Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Johannes 16:12-15 Oorsig Drie-eenheidsondag is die eerste Sondag van Koninkrykstyd en ook 'n feesdiens. Dit is 'n goeie geleentheid om te fokus op hoe.

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Παρουσίαση με θέμα: "Johannes 16:12-15 Oorsig Drie-eenheidsondag is die eerste Sondag van Koninkrykstyd en ook 'n feesdiens. Dit is 'n goeie geleentheid om te fokus op hoe."— Μεταγράφημα παρουσίασης:

1 Johannes 16:12-15 Oorsig Drie-eenheidsondag is die eerste Sondag van Koninkrykstyd en ook 'n feesdiens. Dit is 'n goeie geleentheid om te fokus op hoe al drie Persone van die drie-enige God aktief teenwoordig is in ons lewe. Die kleur vir Koninkrykstyd is groen en kan reeds op hierdie Sondag in die liturgiese ruimte aangebring word. Drie-eenheidsondag is egter 'n viering van die drie-enige God en daarom kan die kleure wit en goud ook prominensie in hierdie diens geniet. Ander tekste Spreuke 8:1-4, 22-31 8 Dit is Wysheid self wat roep, dit is Insig wat haar stem laat hoor. 2Op die hoogtes langs die pad, by die kruispaaie, gaan sy staan, 3langs die stadspoorte, by die ingange, skree sy dit uit: 4“Ek roep na julle, mense, ek roep na alle mense: 22“Die Here het my geskep, Hy het met my begin; ek is die eerste wat Hy gemaak het, lank, lank gelede. 23Ek is lankal daar, van die begin af, voor die aarde daar was. 24Ek het gekom toe die groot waters nog nie daar was nie, toe daar nog nie fonteine vol water was nie. 25Voor die berge hulle plek gekry het, voor die rante het ek al gekom, 26voor die Here die aarde met sy vlaktes gemaak het, voor Hy selfs die eerste grond gemaak het. 27Ek was daar toe Hy die hemelgewelf opgerig het, toe Hy die horison oor die see afgemerk het, 28toe Hy die wolke daarbo gesit het, die fonteine onder die diep water laat uitborrel het. 29Ek was daar toe Hy vir die see sy grens vasgestel het, die waters aan sy wil onderwerp het, toe Hy die fondamente van die aarde afgesteek het. 30Ek het my kennis by Hom gekry, ek was elke dag sy vreugde; die hele tyd het ek dit by Hom geniet. 31Ek het my verlustig in die wêreld wat Hy gemaak het, die mense was vir my ’n vreugde.   Psalm 8 Lof aan die Skepper 8 Vir die koorleier: met musiek. ’n Psalm van Dawid. 2Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! 3Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring. 4As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U ’n plek gegee het, 5wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? 6U het hom net ’n bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon, 7U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp: 8skape en beeste, alles; selfs die diere in die veld, 9die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis. 10Here, ons Here, oor die hele aarde!  Romeine 5:1-5 Die vrug van die vryspraak 5 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. 2Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. 3Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Fokusteks: Johannes 16:12-15 Die werk van die Heilige Gees 5"Nou gaan ek na Hom toe wat My gestuur het, en tog vra niemand van julle vir My: 'Waar gaan U heen?' nie. 6Maar omdat Ek dit vir julle sê, is julle harte vol droefheid. 7Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur. 8En wanneer Hy kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is, en dat die oordeel al gekom het. 9Die wêreld is skuldig aan sonde, want die wêreld glo nie in My nie; 10die reg is aan my kant, want Ek gaan na die Vader toe, en julle sal My nie meer sien nie; 11die oordeel het al gekom, want die owerste van hierdie wêreld is klaar veroordeel. 12"Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle sal dit nie nou kan begryp nie. 13Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. 14Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. 15Alles wat aan die Vader behoort, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.„ Eksegetiese opmerkings Bybel-Media se Woord en Fees bevat volledige eksegetiese inligting oor die teks. Bestel by Meegaande preek is 'n geredigeerde weergawe van materiaal in Woord en Fees.

2 Johannes 16:12-15 PowerPoint agtergrond
Die prent van die kompas sluit aan by die familie-oomblik. Dis vanaf pixnio.com in die publieke domein. Of gebruik die werk getiteld “Come, Holy Spirit” deur Sharon Tate Soberon by flickr.com (creative commons).

