEL MAAK OOP… en wat sien ons? Die Ruiter op die wit perd
Die oordeel Die nuwe Jerusalem

7 19:11Toe het ek gesien die hemel is oop.
Daar was ’n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue (πιστός) en die Betroubare (ἀληθινός) genoem. Met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog. 12Sy oë het soos vuur gevlam, en op sy kop was daar baie heerserskrone (διάδημα). Daar was ’n Naam op Hom geskrywe wat niemand anders ken nie, net Hy self. 13Hy het klere (mantel) aangehad (omgegooi) wat met bloed deurweek (gedruk is/ dipped in) was, en sy Naam is: “Die Woord van God.”

8

9 19:14 Die LEËRS in die hemel het op wit perde agter Hom aan gery.
Hulle het fyn, helder wit klere aangehad. 15Uit sy mond het daar ’n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref, en Hy sal hulle met ’n ystersepter regeer. Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van die toorn en die oordeel van God, die Almagtige. 16 Op sy klere, by sy heupe, was daar ’n Naam geskrywe: “Die Koning van die konings en die Here van die heersers.”

10

11

12 19:17 Toe het ek ’n engel by die son sien staan.
Hy het met ’n harde stem uitgeroep en vir al die roofvoëls, wat hoog in die lug vlieg, gesê: “Kom, kom bymekaar vir die groot feesmaal wat God gereed maak! 18Kom eet die vleis van die konings, die vleis van die opperbevelhebbers, die vleis van die magtiges en die vleis van die perde en hulle ruiters, ja, die vleis van allerhande mense: vryes en slawe, klein en groot.”

13

14 19:19 Toe het ek gesien dat die DIER en die konings van die aarde met hulle leërs by-mekaargekom het om oorlog te maak teen die Ruiter op die wit perd en teen sy leër. 20 Die DIER is toe gevange geneem en saam met hom ook die vals profeet wat die wondertekens vir die dier gedoen en daarmee die mense mislei het wat die merk van die dier aanvaar en sy beeld aanbid het. (Hf. 13) Hulle twee is lewend in die vuurpoel gegooi wat met swael brand. 21Die ander mense is doodgemaak met die swaard wat uitgegaan het uit die mond van die Ruiter op die wit perd. Al die roofvoëls het hulle dik geëet aan die vleis.

15

16 20:1 Toe het ek ’n engel uit die hemel uit sien kom
met die sleutel van die onderaardse diepte en met ’n groot ketting in sy hand. 2Hy het die draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan is, gegryp en hom VIR DUISEND JAAR vasgebind. 3Hy het hom in die onderaardse diepte gegooi, dit toegesluit en dit bokant hom verseël sodat hy nie meer die nasies kan verlei voordat die duisend jaar om is nie. Daarna moet hy ’n klein rukkie losgelaat word.

17

18 [20:4 Toe het ek TRONE gesien
en die siele van die mense wat onthoof is omdat hulle aan die getuienis van Jesus en die woord van God vasgehou het. Hulle het op die TRONE gaan sit, en aan hulle is die bevoegdheid gegee om as regters op te tree. Dit is hulle wat nie die dier en sy beeld aanbid het nie en nie die merk op die voorkop en op die hand aanvaar het nie. Hulle het lewend geword en saam met Christus DUISEND JAAR LANK GEREGEER. 5Dit is die eerste opstanding. Die ander dooies het nie lewend geword voordat die DUISEND JAAR om was nie.

19 6 Geseënd en heilig is dié wat aan die eerste opstanding deel het.
Oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom die DUISEND JAAR LANK REGEER. 7Wanneer die DUISEND JAAR OM is, sal die Satan uit sy gevangenskap losgelaat word.]

20 8 Dan sal hy gaan om die nasies wat tussen die vier uithoeke van die aarde is, die Gog en Magog, te verlei, (vgl 1 Kron 5:4; es 38-39) en om hulle byeen te bring vir die oorlog. Hulle is so baie soos die sand van die see. 9 Hulle het oor die hele oppervlakte van die aarde aangekom en die laer van die gelowiges en die geliefde stad omsingel. TOE HET DAAR VUUR VAN DIE HEMEL AF GEKOM EN HULLE VERTEER. 10 Die DUIWEL wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swael gegooi, daar waar die dier en die vals profeet ook is. Hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.

21 11Toe het ek ’n groot wit TROON gesien en die Een wat daarop sit.
Die aarde en die hemel het voor Hom padgegee, en daar was nie meer plek vir hulle nie. 12 Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak. Daar is ook ’n ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het. 13Die see het die dooies teruggegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dooies teruggegee wat in hulle was, en oor elkeen is geoordeel volgens wat hy gedoen het.

22

23 14Toe is die dood en die doderyk in die vuurpoel gegooi.
Dit is die tweede dood, die vuurpoel. 15As daar gevind is dat iemand se naam NIE IN DIE BOEK VAN DIE LEWE geskrywe staan nie, is hy in die vuurpoel gegooi.

