Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Η παρουσίαση φορτώνεται. Παρακαλείστε να περιμένετε

Johannes 19:17-42.

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Παρουσίαση με θέμα: "Johannes 19:17-42."— Μεταγράφημα παρουσίασης:

1 Johannes 19:17-42

2 Ingenooi deur God Ons raak bewus van ons diepste behoeftes, vrae en vrese en gee ons oor aan God

3 Bobby Fischer was een van die beste skaakspelers wat die wêreld al ooit opgelewer het. Een van sy passies was om kunsmuseums te besoek. Hy het een dag lank voor ’n skildery gestaan met die titel “Skaakmat”. Dit was ’n skildery van die duiwel wat met ’n jong man skaak speel. Die duiwel het ’n glimlag op sy gesig terwyl hy sy skaak beweging maak en die sweet loop by die gesig van die jong man af, want hy dink hy is geskaakmat. (Foto op volgende skyfie). Bobby Fischer het ’n skaakbord geneem en dit presies uitgepak soos dit in die skildery was. En na paar ’n oomblikke het hy hardop uitgeroep: “Jong man, ek wens jy kan my hoor, want daar is nog een beweging hierna op die tafel oor en dan is dit ‘skaakmat’. En die beweging is nie die duiwel s’n nie, maar joune!” Onthou die lewe kan vir jou baie maal “skaak” sê, maar nooit “skaakmat” nie, omdat Jesus hierdie kruiswoorde gesê het: “Dit is volbring!”. Jesus het alles oorwin met Sy kruisiging en opstanding.

4 Skildery van die duiwel wat met ’n jong man skaak speel.

5 Sing FLAM 91 U genade’s vir my genoeg
Oorspronklike titel: Uw genade is mij genoeg Teks en Musiek: Marcel Zimmer Afrikaanse vertaling: Faani Engelbrecht © 1998 Celmar Music 1. Sien hoe Jesus daar loop in Jerusalem, met ‘n kruis op Sy rug en ‘n doringkroon. Hoor hoe die menigte skreeu en roep: “Kruisig Hom!” – so betaal Hy die sondeloon. 2. Sien die Lam aan die kruis daar op Golgota: God wat mens word en ly, die vernedering. Sien die liefde vir ons in Sy oë staan, toe Hy roep: “Dit is volbring!” Ja, ek dank U vir U genade, o Heer, U het die kruis gedra. U bewys U genade aan my telkens weer en dis meer as wat ek kan vra. 3. In die ryk van die dood het Hy neergedaal. Ja, uit liefde vir ons wat ons nie verstaan. Maar die steen van die graf is nou weggehaal - Jesus leef, Hy het opgestaan! 4. En nou kom ek tot U met vrymoedigheid; met ontsag en respek, kniel ek voor U neer. U is Koning en God tot in ewigheid U is Jesus die hoogste Heer.

6 Ja, ek dank U vir U genade, o Heer,
U het die kruis gedra. U bewys U genade aan my telkens weer en dis meer as wat ek kan vra. U genade’s vir my genoeg!

7 Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in
Ingaan in God se tyd Ons betree God se wêreld en gaan in God se vrede in

8 Wys ’n foto van ’n huwelik (dalk jou eie
Wys ’n foto van ’n huwelik (dalk jou eie!) en verduidelik aan die kinders dat by hierdie geleentheid twee families skielik aan mekaar verbind word; hulle word familie van mekaar. Dit is by die kruisiging waar ons broers en susters van mekaar geword het.

9 Prentjie met dank geleen by Moreleta.Org
Alternatiewelik kan jy twee planke en ’n boksie spykers neem. Vra die kinders wat ’n mens met hierdie planke en spykers sou kon maak. Wys vir hulle dat ’n mens ’n brug kan bou wanneer jy die twee planke langs mekaar neersit. So ’n brug kan dit vir ’n mens moontlik maak om van die een kant van ’n kloof of rivier na die ander kant oor te loop. Wys dan vir hulle dat jy ook ’n kruis kan maak, net soos die kruis waaraan Jesus gehang het (Joh. 19:16-30). Vertel dan die kinders dat God die kruis ook as ’n brug gebruik. Daar was vir baie jare ’n kloof tussen ons en God, maar dat God die Vader vir Jesus, Sy Seun, gestuur het om hierdie afgrond te oorbrug. Die kruis is belangrik omdat dit vir ons wys hoeveel Jesus bereid was om te ly, sodat hierdie kloof tussen ons en God oorbrug kon word. Jesus het nie, toe Hy aan die kruis sterf, gedink dat Hy misluk het nie. Daarom sê Hy: “Dit is volbring” (vers 30), bedoelende dat die brug tussen God en mense klaar gebou is. Nooi kinders uit om hieraan te dink, elke keer as hulle oor ’n brug loop of ’n kruis sien.

