Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Handelinge 2:1-21 Handelinge 2:1-21

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Παρουσίαση με θέμα: "Handelinge 2:1-21 Handelinge 2:1-21"— Μεταγράφημα παρουσίασης:

1 Handelinge 2:1-21 Handelinge 2:1-21
Die uitstorting van die Heilige Gees 2 Toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. 2Skielik was daar ’n geluid uit die hemel soos van ’n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. 3Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. 4Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen. 5Daar het godsdienstige Jode uit al die nasies onder die son in Jerusalem gewoon. 6Toe die mense die geluid hoor, het ’n groot skare saamgedrom. En omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal gepraat word, het hulle nie geweet hoe hulle dit het nie. 7Verras en verbaas sê hulle toe: “Die mense wat daar praat, is tog almal Galileërs. 8Hoe hoor elkeen van ons dan sy eie moedertaal? 9Perse, Mediërs en Elamiete, sowel as die inwoners van Mesopotamië, Judea en Kappadosië, Pontus en die provinsie Asië, 10Frigië en Pamfilië, Egipte en die dele van Libië om Sirene, mense uit Rome, 11Jode sowel as heidene wat die Joodse geloof aangeneem het, Kretensers en Arabiere—ons hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat God gedoen het.” 12Hulle was almal verbaas en uit die veld geslaan. Party het vir mekaar gevra: “Wat kan dit tog beteken?” 13Maar party het gespot en gesê: “Hulle is dronk.” Petrus se toespraak op die pinksterdag 14Toe staan Petrus saam met die elf ander apostels op en onder leiding van die Heilige Gees spreek hy die mense toe: “Jode en julle almal wat in Jerusalem woon, ek moet vir julle verduidelik wat gebeur het. Luister na wat ek gaan sê: 15Hierdie mense is nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar nege-uur in die môre. 16Nee, hier gebeur wat God deur die profeet Joël gesê het: 17Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom. 18Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree. 19Ek sal tekens bo in die lug en wonders onder op die aarde gee: bloed en vuur en rookwolke. 20Die son sal pikdonker word en die maan bloedrooi voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom. 21So sal dit dan wees: elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. c c Vgl. Joël 2:28–2:32

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Dit was die Nederlandse teoloog, Antonie van Ruler, wat op ’n keer gesê: “Alle mense slaap van nature soos Doringrosie!” Vertel kortliks vir die kinders die storie van Doringrosie: Toe Doringrosie, die slapende skoonheid, gebore is, het die feetjies die wonderlikste gawes aan haar toegesê: skoonheid, rykdom, gesondheid… Een fee het haar egter vervloek: in haar vyftiende jaar sou sy haar vinger met ’n spinwiel prik en dood neerslaan! Gelukkig kon een goeie fee die doodsvonnis versag: “Doringrosie sou nie meer doodgaan nie, maar sou net vir ’n 100 jaar lank slaap”. Dit het presies so gebeur! Sedert haar 15de jaar het Doringrosie ingesluimer. Daar was in en om die paleis ’n doodse stilte. Dit het ruig gegroei om die paleis. Op ’n dag het ’n prins opgedaag en al die struikelblokke oorwin! Toe hy by Doringrosie kom, het hy haar gesoen (haar as’t ware die KISS OF LIFE gegee) en sy het wakker geword! En natuurlik het die tweetjies vir altyd gelukkig saam geleef !

4 Die Heilige Gees maak die mens wakker om vir Jesus te lief te hê en Hom te volg

5 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

6 Σας αγαπώ Roep 10 kinders, wat minstens 10 jaar en ouer is, vorentoe. Hang ’n plakkaat om elkeen se nek waarop staan: Die Griekse teks aan die voorkant en aan die agterkant die volgende tale: Grieks, Russies, Frans, Portugees, Spaans, Italiaans, Duits, Nederlands, Engels en Afrikaans. Leer hulle almal die Griekse weergawe van “Ek het jou lief” Σας αγαπώ (Sas agapó). Sê dan dat die kinders ’n belangrike boodskap vir die gemeente het. Laat hulle almal dan, gelyk, in ’n koor aan die gemeente sê: Σας αγαπώ (Sas agapó) Vertel almal dat God vir mense ’n belangrike boodskap het wat Hy nog deur alle eeue heen vir die mense wou sê en dat met Pinksterdag, toe Hy sy Gees gestuur het, Hy die mense toegerus het om in almal se moedertale die boodskap te kon hoor en verstaan. Laat die kinders dan almal een vir een vorentoe tree, hulle plakkaat omdraai en daardie taal wat agterop hulle plakkaat staan se vertaling van Σας αγαπώ, hardop vir die gemeente sê. (Party van die uitsprake moet jy dalk eers vir daardie kind inoefen as jy self weet hoe om dit uit te spreek!) Σας αγαπώ Grieks YA L'ubl'u Vas Russies Je Vous aime Frans Amo-o Portugees Le amo Spaans Ti amo Italiaans Ich liebe dich Duits Ik houd van u Nederlands I love you Engels Ek het jou lief Afrikaans Vra dan vir die gemeente of die impak van die boodskap nie opgetel het soos die taal van baie onbekend na meer bekend toe gegaan het nie?