3 Johannes 16:12-15 Die “trinity knot” kom van commons.wikimedia.org en is ook in die publieke domein. Dit is ‘n tradisionele Keltiese simbool van die Drie-eenheid, wat ook teruslaan op die Ιχθυς vis-simbool. Dit dui op die eenheid en ewigheid van God. Dis ook die simbool wat op die titelblad van sekere uitgawes van die New King James vertaling van die Bybel gebruik word. Die sirkel word soms bygevoeg om die eenheid en ewigheid van God te beklemtoon, hoewel sommige bronne sê dat die sirkel God se liefde simboliseer. Liturgie Daar is in die liturgie gebruik gemaak van Bybelmedia se preekstudies sowel as van vorige bydraes by seisoenvanluister.co.za. Aanvangs lied Jesus bron van al my vreugde vs 1,2 Aanvangswoord Seëngroet Sang 199 Loof die Here uit die hemel vs 1,2,3 Wet Vryspraak Romeine 5:1-5 Geloofsbelydenis Gemeente: Lied 175 “Majesteit” vs 1 Gemeente: 436 Herskep o Gees laat leef o Gees vs 1,2,3 Epiklese Skriflesing Johannes 16:12-15 Familie-oomblik Prediking Gebed Offergawes Wegsending 450 Vader Seun Heil’ge Gees vs 1,2 Seën Antwoord Lied 312/313/314/315/ of F361. Laat Dit So Wees (Amen) (RUBRIEK: Kersflam – Gebed) of Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”)

4 God nooi ons uit en ons kom tot rus
Aanvangs lied Jesus bron van al my vreugde vs 1,2 Aanvangswoord Gemeente: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde. Voorganger: Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring. G: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde. V: As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U ’n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? U het hom net ’n bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon. V: U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp: skape en beeste, alles, selfs die diere in die veld, die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis. 2015_Handleiding vir die erediens - responsoriese tekste Seëngroet Wees gegroet in die naam van God ons liefdevolle ouer, Vader én Moeder; en God se eniggebore Seun uit die maagd Maria; en die Heilige Gees, God se krag en teenwoordigheid hier by ons. Amen. Sang 199 Loof die Here uit die hemel vs 1,2,3 Wet Voorganger: Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. Jy mag naas My geen ander gode hê nie. Gemeente: Dankie dat ons U kan erken as die enigste ware God. V: Jy mag nie enige beeld of afbeelding vereer nie, want Ek eis onverdeelde trou aan My. G: Dankie dat ons U kan leer ken uit u Woord en die sakramente. V: Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie. G: Dankie dat ons u heilige Naam mag aanroep. V: Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. G: Dankie dat U vir ons sorg en vir tye van rus. V: Eer jou vader en jou moeder. G: Dankie vir ons ouers en ander mense wat vir ons omgee. V: Jy mag nie moord pleeg nie. G: Dankie dat U vir ons die lewe as ’n waardevolle geskenk gee. V: Jy mag nie egbreuk pleeg nie. G: Dankie dat U dit vir ons moontlik maak om aan mekaar getrou te wees. V: Jy mag nie steel nie. G: Dankie dat U vir ons die vermoë gee om te kan werk. V: Jy mag nie vals getuienis teen ’n ander gee nie. G: Dankie dat U ons in die waarheid lei. V: Jy mag nie iemand anders se besittings begeer nie. G: Dankie vir wat ons uit u hand ontvang. Vryspraak Romeine 5:1-5 Die vrug van die vryspraak 5 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. 2Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. 3Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Geloofsbelydenis Stem 1: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. Gemeente: 456 Loof heel die skepping, loof die Heer vs 1,3 Stem 2: En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, wat gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het. Gemeente: Lied 175 “Majesteit” vs 1 Stem 3: Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo aan ’n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die vlees en ’n ewige lewe. Gemeente: 436 Herskep o Gees laat leef o Gees vs 1,2,3 Liedere F4. O Heilige Gees, Kom Maak My Nuut (RUBRIEK: Flammikidz) Teks en musiek: Hanneke Engelbrecht © 2009 FLAM Uitgewers O, Heilige Gees, kom maak my nuut. Kom vul my hele lewe. F193. Heilig Is Die Heer (RUBRIEK: Kruisfuur – Verwondering / Toewyding) Teks en Musiek: Stass & Elanie van Veuren © 2008 MAR Gospel Music Publishers Lank genoeg het ons buite gestaan Te lank tevrede met krummels van U heerlikheid Vader ons wil deurdruk na U heiligste Voor U staan soos ons is Saam met eng'le wil ons staan Saam met eng'le wil ons sing Refrein: Heilig, heilig, heilig is die Heer