10 Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God
Luister na God se Woord Ons luister dieper na die Woord en ontmoet God In die lang gedeelte word die gebeure rondom die kruisiging van Jesus in ’n reeks van tonele weergegee.

11 Toneel 1: Die kruisiging van Jesus
In die eerste toneel word die kruisiging van Jesus beskryf (vers 17-22). Anders as in die Hollywood weergawes van Jesus se kruisiging, vertel Johannes die hele proses in ’n enkele vers (vers 18 – hulle het Hom gekruisig). Johannes is veel meer geïnteresseerd in die eerste skriftelike verslag oor Jesus se lewe. Dis nie ’n boek deur ’n dissipel nie, maar ’n multi-vertaling uitgawe van Jesus se oortreding deur die man wat Hom ter dood veroordeel het. Die eerste skriftelike woorde oor Jesus wat aan ons bekend is, staan op Sy kruis geskryf. In Latyn (die politieke taal), Grieks (die handelstaal van die tyd) en Hebreeus (die moeder- en religieuse taal van die Jode) verklaar Pilatus dat Jesus sou sterf omdat Hy die koning van die Jode is. Hy wou dit nie eers wysig tot "Hy het daarop aanspraak gemaak om die koning van die Jode te wees nie" – vers 21. Op afbeeldinge van Jesus se kruis sien ’n mens dikwels die letters INRI wat die eerste letters is vir die Latyn: Iesus Nasarenus Rex Iudaeorum wat beteken “Jesus die Nasarener, Koning van die Jode.” Die doel daarvan om iemand te kruisig, was nie om hom of haar vinnig en pynloos dood te maak soos met moderne teregstellings nie. Inteendeel, die persoon moes sigbaar (daarom buite die stad langs die verbindingspaaie -19:20) oor ’n tyd lank, vreeslik ly. Hulle krete moes mense nader lok, sodat hulle die rede vir die gekruisigde se vonnis kon lees. Die brutale boodskap was eenvoudig – maak soos dit (die oortreding bo die ou se kop) en ons maak ook só met jou. (Romeinse diplomasie was nooit werklik subtiel gewees nie)! In die antieke wêreld was niks meer gevrees as om gekruisig te word nie. Die Romeine het nie kruisiging uitgevind nie (die Fenisiërs het die patentreg), maar wel vervolmaak. Hulle het dit self egter so afskuwelik beskou dat dit nie op Romeinse burgers toegepas is nie, maar net op slawe en vreemdelinge. Omdat die Jode dit as ’n heidense gebruik beskou het, het hulle gesê: “Vervloek is elkeen wat aan 'n hout opgehang is” (Deut. 21:23; vgl. Gal. 3:13). In dié tyd was daar drie soorte kruise: die met ’n T­vorm, die Andreas-kruis of X-vorm en die Latynse kruis wat in die vorm van ’n plusteken was. Jesus is waarskynlik aan ’n Latynse kruis opgehang, aangesien dit die enigste tipe is waaraan ’n opskrif gevoeg kon word.

12 Op afbeeldinge van Jesus se kruis sien ’n mens dikwels die letters INRI wat die eerste letters is vir die Latyn: Iesus Nasarenus Rex Iudaeorum wat beteken “Jesus die Nasarener, Koning van die Jode.”