7 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God

8 Handelinge 2:1-21 Die koms van die Gees Die koms van die Gees [1]
Die bekende gedeelte beskryf die gebeure op Pinksterdag toe die Heilige Gees uitgestort is. Pinksterdag was ’n belangrike Joodse feesdag waartydens die Israeliete die eerste opbrengs van hul oes aan die Here gewy het. Dit was een van drie pelgrimsfeeste (Grootversoendag, Paasfees en Pinkster) waartydens alle Jode na Jerusalem gereis het. Dis interessant dat al die groot gebeure rondom Jesus se lewe plaasgevind het wanneer die Jode vir een of ander rede saamgetrek het (Geboorte – sensus, kruisiging en opstanding – Pasga; uitstorting van die Gees – Pinkster). God het dus gehandel wanneer die volk in ’n posisie was om getuies van die gebeure te wees. Pinkster het altyd plaasgevind op die vyftigste dag na die eerste Sondag wat direk op die Joodse Pasga gevolg het (vgl Lev 23:15–16). Daar is latere tradisies wat Pinkster gesien het as die dag wat Moses die wet ontvang het. Wat het op die Pinkster gebeur? Die Gees het gekom. Die koms van Gees was sigbaar en hoorbaar. ’n Geluid soos dié van ’n stormwind wat waai, het die vertrek gevul waar die 120 gelowiges byeen was (1:15, 2:1-2). Iets soos tonge vuur het ook op elkeen van hulle gekom. Beide elemente word dikwels in die Bybel met die verskyning van God in verband gebring (sien Eks 3:2; 13:21; 19:18; 1 Kon 19:11; Jes 66:15; Joh 3:8; 20:22). Pinksterdag se wind en vuur was dus die sigbare tekens dat God van nou af op ’n nuwe manier by Sy kerk aanwesig was. Vroeër het God se Gees net oor sekere mense gekom, soos die profete en sekere konings uit Israel, maar met Pinksterdag het dit alles verander. Die Gees is oor almal uitgestort. [2] Die effek van die koms van die Gees was onmiddellik hoorbaar. Die gelowiges het begin om God se Naam te verheerlik in ander tale as hulle huistaal (vers 4). Hulle het die tale van die Joodse pelgrims en bekeerlinge uit vyftien ander wêreldstreke, gepraat (vers 5-11). Dis met ander woorde ’n ander tipe wonder as in 1 Kor wat ’n spraak en interpretasie wonder was. Hierdie spraakwonder benodig nie interpretasie nie. Let ook op dat die vloek van Babel nie ongedaan gemaak word deur een taal nie, maar deur een boodskap, nl. "Jesus is die Here!" Die reaksie op die taalwonder was tweeledig: Die Christene was verwonderd daaroor terwyl ander gedink het dat hulle gesuip was (vers 12–13). Dis dan dat Petrus ’n perskonferensie hou (vers 14–36). Hy gee daar die eerste Christelike preek – d.w.s. ’n preek wat Jesus as die Christus verkondig in die geskiedenis (Jesus was ’n Joodse prediker). Hy begin om te verduidelik dat die gelowiges nie dronk was nie – dit was maar nege-uur in die oggend (vers 14b–21). Die dag se gebeure was vir hom eerder die vervulling van die woorde van Joël (vers 16). Hy haal ook vir Joël 2:28–32 aan om dit vir die skare duidelik te maak dat die laaste dae aangebreek het omdat die Gees nou oor oud en jonk, soos voorspel is, uitgestort is. Die werkwoord ekcheo dui op ’n stortreën. Die Gees kom dus nie saggies nie. Petrus verwys ook na kosmiese tekens wat finaal sal dui op die laaste dae (vers 19-20). Die uitstorting van die Heilige Gees is slegs die eerste teken van wat gaan kom met die einde van die wêreld. Pinkster is dus die begin van die einde. Bloed, vuur en rookdamp dui op brandstigting en oorloë (vers 19). Die son wat donker word en die maan bloedrooi, dui op die kosmiese veranderings wat gaan kom met die voleinding (vers 20). Baie van die beelde is ook deur Jesus gebruik om oor die voleinding te praat. Pinkster gaan egter vir Petrus eerder oor verlossing as oor oordeel. Van nou af sal elkeen wat die Here se naam aanroep, gered word (vers 21). In die hoofdeel van sy toespraak (vers 22–36) verbind Petrus die uitstorting van die Heilige Gees met Jesus. Hy wys daarop dat hulle hom nie as Messias herken het nie, maar eerder laat doodmaak het. [1] Bronne geraadpleeg Bock, D L 2-7. Acts (ECNT) Conzelmann, H Acts of the Apostles. Hermeneia. De Villiers, J L Die Handelinge van die Apostels. [2] Daar is dus net een soort van kerk en dis ’n Pinksterkerk. Selfs die Doppers is ’n Pinksterkerk!

