Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Hoofstuk 17 - Golwe II In hierdie hoofstuk bestudeer ons klankgolwe en ons gaan op die volgende onderwerpe konsentreer: Spoed van klankgolwe Interferensie.

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Παρουσίαση με θέμα: "Hoofstuk 17 - Golwe II In hierdie hoofstuk bestudeer ons klankgolwe en ons gaan op die volgende onderwerpe konsentreer: Spoed van klankgolwe Interferensie."— Μεταγράφημα παρουσίασης:

1 Hoofstuk 17 - Golwe II In hierdie hoofstuk bestudeer ons klankgolwe en ons gaan op die volgende onderwerpe konsentreer: Spoed van klankgolwe Interferensie van klankgolwe Klankintensiteit en Klankvlak Bronne v Musikale klanke “Beats” of swewing v klank Die Doppler effek

2 Klankgolwe is meganiese longitudinale golwe voortgeplant in vaste stowwe, vloeistowwe en gasse.
Die figuur toon ‘n vb. van ‘n puntbron van klankgolwe. Ons aanvaar dat die omringende medium isotropies is, dws klank plant voort met dieselfde spoed in alle rigtings. Die klankgolwe sprei uniform uit en die golffronte is sfere met middelpunt die puntbron. Die enkelpyle toon strale aan. Die dubbelpyle toon die beweging van die molekules van die medium waarin die klank voortplant.

3 Die Spoed van Klank Die spoed van enige meganiese golf, transversaal of longitudinaal, hang af van beide die traagheidseienskap van die medium (om kinetiese energie te stoor) en die elastiese eienskap van die medium (om potensiële energie te stoor). Die vgl. wat die spoed van ‘n transversale golf in ‘n tou voorstel, kan veralgemeen word deur dit as volg te skrywe: waar (vir transversale golwe) τ die spanning in die tou is en μ die tou se liniêre digtheid is.

4 Indien die medium lug is en die golf longitudinaal, kan die traagheidseienskap, wat met μ ooreenstem, die volume digtheid ρ, van die lug wees. Wanneer ‘n klankgolf deur die lug beweeg, word die potensiële energie verbind met die periodiese saampersing en uitsetting van die lug elemente.

5 Bulk modulus Die eienskap, wat bepaal in watter mate ‘n element van ‘n medium in volume verander wanneer die druk (krag per eenheidsoppervlakte) daarop verander, word die bulk modulus B genoem en word as volg gedefinieer: SI-eenheid: pascal NB: Die negatiewe teken dui daarop dat die volume verminder soos die druk toeneem. Plaas B in τ en ρ in μ se plek in vgl.17-1 dan:

6 Nota 1: Die bulk modulus, B is kleiner vir meer saampersbare mediums
Nota 1: Die bulk modulus, B is kleiner vir meer saampersbare mediums. Sulke mediums het ‘n kleiner spoed vir klank. Nota 2: Digter mediums (groter ρ) het ‘n kleiner spoed vir klank.

7 Bewegende Klankgolf

8 Verplasing v deeltjies a.g.v ‘n klankgolf
Vir transversale golwe ossilleer die medium se deeltjies vertikaal (y-as) t.o.v. horisontale (x-as) beweging van die golf. Die deeltjies se verplasing is dan in die vorm y(x,t). Vir longitudinale golwe, soos klankgolwe, vibreer die medium, bv. lug, se deeltjies parallel tot die golf se bewegingsrigting, maar x(x,t) is verwarrend. Dus eerder in die vorm s(x,t):

9 Δp = pf - pi < 0 → uitsetting; Δp > 0 → samepersing
Soos die golf beweeg, varieer die lugdruk by enige posisie x sinusiodaal soos gegee deur: Faseverskil = π/2 of 90˚ Δp = pf - pi < 0 → uitsetting; Δp > 0 → samepersing

10 Interferensie Twee puntbronne S1 en S2 stuur sferiese klankgolwe uit wat in fase is. Hulle beweeg deur dieselfde punt P. In die figuur is die afstand L2 , wat die golf vanaf S2 aflê, langer as die afstand L1 wat die golf vanaf S1 aflê. Die verskil in afstand beteken dat die golwe dalk nie in fase is wanneer hulle P bereik nie.

11 Interferensie Die faseverskil, φ by P hang af van die verskil in hul padlengtes: ΔL = │L2 – L1│ Om die verband tussen faseverskil φ en die padlengteverskil ΔL aan te dui, word gebruik gemaak van die feit dat ‘n faseverskil van 2π rad ooreenstem met een golflengte. Die volgende verhouding kan dus geskryf word: (17-20) (17-21) Aflei! Dus volg:

12 Konstruktiewe Interferensie
Vind plaas as φ = 0, 2π, 4π, 6π, ... Dus vir φ = m(2π), vir m = 0, 1, 2, ... Faseverskil = heelgetal veelvoude van 2π Uit vgl volg: m(2π) = (2π)ΔL/λ m = ΔL/λ = 0, 1, 2, ... (17-23) Dus padverskil ΔL = 0, λ, 2λ, 3λ, ..., heelgetal veelvoude van golflengte gee konstruktiewe interferensie! Aflei