13 Toneel 2: Die groepe rondom die kruis
In die tweede toneel word die kontrasterende groepe rondom die kuis beskryf (19:23-27) Eers word die soldate beskryf. Die manne wat so pas ander se dood verseël het, hou te midde van die sterwendes se krete en die gehuil van hulle families ’n rommelverkoping. Die klere van die tereggesteldes is uitgetrek en die soldate het dit soos gebruiklik onder mekaar verdeel. Hulle sien toe dat Jesus se onderkleed in een stuk aanmekaar geweef is (d.w.s. Jesus het waardevolle onderklere gehad) en wou dit nie skeur nie. Toe werp hulle maar die lot daaroor om uit te vind wie dit moes kry. So sterf Jesus kaal. Johannes verander egter Jesus se vernedering in die vervulling van God se plan deur dit in verband met die Ou Testament te bring (lees hier Psalm 22:19- 19:24). Ook Jesus se uitspraak dat Hy dors het, dien vir hom as bewys dat Jesus se dood nie sinloos was nie, maar eerder die vervulling van die OT (19:28). Dan Jesus se familie. Die Maria's – daar is drie van hulle, maar die belangrikste een is sy ma. Aangesien Jesus se pa dood was (haar man), was Hy vir haar verantwoordelik. Al het Jesus broers gehad (7:5) wat vir Sy ma kon sorg, vra Hy sy geliefde dissipel om Maria te versorg as Hy sterf. Hy verklaar die geliefde dissipel die seun van Maria en Maria die ma van die geliefde dissipel (19:26–27). Dis dus 'n gee aan mekaar. Vir Jesus is Sy geloofsfamilie belangriker as Sy bloedfamilie. Terloops, as Hy met Maria Magdalena getroud was, soos Dan Brown (teologiese tuinkabouter!) beweer, is dit vreemd dat Jesus niks oor haar versorging sê nie.

14 Toneel 3: Die dood van Jesus
Die derde kort toneel beskryf die dood van Jesus (19:18-30) Johannes beskryf Jesus se dood as die vervulling van alles. Jesus weet Sy sending op aarde is vervul (Μετὰ του̂το εἰδὼς ὁ Ἰησου̂ς ὅτι ἤδη πάντα τετέλεσται) en daarom vervul Hy die skrif deur te sê dat Hy dors is (,ἵνα τελειωθῃ̂ ἡ γραφή, λέγει· διψω̂ - vers 28b) voordat Hy met Sy laaste asem verklaar dat alles vervul is ([ὁ] Ἰησου̂ς εἰ̂πεν· τετέλεσται – vers 30). Jesus se laaste woorde dui daarop dat Hy alles wat Hy in opdrag van sy Vader moes verrig het, gedoen het (19:30). Die Griekse werkwoord τετέλεσται impliseer dat Sy taak klaar is, en dat die gevolge daarvan nooit sal ophou nie. Net voor Jesus se dood, drink Hy wyn van ’n spons op ’n hisoptakkie (19:29). Die handeling versterk die gedagte dat Jesus die Paaslam van God is. (In 1:19 word Hy die Lam van God genoem). Hisop takkies is gebruik om die bloed van die paaslam aan die kosyne in Egipte te smeer. Jesus se bene word ook, soos met die geval van die paaslammers, nie gebreek nie (19:33). Alhoewel daar baie keer deur predikers na Jesus as 'n paaslam verwys word (o.a. Paulus in 1 Kor. 5:7), is dit 'n vraag wat hulle daarmee bedoel. Dis belangrik om te onthou dat die paaslam nie primêr 'n sondeoffer was nie (indien hoegenaamd), maar 'n herinneringsteken van God se verlossing van Sy volk uit Egipte. Die lam het nie die volk se sonde weggeneem nie, maar hulle as volk van God geëien (die bloed daarvan) en so hulle lewens gespaar met die uittog toe die engel van God die eersgeborenes doodgemaak het.

15 Toneel 4: Die versoek van die Joodse leiers
Die vierde toneel beskryf die Jode se versoek dat Jesus doodgemaak moet word voor die koms van die Sabbat (19:31-37) In dié toneel rig die Jode ’n versoek aan Pilatus dat Jesus en die ander gekruisigdes se bene gebreek moes word, sodat hulle gouer kon sterf. Gebreekte bene sou die gekruisigde verhoed om sy bene te gebruik om hom in ’n posisie te hou waar hy nog redelik gemaklik kon asemhaal. Sodra sy bene gebreek word, hang die gekruisigde net aan sy arms. Die posisie waarin hy hang, veroorsaak dan dat hy versmoor. Hulle wil om vroom, religieuse redes – die heiligheid van die Sabbat – Jesus se bene laat breek sodat Hy gouer sou sterf. Volgens Deuteronomium 21:22–23 was iemand wat gekruisig is, onder die vloek van God. Deur die persoon gedurende die nag daar te los, sou dit die land verontreinig word. Hierdie was dan ook ’n spesiale Sabbat (19:31) aangesien sowel die Paasfees as die offer van die gerwe (Lev 23:11) daarop geval het. In plaas daarvan om Sy bene te breek, steek ’n soldaat egter vir Jesus in Sy sy (vers 34) om te kyk of Hy nie nog lewe nie. Dat daar water en bloed uit Sy sy vloei, is as bewys geneem dat Jesus as mens heeltemal dood was. Ook in dié toneel word die gebeure in lyn met die Ou-Testamentiese profesie gebring (vers 37).