5 God praat met ons en ons luister
Epiklese God vir ons, ons noem U, Vader, God langs ons, ons noem U, Jesus, God in Ons, ons noem U, Heilige Gees. U is die Ewige Geheimenis wat in staat stel, ontvou, en alle dinge weer lewendig maak, selfs ons en ek ook. Elke naam skiet tekort aan u goedheid en grootheid. Ons kan slegs sien wie U is. Ons vra om ten volle te sien. Soos dit was in die begin, is dit nou, en sal dit altyd wees. Amen. (Richard Rohr; Skriflesing Johannes 16:12-15 Familie-oomblik Prediking

6 Familie-oomblik Familie-oomblik
Gebruik die voorbeeld van ’n kompas om die werk van die Heilige Gees wat ons in die hele waarheid lei, te verduidelik: ’n Kompas is ’n baie handige instrument. Dit help jou om nie te verdwaal nie. Om die waarheid te sê, as jy wel verdwaal, help die kompas jou om die pad terug te vind. ’n Kompas het vier hoofrigtings, Noord, Suid, Oos en Wes. Die naald van die kompas wys altyd Noord. As jy dus Suid wil gaan, gaan jy in die teenoorgestelde rigting van die naald. As jy Oos wil gaan, gaan jy Oos (wys op die kompas). En as jy Wes wil gaan? (Laat die kinders antwoord) Wat sou gebeur as die naald van die kompas nou Noord wys en dan weer Suid? ’n Mens sou heeltemal verdwaal en nie weet waar jy is nie! Die kompas moet altyd in dieselfde rigting wys, as dit jou moet help om jou rigting te kry. Die Here het vir ons ’n betroubare kompas gegee, ’n geestelike kompas. Ons geestelike kompas is die Heilige Gees. Waarheen wys die Heilige Gees altyd. Hy wys altyd na die Bybel. Dit is die geestelike Noord. Die Heilige Gees help ons om te weet wat God wil hê, hoe Jesus wil hê dat ons moet lewe. Sommige mense wil vertrou op hulle gevoelens. Maar dit help nie. Ons gevoelens kan verander. En as ons goed voel oor iets, beteken dit mos nog nie dat iets goed is nie, of hoe? Sommige mense kyk weer wat ander mense doen. Dit help ook nie. Net omdat almal iets doen, beteken dit nog nie dit is reg nie, of hoe? Môre doen hulle weer iets anders. Die Heilige Gees lei ons deur die Bybel om God se wil te verstaan. Meer nog. Hy help ons om God se wil te doen. Hoe doen Hy dit? Hy is binne ons en oortuig ons van wat reg is. En Hy gee vir ons die krag om God se pad te kies. Om in die Bybelse pad te loop. Elke keer as jy nie weet hoe verder nie, kan jy die Bybel oopmaak en die Heilige Gees vertrou dat Hy vir jou die regte woorde sal gee, sodat jy kan weet in watter rigting jy moet gaan. Kom ons dank die Here dat Hy sy Gees vir ons gegee het, sodat ons sy wil in die Bybel kan verstaan en dit kan doen.

7 Ons is beperk Preekriglyn
Dit is vandag Drie-eenheidsondag. Ons word in ons geloof versterk wanner ons nadink oor God se betrokkenheid in God se wêreld en kerk as Vader, Verlosser en Leermeester. Alhoewel ons teksgedeelte slegs uit vier verse bestaan, is dit gevul met ryke inhoud. Ons is beperk In vers 12 sê Jesus Hy het nog baie om te deel, maar die disspels sal dit nie nou kan begryp nie. Jesus voel dat die dissipels hulle limiet bereik het en sal waarskynlik nie nou alles al kan begryp nie. Om te kan begryp, het die dissipels die beloofde Heilige Gees nodig. Die Gees sal die dinge oor God aan hulle openbaar. Hoewel die Here se Woord helder is, het ons die Heilige Gees nodig om dit in ons begripswêreld in te dra. Die Gees kom ons beperkings tegemoet.

8 Die Gees lei ons Die Gees lei ons
Verse 13 en 14 plaas die belangrike onderwerp van die koms en werk van die Heilige Gees op die tafel. Die rol van die Gees word nou in 'n reeks stellings oor: die gesag van die onderrig, die bron, die waarheid daarvan, en die doel van die Gees se werk uiteengesit. Jesus verduidelik hoe die Heilige Gees die dissipels gaan lei wanneerdie Gees kom. Jesus doen dit deur na die Heilige Gees te verwys as die "Gees van die waarheid". Die waarheid wat die Gees onderrig sal aan Jesus verbind wees. Dit beteken die bediening van die Gees sal nie nuwe waarhede bring nie, maar sal bevestig wat die Seun in die wêreld gedoen het. Dit is 'n waarheid wat nie alleen deur verstandskennis ontvang word nie, maar deur deelname aanGod se werk as dissipels van Jesus. Die Gees is Self ook die waarheid wat die dissipels in en deur die lewe lei.