13 Destruktiewe Interferensie
Vind plaas as φ = π, 3π, 5π, 7π, ... Dus vir φ = (2m+1)π, vir m = 0, 1, 2, (17-24) Faseverskil = onewe veelvoude van π Uit vgl volg: (2m + 1)π = (2π)ΔL/λ ΔL/λ = 0.5, 1.5, 2.5, (17-25) Dus padverskil ΔL = 0.5 λ, 1.5λ, 2.5λ, ..., halwe heelgetalveelvoude van golflengte gee destruktiewe interferensie! Aflei

14 Intensiteit en Klankdruk(of klankvlak)
Die intensiteit I van ‘n klankgolf by ‘n oppervlakte, is die gemiddelde tempo per eenheidsoppervlakte waarteen energie deur die golf aan die oppervlakte oorgedra word (of deur die oppervlakte beweeg). SI-eenheid: W/m2 (J.s-1.m-2)

15 Verandering in Intensiteit met Afstand
In sekere gevalle kan eggo’s geïgnoreer word en kan aanvaar word dat die klankbron ‘n puntbron is wat klank isotropies— dws met dieselfde intensiteit in alle rigtings uitstuur. Die intensiteit I kan gegee word deur: waar 4πr2 die area van ‘n sfeer is. Die vgl. dui aan dat die intensiteit van klank vanaf ‘n isotropiese puntbron afneem met die kwadraat van die afstand r vanaf die bron.

16 Die Desibelskaal dB = desibel, die eenheid van klankvlak
Die verplasingsamplitude by die menslike oor strek van omtrent 10-5 m vir die hardste uitstaanbare klank tot omtrent m vir die sagste hoorbare klank, ‘n verhouding van omtrent 106. Die intensiteit van die klank varieer met die kwadraat van sy amplitude, dus is die verhouding van die intensiteite by die twee grense van die mens se gehoor Die mens se oor kan dus ‘n groot omvang van intensiteite hanteer. In plaas daarvan om van die intensiteit I van ‘n klankgolf te praat, is dit geriefliker om die klankdruk (“sound level”) β te gebruik, wat gedefinieer word as: 10-12W/m2, naby die laagste limiet v/d menslike gehoor dB = desibel, die eenheid van klankvlak β vermeerder met 10 dB elke keer wanneer die klank-intensiteit met ‘n faktor van 10 vermeerder.

17 Doen Sample Problems 17-4 & 17-5

18 Klank Staande Golwe in Pype
Beskou ‘n pyp gevul met lug wat albei kante oop is. Klankgolwe wat ‘n golflengte het wat die spesifieke verhouding met die lengte van die pyp het, laat staande golwe ontstaan met volhoubare amplitudes.

19 Pype met twee oop ente Staande golwe het antinodusse (maksimum verplasing amplitude) by albei oop ente. Twee antinodusse is altyd geskei deur ‘n nodus (minimum / nulverplasing) en ‘n afstand van λ/2. Fig. b wys die “fundamentele modus” of “eerste harmonie” van die pyp. Die lengte van die pyp, L = λ/2, dus λ = 2L en f = v/λ = v/2L

20 Staande golwe in Pype met Twee Oop Kante
Die volgende drie staande golfpatrone is getoon in fig.a. Die golflengte word gegee deur: Ooreenstemmende frekwensies: waar n = 1, 2, 3, .... n = harmoniese getal (17-39) Aflei!

21 Staande golwe in Pype met Een Oop en Een Toekant
Fig.b wys die eerste 4 staande golfpatrone. Daar vorm altyd by oop ent ‘n antinodus en by toe ent ‘n nodus. L = ½(λ/2) = λ/4 Die golflengtes vir hierdie staande golwe kan bereken word deur: en (17-41)Aflei! Vir alle onewe waardes van n Slegs onewe getal harmonieë!

22 Doen Sample Problem 17-5&6

23 “Beats” of Swewinge As ons luister na twee klanke, ‘n paar minute uitmekaar, met verskillende frekwensies, bv. 552HZ & 564Hz, is dit moeilik om twee klanke te onderskei. Indien klanke gelyktydig ons ore bereik, hoor ons ‘n klank met ‘n frekwensie v 558Hz, die gemiddelde frekwensie v/d kombinerende frekwensies. Ons hoor ook ‘n duidelike variasie in die klankintensiteit- dit vermeerder en verminder in stadige ritmiese swewinge wat herhaal teen ‘n frekwensie van 12Hz, die verskil tussen die twee kombinerende frekwensies. Kyk fig.17-18

24 “Beats” of Swewinge Laat die tydafhanklike variasie v/d verplasings a.g.v. die twee klankgolwe met gelyke amplitudes sm wees waar ω1 > ω2. Uit die Superposisie Beginsel, is die resulterende verplasing Die trigonometrie identiteit Laat ons toe om die resulterende verplasing te skryf as (17-43)

25 Beats Aflei Maar omdat ω1 & ω2 amper gelyk is, is ω >> ω’.
As ons dan skryf (17-44) kan ons vgl herskryf as Aflei Maar omdat ω1 & ω2 amper gelyk is, is ω >> ω’. Dan word Vgl ‘n cos funksie met hoekfrekwensie, ω, en amplitude gelyk aan die term in hakies se absolute waarde (wat varieër met hoekfrekwensie, ω’). Amplitude het tweekeer ‘n maks. , waar cosfunksie = -1 of +1.