16 Slottoneel: Die begrafnis
In die slottoneel word die begrafnis van Jesus beskryf 19:38–42 Twee invloedryke persone wat albei lede van die Sanhedrin was (Mark 15:43), het na Jesus se dood na vore gekom om te help met Sy begrafnis. Hulle was Nikodemus en Josef van Arimatea. Josef was afkomstig uit Arimatea (vgl. 1 Sam. 1:1), ’n stad van die Jode wat waarskynlik aan die Middellandse See geleë is. Hy was welbekend in Jerusalem omdat hy ryk (Matt 27:57), maar ook goed en regverdig was. Hy kon hom nie met die optrede van die Sanhedrin versoen nie, want hy was in die geheim ook ’n volgeling van Jesus. Hy moes egter ook aan Pilatus bekend gewees het en kon gevolglik vir ’n onderhoud by die goewerneur aanmeld sonder om vooraf ’n afspraak te maak. Heidense tereggesteldes se lyke is gewoonlik in die Hinnom­vallei verbrand, terwyl Joodse gekruisigdes gewoonlik in gemeenskaplike grafte begrawe is - as hulle liggame nie reeds deur roofvoëls van die kruis afgevreet was nie. Hulle is normaalweg nie in familiegrafte begrawe nie, omdat hulle die grafte sou onteer. Omdat Josef wou voorkom dat Jesus se liggaam so verneder word, versoek hy Pilatus om die liggaam te mag verwyder. Toe die Romeinse offisier bevestig dat Jesus dood was, het Pilatus Josef se versoek toegestaan. Aangesien die Sabbat spoedig sou aanbreek, moes Josef vinnig maak om die liggaam betyds te begrawe. Hy het linne gekoop om die liggaam in toe te draai en Nikodemus het sowat 50–60 kilogram speserye gebring om die liggaam mee te versorg sodat dit kon ontbind. Duidelik het hulle gedink dat Jesus se liggaam vir langer as drie dae in die graf sou wees! Na ongeveer ’n jaar sou die bene van Jesus in ’n been-kis geplaas geword het. Johannes vertel verder dat hulle Jesus se lyk in ’n nuwe graf begrawe het wat naby was, en waarin daar geen ander liggame was om Jesus se liggaam te ontheilig nie (19:41–42). Dit verseker ook dat die graf heeltemal leeg kon wees die Sondag...

17 Foto van ’n klip graf.

18 Luister na mekaar God maak ons ’n luisterende gemeenskap en praat ook deur ander mense met ons

19 Luister na ander en die tye
Ons stel onsself oop om God van onverwagse kante af te hoor

20 Luister weer na God se Woord
Ons fokus op die Gees se beweging in ons hart en gedagtes

21 ● en - Die Griekse woord vir “dit is volbring” is net een woord “tetelestai”. Die tydsvorm waarin dit geskryf is, is interessant ( ons eie taal het dit nie) - dit verwys na ’n daad in die verlede, wat steeds vandag ’n voortdurende effek het!. Mens kan dit so voorstel: . en – ’n Punt wat sê dat iets afgesluit is en ’n aandagstreep wat sê dat nog dinge gaan volg. Miskien kan ’n mens dit so verduidelik: VIR ONS - ons weet Jesus het alles VIR ONS gedoen - alles is vergewe. IN ONS - die effek van die kruis word voortdurend nog in ons bewerk - dis ’n voortdurende proses! Laat ons die woord “tetelestai” nog verder verduidelik: mense wat om die kruis gestaan het, sou dadelik die woord verstaan het - ’n boer wat na ’n mooi dier kyk, sonder foute, sou die woord gebruik het. Asook ’n kunstenaar wat na sy voltooide kunswerk kyk. Dit is wat ’n dienskneg vir sy baas sou sê na ’n dag se werk. Maar dit was veral ’n bank-term vir wanneer iemand sy skuld klaar betaal het. Dan het die bankier hom ’n kwitansie gegee met die woord -“tetelestai” - dwarsoor geskrywe.