9 Eenheid in God Eenheid in God
Derdens verklaar vers 15 die wesenlike eenheid van God as Vader, Jesus die Seun en die Gees. Hierdie Drie is wedersyds betrokke by die Vader se wil en woord. Meer as dit, dit wat die Vader vir die Seun gee, sal die Gees vir Jesus se navolgers gee. Die eenheid tussen die drie Persone van die Drie-eenheid word uitgedruk in hulle gedeelde boodskap. Die Gees doen sy bediening doen as deel van die gesamentlike bediening van God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees. Die Heilige Gees is die praktiese Bedienaar wat die werk van die Drie-enige God in die wêreld voortsit en uitvoer. Die Gees bly op Christus-gefokus. Die Gees se bediening is om die wêreld te oortuig en om die kerk te lei in insigte oor die aard van die Christelike lewe in die nuwe verbond.

10 Eerste minister Eerste minister
In vers 15 word die Gees amper soos 'n moderne eerste minister uitgebeeld wat in 'n uitvoerende amp staan. Hier leer ons dat, terwyl alles wat aan God behoort ook aan Jesus die Seun behoort, dit die rol van die Gees is om in die geloofsgemeenskap te werk om die boodskap getrou oor te lewer, dat wat aan die Seun behoort (en aan die Vader) nou ook aan die navolgers van die Seun behoort. Dit is die wonder van die Drie-eenheid: die werk van Vader en van Seun word deur die Gees 'n praktiese werklikheid in ons lewens.

11 Leermeester Leermeester
Die fokus is dus hier op die Gees as onderwyser (leermeester) van die dissipels van Jesus Christus. Maar wat merkwaardig is, is dat daar niks nuuts in sy onderwysing is nie, aangesien dit trou aan die kommunikasie van die Gees is om in lyn te bly met die basiese onderrig van Jesus Self. Alhoewel Jesus met die beperkte kapasiteit van sy dissipels te make gehad het en net aan hulle kon leer wat hulle op daardie stadium in staat was om te hoor, sit die werk van die Gees Jesus se onderrig voort totdat dit voltooi is.

12 Vaste fondament Vaste fondament
Wat die gemeenskap sal leer van die Gees is konsekwent met dit wat die gemeenskap van Christus geleer het. Daarom sal die gemeenskap in staat wees om oor die "geldigheid en betroubaarheid" van hierdie nuwe lering te kan oordeel, deur vir hulleself te vra of dié lering in ooreenstemming is met die fondament wat Christus Self gelê het. Meer as dit, die Gees van waarheid bring heerlikheid aan Christus en by implikasie aan die Vader, en nie aan die Gees sigself nie. Onderrig wat aanspraak maak op inspirasie fokus noodwendig weg van die een wat die onderrig doen en is spesifiek gerig op Christus. Tot vandag onderskei die kerk die waarheid deur te vra of dit op Christus bou.

13 Belangrike implikasies
Ons teks het belangrike en konkrete implikasies vir Christene van alle eeue, beide wat die werk van Christus en die werk van die Gees betref. Met betrekking tot die werk van Christus vind ons eerstens dat Christus Self die fondamente gelê het waarop die voortgaande werk van die Gees in die lewe van die kerk bou. Geen nuwe fondasies word gelê nie. Daarom sal enige pogings om die Christelike geloof te herdefinieer in terme van nuwe kontemporêre gevoelens, eers getoets moet word aan die kontinuïteit met die lering van Christus. Tweedens, Christus is Self nou die venster op God. Omdat Christus die Seun en God die Vader is, beteken om die Seun te sien, juis die gawe/ontvangs van 'n onthullende blik op die Vader. Hulle verhouding is die basis van Christus se vermoë om God te openbaar. Derdens trek die werk van die Gees gelowiges in hierdie verstrengelde gebeure in. God in Christus, reik uit na die mensdom en nou sit die Gees daardie werk van openbaring en verlossende liefde voort. Met betrekking tot die werk van die Gees, is dit veral die rol van die Gees as onderwyser en getuie wat in hierdie teksgedeelte sterk na vore tree. Hierdie voorstelling van die Gees as onderwyser beklemtoon die rol van dieGees in die vorming en vormgewing van die Christelike geloofsgemeenskap. Die Gees maak dit moontlik dat die woorde van Jesus voortdurend nuut klink in immer veranderende omstandighede.