9 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

10 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

11 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

12 Die enigste hoop of anders wanhoop brandstapel of brandstapel
lê in die keuse van brandstapel of brandstapel om verlos te word van vuur deur vuur TS Elliot TS Elliot sê in een van sy gedigte, die mens staan voor ’n keuse: “Die enigste hoop of anders wanhoop lê in die keuse van brandstapel of brandstapel om verlos te word van vuur deur vuur”

13 Watter brandstapel kies jy?
As die mens nie wakkergemaak word soos ’n Doringrosie nie, is hy oppad of liewers lê ons op die brandstapel van die hel wat met die vuur van die hel aangesteek word. Maar volgens Elliot (en Hand 2) is daar ’n ander brandstapel - die brandstapel van die geloof wat net deur die vuur van die hemel aangevuur word. Wat kies jy en ek? Watter brandstapel? Word wakker, die Heilige Gees wil jou aanvuur en soos wind jou vuur gebruik om die res van die wêreld aan die brand te steek! Dis wat ons hier in Hand 2 sien.

14 Die organisasie Die genot Die kombuis
Ek lees dat daar ’n hotel in Amsterdam is met groot vensters wat oor een van die kanale kyk. As jy aan die anderkant van die kanaal staan, kan jy die hotel se werksaamhede op drie vlakke sien. Op die 3de vloer is die bestuurders: hulle sit by die lessenaars – daar is telefone en sekretaresses wat beweeg. Dis organisasie! Op die tweede vloer onder die bestuurders, is die elegante pragtige eetlokaal: sagte ligte, pragtig en deftig geklede mense, blomme, klaviermusiek, goedgemanierde kelners en mense wat hulle tyd neem en geniet. Dis genot! Op die grondvloer is daar die kombuis: dis ’n gewerskaf. Sjefs kap en bewerk vleis, maak souse, oonddeure word oop- en toegemaak. Mense skreeu op mekaar. Ander maak visse skoon en drink sommer uit die bottel wyn. Bokant hulle is niemand daarvan bewus dat die tekkie die teer hier op ’n senior manier tref nie!! Dis natuurlik die beeld van die kerk. In Hand 1 sit die mense in die bo-vertrek (kerkraad, kommissies, die bestuur van die kerk). In Hand 2:1 sit die mense in die tempel – in die eetlokaal van die kerk – die plek van genot en aanbidding. In Hand 2:6 staan hulle buite tussen die skare – die kombuis, waar die kerk sy werk doen. En soos met die hotel, is dit waar die kerk gemaak of gebreek word!

15 “As ek in Jesus Christus moet glo, moet Sy volgelinge meer gered lyk!”
George Bernard Shaw George Bernard Shaw, beroemde dramaturg, het mos gesê: “As ek in Jesus Christus moet glo, moet Sy volgelinge meer gered lyk!” Daar waar die tekkie die teer tref in ons huise, werke, skole, universiteite, sportvelde, sosiale uithangplekke...

16 Die Heilige Gees wil ons met vuur vul, nie SODAT ons kan hemel toe gaan nie, maar OMDAT ons hemel toe gaan Dit is waarom die Heilige Gees ons met vuur wil vul – die vrug van die Gees - nie SODAT ONS HEMEL TOE KAN GAAN NIE, MAAR OMDAT ONS HEMEL TOEGAAN!!!

17 “As iemand My liefhet, sal hy My woorde ter harte neem, my Vader sal hom liefhê en ons sal na Hom toe kom en by hom woon.” Jesus in Johannes 14 Johannes 14:23 sê as die tekkie die teer tref in die kombuis van die lewe – die weeksdae van die lewe – moet die volgende van ons waar wees: “As iemand My liefhet, sal hy My woorde ter harte neem, my Vader sal hom liefhê en ons sal na Hom toe kom en by hom woon.”