24 ‘n Oorlogverhaal met lang en gelukkige einde
God se weermag NUWE JERUSALEM Oorlog lei tot oordeel Vuurpoel Satan se weermag

25 Jes 65:17-20 Ek gaan ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde skep;
aan dié wat daar nou is, sal daar nie meer gedink word nie, hulle sal nie onthou word nie... Ek gaan ’n Jerusalem skep wat vol blydskap is, sy inwoners sal vreugde hê... Daar sal in Jerusalem nie meer iemand gehoor word wat huil of om hulp roep nie. 20 Daar sal geen kind sterf wat maar ’n paar dae oud is nie en geen grysaard wat nie sy jare uitgeleef het nie.

26 Open 21:1 Toe het ek ’N NUWE HEMEL EN ’N NUWE AARDE gesien
Open 21:1 Toe het ek ’N NUWE HEMEL EN ’N NUWE AARDE gesien. Die EERSTE HEMEL EN DIE EERSTE AARDE HET VERDWYN, en die see het nie meer bestaan nie. 2 En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos ’n bruid wat vir haar man versier is. 3 Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” 5 Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.”

27 Holistiese wêreldbeeld:
Hemele Aarde Doderyk Onder -aardse

28 Hemele Aarde Doderyk Onder -aardse

29 Open 21:9 Toe het een van die sewe engele wat die sewe bakke het waarin die sewe laaste plae was, gekom en met my gepraat. “Kom,” het hy gesê, “ek sal jou die bruid wys, die vrou van die Lam.” 10Ek is toe deur die Gees meegevoer en die engel het my na ’n groot hoë berg toe geneem en die HEILIGE STAD JERUSALEM vir my gewys, wat van God af uit die hemel uit afkom. 11Die stad het die heerlikheid van God: sy glans (lig) is soos dié van die kosbaarste edelsteen, soos opaal, wat skitter soos ’n kristal

30 Die vloei van die visioen
21:12-14 21:15-21 21:22-27 22:1-5 Stad van ver By die stad In die stad In die sentrum van die stad

31 12Die stad het ’n groot hoë muur
met twaalf POORTE. By die poorte is daar twaalf engele, en op die poorte is daar name geskrywe, dié van die twaalf stamme van die volk Israel (Eseg 48:31-35). 13Aan die oostekant is daar drie poorte, aan die noordekant drie, aan die suidekant drie en aan die westekant drie. 14Die stad se muur het twaalf FONDAMENTE, en daarop is daar ook twaalf name, dié van die twaalf apostels van die Lam (3x4).

32

33

34 Open 21:15 Die engel wat met my gepraat het, het ’n GOUE MEETSTOK gehad om daarmee die stad self, sy poorte en sy muur te meet. 16Die stad is VIERKANTIG, net so lank as wat hy breed is. Hy het die stad toe met die meetstok gemeet. DIE LENGTE, DIE BREEDTE EN DIE HOOGTE DAARVAN IS DIESELFDE, 12,000 KILOMETER. (3 = God x 4 = mensdom x 10x10x10 = perfekte kubus) 17Hy het ook die muur om die stad gemeet. Dit is 144 (12x12) meter hoog. Die engel het die mate van mense gebruik.

35

36

37 Open 21:18 Die muur is met OPAAL gebou
en die stad self met suiwer GOUD wat soos ’n skoon spieël lyk. 19Die fondamente van die stadsmuur is met allerhande EDELSTENE versier: die eerste fondament met opaal, die tweede met saffier, die derde met agaat, die vierde met smarag, 20die vyfde met sardoniks, die sesde met karneool, die sewende met chrisoliet, die agste met beril, die negende met topaas, die tiende met chrisopraas, die elfde met hiasint en die twaalfde met ametis. 21Die twaalf poorte is twaalf PÊRELS. Elkeen van die poorte is uit een pêrel gemaak. Die strate van die stad is van suiwer goud, blink soos ’n spieël.

38

39 Open 21:22 ’n Tempel het ek nie in die stad gesien nie, want sy tempel is die Here God, die Almagtige, en die Lam. 23Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die HEERLIKHEID VAN GOD HET HOM VERLIG, EN DIE LAM IS SY LAMP. 24Die nasies sal in die stad se lig lewe, en die konings van die aarde verleen luister daaraan.

40 25Die poorte daarvan word gedurende die hele dag nooit toegesluit nie: daar sal nie meer nag wees nie. 26Die mense sal luister en die rykdom van die nasies daarheen bring. 27 Niks onreins en niemand wat iets losbandigs en vals doen, sal ooit daarin kom nie, maar net dié wie se name in die boek van die lewe, die boek van die Lam geskrywe staan.

41 Open 22:1 Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys.
Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. 2 Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies.

42

43

44 3 Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie.
Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy slawe sal Hom aanbid. 4Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. 5 Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van ’n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig (op hulle sal skyn), en hulle sal tot in alle ewigheid regeer.


Κατέβασμα ppt "‘N PROFETIESE BOODSKAP"

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Διαφημίσεις Google