26 Omdat cos ω’t ‘n hoekfrekwensie ω’ het, is die hoek-frekwensie ωbeat waarteen die swewinge plaasvind
Omdat ω = 2πf, kan ons dit herskryf as

27 Die Doppler-effek Die verskynsel waar ‘n verandering in frekwensie waargeneem word indien ‘n waarnemer en klankbron relatief tot mekaar beweeg. Ons gaan kyk na klankgolwe met lug as die medium. Die spoed van die bron S en die waarnemer D word gebruik. Daar word aanvaar dat S en D of direk na mekaar toe of weg van mekaar beweeg teen snelhede wat minder as die van klank is. Aanvaar dat die frekwensie van die bron gelyk is aan f en die frekwensie wat die waarnemer hoor f’ is.

28 Indien die waarnemer D of die bron S (of albei) beweeg, is die verband tussen die oorspronklike frekwensie f en die waargenome frekwensie f´ as volg: Aflei! v = die spoed van klank in lug vD = die waarnemer se spoed (relatief tot die lug) vS = die bron se spoed relatief tot die lug. Die volgende reël kan gebruik word om vas te stel of die plus of minus tekens gebruik moet word: NB Wanneer die relatiewe beweging van bron en waarnemer na mekaar toe is, moet die antwoord ‘n hoër frekwensie gee. Indien die twee weg van mekaar beweeg, moet die antwoord ‘n laer frekwensie wees.

29 Waarnemer & Bron stilstaande
Ons begin eers deur te kyk na beide waarnemer en bron as stilstaande: In tyd t beweeg golffronte ‘n afstand, vt Aantal golwe wat in tyd t verby D beweeg is, vt/λ Frekwensie van golwe waargeneem deur D: (17-48) Geen Doppler effek!

30 Waarnemer beweeg, Bron stilstaande
Golf beweeg in tyd t ‘n afstand vt regs, terwyl D ‘n afstand vDt links beweeg. D na Bron Golffronte beweeg in dieselfde tyd, t, relatief tot D, met ‘n spoed v + vD en ‘n afstand, vt + vDt. Aantal golwe verby D: Dus waargenome frekwensie by D is (17-49) Uit vgl.17-48, volg λ=v/f, dus volg: (17-50) f‘ > f

31 Waarnemer beweeg, Bron stilstaande
Indien D weg van bron beweeg, na regs, ‘n afstand vDt volg: Golffronte beweeg in dieselfde tyd, t, relatief tot D, ‘n afstand, vt - vDt. Dus waargenome frekwensie by D is (17-51) f‘ < f Dus volg: (17-52)

32 Bron beweeg, Waarnemer stilstaande
Waarnemer D, is stilstaande, en bron S, beweeg na D met spoed vS. In tyd T, beweeg golffront W1, ‘n afstand vT, terwyl die bron ‘n afstand vST, beweeg. Spoed van klankgolf relatief tot waarnemer D is dus: v - vS Afstand van golf afgelê in tyd T,: λ’ = (v - vS )T Frekwensie waargeneem deur D: f‘ > f (17-53)

33 Bron beweeg, Waarnemer stilstaande
Waarnemer D, is stilstaande, en bron S, beweeg weg van D met spoed vS. Nou is spoed van klankgolf relatief tot waarnemer D: v + vS Afstand van golf afgelê in tyd T,: λ’ = (v + vS )T Frekwensie nou waargeneem deur D: (17-54) f‘ < f Vgl &17-54 saam gee: (17-55)

34 Beide bron & waarnemer beweeg
Hoe gemaak indien beide waarnemer en bron beweeg, maar teen verskillende spoede relatief tot mekaar? Kies die rigting van die klankgolwe wat altyd vanaf die bron na die waarnemer beweeg as positief, +. Bepaal dienooreenkomstig die rigtings van die bron en waarnemer t.o.v die rigting van die klankgolwe: Maklikste manier is om die volgende formule te gebruik:

35 Doppler effek + - - + + + - - Klank regs : + Vir alle situasies:
vS vD Doppler effek Klank regs : + Vir alle situasies: Doen Sample Problems 17-5,17-6 & 17-8


Κατέβασμα ppt "Hoofstuk 17 - Golwe II In hierdie hoofstuk bestudeer ons klankgolwe en ons gaan op die volgende onderwerpe konsentreer: Spoed van klankgolwe Interferensie."

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Διαφημίσεις Google