18 God – binnekant jou tuis!
Verbeel jou: God binnekant jou tuis – Sy huis! Daar is geen groter kompliment as iemand vir ons sê: “Jy het my regtig laat tuisvoel nie.” Dit verg meer as woorde om dit reg te kry.

19 Jesus voel tuis in jou wanneer jy toelaat dat die Gees jou aan die brand steek!
Ons almal was al by mense wat sê: “Maak jouself tuis”, maar dan doen hulle snaakse goeters en jy voel asof jy in ’n vreemde land is. Maar ons was ook al op plekke waar jy regtig tuis voel, waar die mense regtig moeite gedoen het om jou te laat tuisvoel. Om Christus tuis te maak in jou lewe, vra aksie van jou – die vrug van die Gees – dat jy die vrug van Sy teenwoordigheid in jou sal uitleef. As jy liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing beoefen wanneer die tekkie die teer tref in die kombuis van die lewe - die weeksdae van die lewe - dan sal Christus tuisvoel in jou en my. Deur ons sal Christus tuisvoel in die lewe. Dis waarvoor die Heilige Gees ons aan die brand steek.

20 Is ek en jy ‘God’s own country?’
Somtyds as ons in ’n pragtige plek (plekke soos Nature’s Valley, Kalahari, ens) kom, dan sê ons: “Dis God se eie plek – God ‘s own country”. Maar wat Johannes sê, is as ons Christus gehoorsaam - die vrug van die Gees uitleef – is ons God’s own country. Dis die Pinkster-boodskap - Hy woon deur Sy Gees in ons!!! Die mooiheid en die skoonheid van die hemel skyn deur ons en in ons. As ons die vrug van die Gees uitleef, is die vuur van die Gees in ons. Wat sien mense as hulle na ons kyk wanneer die tekkie die teer tref? My man/vrou, kinders, my ouers, my familie, my vriende, vreemdelinge, ens? Is ons God’s own country? Ons beter wees, want dis hoekom die Heilige Gees ons wakker gemaak en die brandstapel van die geloof aan die brand gesteek het.

21 Want ons lewe miskien 700000 uur ek wil vuur, lewenslank vuur
En ek wil elke uur vuur ek wil vuur, lewenslank vuur Stef Bos Stef Bos, die Nederlandse sanger, het ’n pragtige liedjie oor liefde geskryf, maar ek wil dit toepas op ons: Want ons lewe miskien uur En ek wil elke uur vuur ek wil vuur, lewenslank (deur die Heilige Gees) vuur

22 Daar was ’n klein seuntjie wat graag vir God wou ontmoet het
Daar was ’n klein seuntjie wat graag vir God wou ontmoet het. Hy het geweet dit sou ’n lang reis wees tot waar God bly, dus het hy sy klein tassie gepak met Tinkies en ’n vrugtesappie. Hy was drie blokkie ver toe hy by ’n parkie verbystap. Hy het langs ’n ou tannie op ’n bankie gaan sit, sy tassie oopgemaak en ’n slukkie geneem van sy vrugtesappie. Toe dink hy die tannie lyk ’n bietjie honger – dus het hy vir haar toe ’n stukkie van die Tinkie gegee. Sy het dit aanvaar met ’n glimlag. En haar glimlag was so mooi dat hy dit weer wou sien. Toe gee hy vir haar ’n slukkie van sy vrugtesappie ook. Toe glimlag sy weer. En daar het hulle die hele middag geëet en geglimlag, maar nooit ’n woord gesê nie. Toe dit skemer word, gee die seuntjie vir die tannie ’n drukkie en sy glimlag vir hom! Toe die seuntjie by die huis aankom, was sy ma verras met die vreugde op sy gesig: “Wat het jy vandag gedoen wat jou so gelukkig gemaak het?” En sy antwoord was: “Ek het saam met God geëet” en voor sy ma nog kan antwoord, sê hy: “Sy het die pragtigste glimlag in die hele wye wêreld!” Intussen het die ou tannie ook met vreugde by die huis aangekom. Haar seun was verstom oor die vrede op haar gesig: “Wat het Ma vandag gedoen wat vir Ma soveel vreugde gegee het?” “Ek het Tinkies in die parkie geëet saam met God ”. En voor haar seun iets kon uitkry, het sy bygevoeg: “Jy weet, Hy is baie jonger as wat ek verwag het!” Ons Christene is God’s own country vir die wêreld...

23 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

24 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

25

26 Elna Mouton e.a. Moed om mens te wees Prys: R59.95
10 Bybelstudies oor ’n ongewone gesin – Marta, Maria en Lasarus Bestel by: Prys: R59.95


Κατέβασμα ppt "Handelinge 2:1-21 Handelinge 2:1-21"

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Διαφημίσεις Google