Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Efesiërs 4 Ek druk julle dit op die hart, ek wat 'n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping.

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Παρουσίαση με θέμα: "Efesiërs 4 Ek druk julle dit op die hart, ek wat 'n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping."— Μεταγράφημα παρουσίασης:

1

2 Efesiërs 4 Ek druk julle dit op die hart, ek wat 'n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.

3 Efesiërs 4 Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.

4 Efesiërs 4 As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. As iemand 'n dief is, moet hy ophou steel; hy moet deur harde werk op 'n eerbare manier self in sy lewens- onderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee.

5 Efesiërs 4 Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.

6 Efesiërs 5 Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie. Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle. Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges.

7 Efesiërs 5 Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul, en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here.

8

9

10

11

12 Wat moet jy ophou doen?!

13 Kerugmaties taal = Prediking
“Die Koninkryk van God is naby.”

14 Didaktiese taal = Lering:
“Die Koninkryk van God is soos…”

15 Parakletiese taal = Onderskeiding
Hoe beliggaam ons die boodskap van Jesus?

16 “Ek druk julle dit op die hart:
“Ek druk julle dit op die hart: ... Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het.”

17 roeping = kaleo (καλέω):
“to call”

18 Vocation

19 Efesiërs 5 Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het ...

20 ekklesia = “those who are the called-out ones.”

21 Watter liefdelose gedrag moet jy aflê?!

22


Κατέβασμα ppt "Efesiërs 4 Ek druk julle dit op die hart, ek wat 'n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping."

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Διαφημίσεις Google