14 Bewaar én kreatief Bewaar én kreatief
Aan die een kant is die rol van die Heilige Gees dus dié van bewaring (conserving). Die Gees stel die geloofsgemeenskap in staat om op enige stadium in hulle lewe terug te reik na die onderrig van Jesus en te onthou wat Hy hulle geleer het. Dit moet as 't ware nuwe lewe en nuwe verstaan van Jesus se lering in nuwe omstandighede na vore roep. Aan die ander kant, is die rol van die Heilige Gees as onderwyser om "kreatief" te wees. Die Gees stel die woorde van Jesus in staat om vorentoe te beweeg van 'n sekere moment in die geskiedenis tot die teenswoordige lewe van die kerk. Die Gees gee nuwe betekenisse aan die lering van Jesus soos wat veranderende omstandighede van geloofsgemeenskappe in die wêreld vereis.

15 In krisisse In krisisse
'n Goeie voorbeeld hiervan is hoe die Here on lei wanneer ons deur krisisse beweeg. Die woorde van Jesus wat gemeenskapslede voor 'n krisis ontvang, verskil van dit wat hulle na 'n krisis ontvang. Sedert die begin 1990's het die omstandighede waarin ons kerk moet wees radikaal verander. Tog gee die Gees vir ons die woorde en insigte om getrou aan die Here te bly. Die Gees lei ons in die waarheid, selfs al is ons uitdagings radikaal anders. Nog 'n voorbeeld: as iemand probeer om vir 'n adolessent te vertel wat hy of sy nodig het om van Jesus te hoor om die lewe op dertig-, veertig- of sewentigjarige ouderdom te verduur, sal die adolessent nie in staat wees om dit te kan verstaan of te begryp nie. Die woorde van Jesus wat 'n gemeenskap nodig het om in hulle veranderende sosiale en ekonomiese omstandighede sin te maak, is eweseer nie moontlik om vooruit te verstaan nie, omdat daar nie 'n konteks vir sulke woorde vooruit bestaan nie. Die vierde evangelis stel dus die Heilige Gees aan ons bekend as die waarborg dat die woorde van Jesus altyd beskikbaar sal wees as vars woorde vir enige toekoms.

16 Dankie, Heilige Gees Dankie, Heilige Gees
Ons is soveel meer aan die Heilige Gees verskuldig as wat ons dikwels besef: Die Gees hou Christus lewend in ons geloofsgemeenskap deur van Christus te getuig, en ons aandag op die God van Christus, ons Vader, te vestig; Die Gees lei ons in die waarheid: die Gees maak God se waarheid in die Woord vir ons toeganklik, en help ons om dit reg toe te pas; Die Gees ondersteun ons in snel-veranderende omstandighede en lewensfases

17 God stuur ons om te leef Gebed Offergawes Wegsending 450 Vader Seun Heil’ge Gees vs 1,2 Seën Ons Here, die Hemelvader se liefde en genade; Ons Here Jesus, die Redder se trou, vrede, wysheid en geluk; en die Gees van God se leiding, hulp en troos sal met ons wees. Amen (uit Lied 452 “Here, Hemelvader”). of Herinnering Matteus 28:18-20 Die fees van die Drie-enige God is ons lof aan God wat Homself vir ons gegee het, sodat ons ons aan Hom kan gee. Onthou hoe Jesus sy bediening aan ons, sy kerk, opgedra het . . . “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou . . .” “Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Antwoord Lied 312/313/314/315/ of F361. Laat Dit So Wees (Amen) (RUBRIEK: Kersflam – Gebed) Teks en musiek: Neil Büchner Kopiereg:  Flam Musiek-Uitgewers Laat dit so wees, Here, Amen. Heer, laat ons leef soos U leer Here, Amen. Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”) Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan 1. Here, ons God, as ons nou huis toe gaan, vra ons u seën, waar ons hier voor U staan. U het u goedheid weer aan ons betoon, ons saamwees in u Naam met guns bekroon. 2. Ons bid tot U, o Vader, Seun en Gees, laat ons vir ander ook tot seën wees. Maak ons getuies van u Naam, o Heer, dat ook die wêreld U sal dien en eer. 3. U wat in liefde altyd by ons bly, wees ons tog in ons lief en leed naby. Sou daar beproewing oor ons pad kom, Heer, maak ons volhardend in geloof al meer. Volgende erediens Galasiërs 3:23-29 Liturgie en familie-oomblik: Wicus Wait Powerpoint: Rethie van Niekerk Preekriglyn: Danie Mouton Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

18


Κατέβασμα ppt "Johannes 16:12-15 Oorsig Drie-eenheidsondag is die eerste Sondag van Koninkrykstyd en ook 'n feesdiens. Dit is 'n goeie geleentheid om te fokus op hoe."

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Διαφημίσεις Google