22 Jesus, die volmaakte offer Ons kan nou soos Jesus wees
Wat is volbring? Jesus, die volmaakte offer Ons kan nou soos Jesus wees Ons hoef nooit op te gee nie Wat is volbring? Volmaakte offer Johannes 19:30 het waarskynlik Lev. 16 in gedagte - priesters is opdrag gegee om die volmaakte bok/lam vir die volk te offer (Jesus) - dit moes buite die kamp plaasvind (Golgota lê buite Jerusalem). Maar verder was dit later ’n gebruik dat die priester die lam op ’n spesifieke tyd geoffer het - 3 uur die middag (die tyd wat Jesus gesterf het). Niks hiervan is meer nodig nie - alles is gedoen - dit is volbring - ons is vrygemaak. Jesus se ‘commitment’ wat in Johannes 13:1 so mooi gestel word, het dieselfde Griekse stamwoord. Miskien som Michael Roemer (regisseur van die dokumentêre rolprent ‘Dying’) se woorde dit goed op: “Mense sterf op die manier wat hulle geleef het. Dood word ’n uitdrukking van alles wat jy is, jy kan net na jou dood bring wat jy na jou lewe gebring het.” Jesus het, terwyl hy geleef het, onvoorwaardelike liefde gewys - DIT IS VOLBRING! Sodat ons ook nou so kan lewe. Rabbi’s het destyds vir potensiële leerlinge/dissipels gesê: “Kom en volg my!” As hulle hierdie woorde gebruik het, het hulle eintlik gesê: “Jy kan soos ek wees!” Dit is volbring! Nooit weer kan die skaduwees van die lewe vir my ‘skaakmat’ nie, wel, ‘skaak’ sê! ‘Skaak’ beteken jy kan nie meer só nie, maar daar is nog ’n ander skuif moontlik. Dis waar Paulus inkom met Fil. 1:6 (lees dit) - Hy gebruik die dieselfde Griekse stamwoord! Daarom staan daar oor ons lewe geskrywe: “It’s always too soon to quit!” (Wheaton College se leuse) In die fliek “Rudy” wat op ’n ware verhaal gebaseer was, is Rudy al moedeloos nadat hy al 4x by die bekende Notre Dame Universiteit in die VSA afgekeur is. Hy gaan sit na die 4de teleurstelling in die nabygeleë katedraal en bid. In dié tyd kom sit die ou priester met wie Rudy oor die jare bevriend geraak het, langs hom. Die moedeloosheid staan so op sy voorkop geskryf as hy vir die priester sy nuuste teleurstelling meedeel en dan vir hom vra : “Kan jy my help,Vader ?” Die priester kyk hom lank in die oë en gee dan hierdie wyse antwoord : “Rudy, daar is twee goed wat ek in my lang lewe in die kerk geleer het. Eerstens, daar is ’n God! Tweedens, dit is nie ek nie!!” Die woorde “dit is volbring!” bevestig dit aan ons. Daar is ’n God wat vir ons liefhet en my lewe sal voltooi, al laat die lewe my platlê, sê Jesus se woorde vir ons: “Dis altyd te vroeg vir moedverloor.”

23 Dit is volbring ! As Jesus dan alles volbring het, wat moet ons doen? Ons moet juig. Tereg plaas die Bybel vertalers ’n uitroepteken na die woorde: “Dit is volbring!” Geloof is om te juig oor Jesus se kruiswoorde - dit is volbring! Ons lewe is niks anders as die uitroepteken agter die kruiswoorde nie. Elke Sondag, elke werk, elke liefdesdaad, elke familieding- ons 24/7 lewe maak die Gees ’n uitroepteken agter dit is volbring...

24 Fokus op wat God nou doen
Ons fokus op wat God nou doen en waarheen God ons lewe rig

25 Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het
Antwoord met ons lewe Ons besluit op ’n gepaste reaksie op wat God gegee/ gedoen/ gesê het

26 In plaas daarvan om met ’n lied af te sluit en die gebruiklike seënbede uit te spreek, daag ons jou uit om die gemeente by die kerkgebou uit te stuur in absolute en totale stilte. Geen Amen. Geen seënbede. Geen lied. Geen musiek. Net die stilte van die graf. En dalk die woorde: “Tetelestai” of “Dit is volbring”. Omdat dit regtig die gemeente-lede kan ontstel, stel ons voor dat jy hulle aan die begin van die diens reeds waarsku. Nooi hulle ook dan reeds uit na Paassondag se diens, wanneer die stilte verbreek sal word.


Κατέβασμα ppt "Johannes 19:17-42."

Παρόμοιες παρουσιάσεις


Διαφημίσεις Google